Kapeller v Rondalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk

JurisdictionSouth Africa
JudgeViljoen R
Judgment Date07 October 1964
CourtTransvaal Provincial Division
Hearing Date17 August 1964
Citation1964 (4) SA 722 (T)

A Viljoen, R.:

Die eiseres beweer in haar deklarasie dat sy beserings opgedoen het in en skade gely het a.g.v. 'n botsing tussen haar bromponie en 'n motorvoertuig wat by die verweerder maatskappy kragtens die bepalings van die Motorvoertuigassuransiewet, 29 van 1942, verseker was. Sy eis van die verweerder maatskappy skadevergoeding op grond daarvan dat die bestuurder van die motorvoertuig nalatig was en sy nalatigheid die botsing veroorsaak het.

B Volgens bewering in die deklarasie het die botsing plaasgevind op 1 Junie 1961. Dagvaarding is uitgereik op 7 Junie 1963, dus meer as twee jaar na die botsing. Afgesien van die gewone ontkennings wat insluit 'n ontkenning dat die bestuurder van die versekerde voertuig nalatig was, C het die verweerder in sy verweerskrif 'n spesiale pleit opgewerp dat enige vordering wat die eiseres mag gehad het teen die verweerder ontstaan het op 1 Junie 1961 en dat ooreenkomstig die bepalings van art. 11 (2) van Wet 29 van 1942 die eiseres se eis verjaar het.

In eiseres se repliek erken sy dat 'n tydperk van meer as twee jaar D verstryk het tussen 1 Junie 1961 en die bestelling van die dagvaarding, maar ontken dat haar eis verjaar het en beweer dat verjaring gestuit is op 12 Februarie 1963 en op 18 Februarie 1963 op welke datums verweerder teenoor eiseres mondelings en skriftelik respektiewelik aanspreeklikheid erken het. Geen dupliek is geliasseer nie.

E Ek het onderneem om hierdie verjaringsgeskilpunt eerste te beslis en het dan ook getuienis hierop aangehoor. Voordat ek die getuienis hierop behandel moet ek duidelikheidshalwe eers verwys na die verdere besonderhede wat deur die eiseres verstrek is op haar bewering van stuiting van die verjaring: Sy beweer dat 'n sekere A. J. Reyneke namens die verweerder teenoor eiseres se prokureur, mnr. H. B. Coetzer, F aanspreeklikheid erken het, dat die erkenning mondelings geskied het op 12 Februarie 1963 en skriftelik op 18 Februarie ter bevestiging van die mondelikse erkenning op 12 Februarie.

Die onbetwiste feite, vir die doeleindes van die beslegting van die spesiale pleit, is die volgende: Die bestuurder van die versekerde G voertuig, ene Snyman, het nie die ongeval aan die verweerder-maatskappy gerapporteer nie. Op 10 Augustus 1961 skryf die eiseres se prokureur, mnr. H. B. Coetzer van Vereeniging, 'n brief aan die verweerder-maatskappy waarin hy meld dat hy inligting ontvang het dat die verweerder die assureurder is van die betrokke voertuig. Hy verwys H na die botsing wat plaasgevind het en vra bevestiging van die inligting wat hy ontvang het. In antwoord ontvang hy 'n brief gedateer 18 Augustus 1961, van die verweerder-maatskappy waaraan die verweerder 'n afskrif van die betrokke assuransie-deklarasie heg. Die laaste sin van die brief lui soos volg:

'Ons kan intussen geen aanspreeklikheid aanvaar nie, want die ongeluk was nooit aan ons gerapporteer nie en ons is tans besig om die saak te ondersoek.'

Die persoon wat ten behoewe van die verweerder ondersoek ingestel het, was ene A. J. Reyneke, 'n versekeringsassessor. Dit is gemene

Viljoen R

saak dat daar telefoniese gesprekke sowel as onderhoude plaasgevind het tussen Coetzer en Reyneke. Korrespondensie is ook in verband met die aangeleentheid gewissel.

Die eiseres se saak, soos gefundeer op die getuienis, is dat Reyneke A namens verweerder erken het dat laasgenoemde aanspreeklik is vir die betaling van die skadevergoeding maar dat die partye nie ooreen kon kom wat die bedrag betref nie en dat die latere onderhandelinge geskied het en korrespondensie gewissel is in 'n poging om op 'n bedrag ooreen te kom, dat sodanige ooreenkoms nie bereik kon word nie, en dat die B dagvaarding uiteindelik uitgereik is op 7 Junie 1963. Die erkenning in Februarie 1963, so beweer eiseres, het verjaring gestuit. Verweerder se saak is dat Reyneke nooit volmag gehad het om enige erkenning namens verweerder te maak nie en dat hy inderdaad nooit so 'n onomwonde bewering gemaak het nie, maar slegs die mening uitgespreek het dat sy C 'hoofde', d.w.s. verweerder, nie sou betwis dat Snyman nalatig was nie of soos Reyneke dit gestel het, dat hulle nie die 'meriete' sou betwis nie. Afgesien van hierdie onderskeidelike stellingname op die feite was daar sekere regsbetoë aan my gerig waarmee ek later sal handel.

