De Jongh v Du Pisanie NO
| Jurisdiction | South Africa |
| Court | Supreme Court of Appeal |
| Judge | Marais AR, Brand AR en Jones Wn AR |
| Judgment Date | 25 May 2004 |
| Citation | 2005 (5) SA 457 (SCA) |
| Hearing Date | 04 May 2005 |
| Docket Number | 220/2003 |
| Counsel | J A le Roux SC namens die appellant. J J Botha SC (bygestaan deur M J Eagles) namens die respondent. |
Brand AR:
[1] Die respondent tree op in sy hoedanigheid as kurator ad litem vir mnr J
Brand Ar
J G Rabe (Rabe) wat op 9 Julie 1993 in 'n motorongeluk beseer is. Ten tyde van die ongeluk was die appellant A die bestuurder van die betrokke motorvoertuig en Rabe 'n passasier daarin. Voortspruitend hieruit het die respondent, namens Rabe, die appellant as verweerder in die Kaapse Hooggeregshof aangespreek vir die skade wat Rabe as gevolg van sy beserings gely het. Geriefshalwe sal ek vervolgens na die partye verwys soos in die Hof a quo. Aanvanklik is die geskilpunte rondom die meriete van die verweerder se aanspreeklikheid afsonderlik bereg en in Oktober 2000 B teen die verweerder beslis. By hierdie beslissing het die verweerder hom berus. Gevolglik is in Mei 2002 oorgegaan tot die verrigtinge ter kwantifisering van Rabe se skade. In die loop van hierdie verrigtinge is etlike getuies namens beide partye geroep. Aan die einde daarvan het die Verhoorhof (Thring R) Rabe se skade in 'n bedrag van C R5 697 388,14 vasgestel. Met verlof van die Hof a quo kom die verweerder nou in hoër beroep teen hierdie vasstelling.
[2] Blykens die Verhoorhof se uitspraak is die vasgestelde bedrag onder die volgende hoofde ingedeel: D
|
(a) Toekomstige mediese koste en aanverwante uitgawes |
R3 778 921,70 |
|
(b) Verlies aan verdienste |
R1 096 225,00 |
|
(c) Algemene skadevergoeding |
R 400 000,00 |
|
(d) Koste van kurator bonis (7,8% van totaal van bostaande) |
R 412 241,44 E |
|
R5 697 388,14 |
[3] By verre die grootste gedeelte van die bedrag in (a) word verteenwoordig deur voorsiening vir Rabe se toekomstige versorging. Volgens die Verhoorhof se bevindings sal die gekapitaliseerde koste daaraan verbonde R3 306 720 beloop. Bygevolg is, F na 'n aftrekking vir gebeurlikhede, wat deur die Verhoorhof op 10% bepaal is, 'n bedrag van R2 976 048 vir sodanige versorging toegeken.
[4] Die Verhoorhof se beslissings aangaande 'n hele aantal van die geskilpunte wat tydens die verhoor bestaan het, word op appèl aanvaar. Die besware wat op hierdie stadium nog deur die verweerder G teen die volgende vier hoofpunte saamgevat kan word:
Die tipe versorging wat Rabe in die toekoms sal benodig.
Die gebeurlikheidsfaktor wat die Verhoorhof by die berekening van beide toekomstige versorgingskoste en toekomstige H verlies aan verdienste op 10% bepaal het.
Twee van die talle individuele items wat by die berekening van toekomstige mediese uitgawes toegelaat is.
Die bedrag wat vir algemene skade toegeken is.