Ek het getuienis aangehoor van die onderhoude wat daar gevoer is en D briewe wat gewissel is onderworpe aan mnr. Eloff se beswaar vroeg tydens die verhoor dat, hoewel slegs een brief geëndosseer was 'sonder benadeling van regte' al die onderhandelinge en briefwisseling plaasgevind het in 'n poging om die saak te skik, dat die inhoud van die briewe en mondelinge onderhoude gepriviligeerd was en getuienis daarvan E nie toelaatbaar nie. Gerieflikheidshalwe het hy sy betoog tot aan die einde van die saak oorgehou.

Omdat ek die inhoud van die briewe en mondelinge gesprekke as belangrik beskou vir die beslegting van hierdie beswaar, sal ek eers die getuienis opsom en die inhoud van die briewe weergee en daarna beslis of getuienis F in verband daarmee toelaatbaar was. Aangesien veel van die getuienis gemene saak is, behandel ek nie die getuienis van elkeen van die getuies Coetzer en Reyneke afsonderlik nie, maar gee geriefliksheidshalwe 'n oorsig van die gebeure soos ek hulle kon nagaan uit die gesamentlike getuienis van albei die getuies. Op die belangrike geskille sal ek die onderskeie weergawes afsonderlik skets.

G Nadat prokureur Coetzer opdrag van sy kliënte, die eiseres, ontvang het, skryf hy op 10 Augustus 1961 'n brief met die volgende inhoud aan die verweerder:

'Ek het inligting ontvang dat u die assureurders is van 'n motorvoertuig T.V. 932 wat geregistreer is in die naam van mnr. A. J. N. Snyman, slagter van Vanderbijlpark.

Hierdie motorkar was in 'n botsing betrokke op die 1ste Junie 1961 in H Uniestraat. Vereeniging. My kliënt in die saak is mey. H. J. Kapeller, en sy was die bestuurder van 'n bromponie en is in die botsing ernstig beseer. Ek verstaan dat u assuransiekenteken J.863615 is. Sal u my asseblief laat weet of dit wel die geval is, en indien so, sal u my asseblief 'n afskrif stuur van die assuransiedeklarasie van mnr. Snyman aangesien my kliënt van voornemens is om 'n eis teen u in te stel.'

(Bew. A.)

Omdat die eienaar van die versekerde voertuig nie die ongeval gerapporteer het nie, skryf verweerder op 18 Augustus aan prokureur Coetzer soos volg:

Viljoen R

'Ons erken met dank ontvangs van u skrywe van 10 deser.

Soos versoek, vind aangeheg afskrif van die assuransie deklarasie. Ons kan intussen geen aanspreeklikheid aanvaar nie, want die ongeluk was nooit aan ons gerapporteer nie en ons is tans besig om te ondersoek.'

Die persoon aan wie die verweerder opdrag gegee het om die saak te A ondersoek, was assessor A. J. Reyneke, wat onafhanklik van enige...

Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI

Get Started for Free

Unlock full access with a free 7-day trial

Transform your legal research with vLex

  • Complete access to the largest collection of common law case law on one platform

  • Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues

  • Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options

  • Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions

  • Trusted by 2 million professionals including top global firms

  • Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

vLex

21 practice notes
  • Erasmus v Pienaar
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Co Ltd 1978 (3) SA 666 (A).) In die woorde van Regter VILJOEN in Kapeller v Rondalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk E 1964 (4) SA 722 (T) op 729 was applikante se bewering dat die kontrak gekanselleer is ook nie in die huidige "'n kaart... wat enigeen van die partye op die tafel......
  • Erasmus v Pienaar
    • South Africa
    • Transvaal Provincial Division
    • 24 May 1984

  • Leipsig v Bankorp Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(respondent) must prove interruption (or suspension) of D prescription. Kapeller v Rondalia Versekeringskorporasie van SA Bpk 1964 (4) SA 722 (T) at 728A, 731H. In the present case the plaintiff (respondent) proved an impediment to the running of prescription - the liquidation of the princi......
  • KLD Residential CC v Empire Earth Investments 17 (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(CC) (2010 (9) BCLR 859; [2010] ZACC 11): I referred to 2017 (6) SA p57 Kapeller v Rondalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk 1964 (4) SA 722 (T): A referred KLD Residential CC v Empire Earth Investments 17 (Pty) Ltd 2016 (5) SA 485 (WCC): reversed on appeal Land and Agricultural D......
  • Get Started for Free
18 cases

3 books & journal articles
  • Contract as a Basis for Mediation Confidentiality
    • South Africa
    • Juta South Africa Mercantile Law Journal No. , October 2021
    • 22 October 2021
    ...(1995) 2(1) Commercial Dispute Resolution Journal 51 at 51–52. See Kapel-ler v Rondalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk 1964 (4) SA 722 (T); Naidoo v Marine and Trade Insurance Co Ltd 1978 (3) SA 666 (A); Tshabalala v President Verseker-ingsmaatskappy Bpk 1987 (4) SA 73 (T) where......

  • Die aanbrengersprivilegie in die konteks van Grondwetlike regte: Enkele beskouings
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 May 2019
    ...supra 101g—h. 84 Van Niekerk, Van der Merwe & Van Wyk Privilegies in die Bewysreg 4. 85 Kapeller v Rondalia Versekeringskorp van SA Bpk 1964 4 SA 722 (T) 728F. Sien ook Naidoo v Marine and Trade Insurance Co Ltd 1978 3 SA 666 (A) 677C. 86 Van Niekerk, Van der Merwe & Van Wyk Privilegies in ......