Agtergrond I
[5] Die feite wat die oorblywende geskilpunte ter grondslag lê is op hierdie stadium grotendeels onbetwis. Ek handel vervolgens daarmee in die breedste moontlike trekke wat deur die perke van 'n sinvolle beredenering toegelaat word. J
Brand Ar
[6] Rabe is gebore op 5 November 1957. Ten tyde van die ongeluk op 9 Julie 1993 was hy dus 35 jaar oud. Beide hy en die A verweerder was op daardie stadium as werknemers van Eskom by die onderhoud van hoogspanningskraglyne betrokke. Hulle was juis na 'n werksterrein op pad toe Eskom se bakkie, waarin hulle gereis het, van die pad geloop en omgeslaan het. Die liggaamlike beserings wat Rabe opgedoen het was ernstig en die gevolge daarvan ingrypend, soos binnekort sal blyk. Benewens verskeie kneusings het hy beserings van sy B nek, rug, regterskouergewrig, regterknie en regterenkel opgedoen. As gevolg van hierdie beserings het Rabe reeds 'n operasie aan sy skouer ondergaan en sal hy na verwagting nog verdere ortopediese operasies moet ondergaan. Hierdie beserings het hom ook gelaat met aansienlike pyn, ongerief en gedeeltelike ongeskiktheid wat met verloop C van tyd tot 'n mate afgeneem het. Dit duur egter nog steeds voort. Hy kla nog steeds van hoofpyn en van pyn in sy nek, skouer, knie, enkel en lae rug. Verder is die beweging van sy nek, skouer, knie en enkel in 'n sekere mate ingekort. Die verwagting is nie dat sy toestand in die toekoms wesenlik sal verbeter nie. D
[7] Die ernstigste van Rabe se beserings was egter dié wat in die mediese verslae beskryf is as ''n uitgebreide verbrokkelde frontale skedelfraktuur wat tot in die oogkaste en wangbene gestrek het'. Hierdie beserings het 'n ekstradurale hematoom tot gevolg gehad wat bewusteloosheid veroorsaak het. Dit is die dag na die ongeluk chirurgies verwyder, waarna Rabe 'n tydperk van meer as 'n maand in E hospitale moes deurbring. Voorts het die skedelfraktuur gepaard gegaan met onderliggende breinskade van tweërlei aard. Eerstens was daar ekstensiewe fokale skade aan beide frontale sowel as beide temporale lobbe van die brein. Tweedens was daar diffuse konkussiewe skade wat die hele brein betrek het maar meer matig van aard was. Dit is gemene F saak dat hierdie breinbeserings 'n verandering in Rabe se persoonlikheid asook 'n inkorting van sy verstandelike vermoë meegebring het. Die persoonlikheidsveranderinge wat deur die deskundiges beskryf is as tipies van wat by frontale en temporale breindisfunksie verwag kan word, het sigself veral gemanifesteer in apatie, woedebuie, aggressie, 'n gebrek aan insig en oordeel asook 'n G verhoogde seksdrang. Daarby het Rabe ook sy reuk- en smaaksin verloor. Daar is 'n beperkte geskil oor die werklike afname in verstandelike vermoëns wat die ongeluk vir Rabe meegebring het, asook oor die erns en gevolge van sy persoonlikheidsveranderings. Daarby kom ek aanstons terug. Wat egter ook vasstaan is dat Rabe nou, as gevolg van sy H breinbeserings, epileptiese aanvalle kry. Hy het sy eerste aanval in November 1994 gehad. Daarna het die frekwensie van die aanvalle toegeneem tot gemiddeld vyf per maand. Met verloop van tyd is dit egter deur medikasie verminder. By die verhoor was dit een tot twee aanvalle per maand. Die neuroloog wat Rabe vir sy epilepsie behandel, was nie I optimisties dat daar in die toekoms veel meer beheer oor die frekwensie van sy aanvalle verkry kan word nie.
[8] Die veranderinge in Rabe se persoonlikheid en sy epileptiese aanvalle het 'n ingrypende effek op sy beroeps- en gesinslewe gehad. Aangaande sy gesinslewe, blyk dit dat hy in 1981 getroud is met mev Anneline Rabe J
Brand Ar
wat 'n raps minder as twee jaar jonger is as hy. Ten tye van die ongeluk in 1993 was sy dus 33 jaar oud. Uit hulle huwelik is A twee seuns en 'n dogter gebore. In 1993 was die seuns onderskeidelik 12 en 10 en die dogter, agt jaar oud. Voor die ongeluk was die Rabes 'n gelukkige gesin. Hulle was sosiaal bedrywig met 'n uitgebreide vriendekring wat gereeld saamgekuier het. Die ouers was nou betrokke by die kinders se skool en buitemuurse bedrywighede. Eskom se sport- en ontspanningsklub, waar Rabe vroeër rugby gespeel het en later jare op B die bestuur gedien het, het ook 'n vername rol in die gesin se sosiale lewe gespeel.
[9] Wat sy beroep betref, het Rabe in 1982 by Eskom begin werk. In 1993 het hy reeds verskeie spesialiseringskursusse gedoen. Onder meer was hy opgelei om onderhoud en herstelwerk aan lewende C hoogspanningslyne vanuit 'n helikopter te doen. Hy was gelukkig in hierdie werk. Na die ongeluk het Rabe in Januarie 1994 weer begin werk. Weens die beperkings wat sy beserings meegebring het, was hy egter nie in staat om soos voorheen aan lewende kraglyne te werk nie. Sy take was minder veeleisend, soos byvoorbeeld, om oor die oopkap van bome en plantegroei onder kraglyne toesig te hou. In November 1994 het hy D egter begin om epileptiese aanvalle te kry. Gevolglik het hy, op aanbeveling van sy neuroloog, om ontslag weens mediese redes aansoek gedoen. Hierdie aansoek is met effek vanaf einde November 1996, deur Eskom toegestaan. Daarna het Rabe nooit werklik daarin geslaag om enige betalende werk te bekom nie. By die verhoor was dit gemene saak dat hy, E weens die gevolge van sy liggaamlike beserings, permanent ongeskik is om enige lonende betrekking te beklee.
[10] Oor hoe die Rabes se sosiale lewe en gesinslewe nou, na die ongeluk, daar uitsien, was mev Rabe die eiser se vernaamste getuie. F Volgens haar het sy, kort nadat haar man uit die hospitaal ontslaan is, agtergekom dat hy nie meer dieselfde persoon was nie. Hy was aggressief en het ontoepaslik in woede uitgebars vir die geringste irritasie of frustrasie. In die nege jaar wat tussen die ongeluk en die verhoor verloop het, het sy gedrag, volgens haar, nie werklik verbeter nie, hoewel sy intussen tog geleer het om dit in 'n mate te hanteer. Rabe G is steeds koppig en eiesinnig. Hy skree en vloek op haar en die kinders. By verskeie geleenthede het hy haar al fisies aangerand. Hy gooi borde kos rond en breek die meubels. As hy 'n voorwerp probeer regmaak en nie daarin slaag nie, raak hy frustreerd en slaan hy dit met 'n hamer stukkend. Die kinders is bang vir hom en vlug van hom weg. Weens Rabe se onbeheersde en ontoepaslike gedrag en opmerkings kry H hulle bykans geen besoek meer van vriende nie en gaan hulle selde uit.
[11] Daarbenewens is Rabe apaties en sonder dryfkrag. Hy verwyl sy ure deur televisie en videos te kyk of om op die rekenaar speletjies te speel. Hy raak dikwels in die middel van die nag wakker en neem dan I sy plek voor die televisie in. Hy is fisies wel in staat om homself te versorg, maar vergeet om sy tande te borsel, te bad, skoon klere aan te trek asook om sy medikasie te neem. Sy moet hom gedurig aan hierdie take herinner. Daarby skep sy epileptiese aanvalle 'n groot probleem. Hy kry dit sonder waarskuwing en dit is vir mev Rabe verskriklik om te aanskou. Sy kan nie J
Brand Ar
daaraan gewoond raak nie. Weens sy epilepsie kan sy hom nooit alleen laat nie en mag hy ook nie 'n motor bestuur nie. A Nietemin dring hy daarop aan om dit te doen. As sy hom teëgaan raak hy so onredelik kwaad dat sy vir hom bang raak. Dan gee sy maar toe. So het dit gebeur dat hy by geleentheid 'n epileptiese aanval agter die...
Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI
Get Started for FreeUnlock full access with a free 7-day trial
Transform your legal research with vLex
-
Complete access to the largest collection of common law case law on one platform
-
Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues
-
Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options
-
Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions
-
Trusted by 2 million professionals including top global firms
-
Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations
Unlock full access with a free 7-day trial

Start Your 7-day Trial
-
Drake Flemmer & Orsmond Inc and Another v Gajjar
...(1) SA 996 (T): dictum at 1004D – 1005B applied Culverwell and Another v Brown 1990 (1) SA 7 (A): compared De J Jongh v Du Pisanie NO 2005 (5) SA 457 (SCA): referred to 2018 (3) SA p355 Du Pisanie NO (obo Rabe) v De Jongh Corbett & Honey Quantum of A Damages 5B4 109: referred to Ethekwini M......
-
Drake Flemmer & Orsmond Inc and Another v Gajjar
...Pisanie NO (obo Rabe) v De Jongh Corbett & Honey Quanutm of Damages 5B4 109 at 144 – 145; and see on appeal De Jongh v Du Pisanie NO 2005 (5) SA 457 (SCA) para [16] Torres v Road Accident Fund 2010 (6A4) QOD 1 (GSJ). [17] Adlem v Road Accident Fund Corbett & Honey 5J2 41. [18] Note 15 above......
-
Mavundla v Road Accident Fund
...A. THOMPSON Instructed by : LEKHU PILSON ATTORNEYS BURLINGTON HOUSE PRETORIA Tel: (012) 323-4547 Date Delivered :23 April 2020 [1] 2005 (5) SA 457 (SCA) at para 60 [2] See AA Mutual Insurance Association Ltd v Maqula 1978 (1) SA 805 (A) [3] (EL 321/08) [2011] ZAECELL 6 (30 June 2011). [4] (......
-
Minister of Safety and Security v Augustine and Others
...1980 (3) SA 134 (A): dictum at 141G – H applied Black and Others v Joseph 1931 AD 132: dictum at 150 applied De Jongh v Du Pisanie NO 2005 (5) SA 457 (SCA): dictum in para [63] Dikoko v Mokhatla 2006 (6) SA 235 (CC) (2007 (1) BCLR 1; C [2006] ZACC 10): dictum in para [57] applied Kritzinger......