Ideal Finance Corporation v Coetzer

JurisdictionSouth Africa
CourtAppellate Division
JudgeSteyn HR, Rumpff AR, Holmes AR, Wessels AR, Rabie Wn AR
Judgment Date17 March 1970
Citation1970 (3) SA 1 (A)
Hearing Date24 February 1970

B Rumpff, A.R.:

Appellant in hierdie saak is die sessionaris van die verkoper se regte onder 'n huurkoopkontrak. Die respondent het hom by C die sluiting van die kontrak as borg en medehoofskuldenaar o.a. soos volg verbind:

'Ek bind my hiermee as borg en mede-hoofskuldenaar gesamentlik en afsonderlik met bogenoemde koper vir die behoorlike getroue en stiptelike uitvoering deur die gemelde koper van al die pligte en verpligtinge wat hy deur die hieringenoemde ooreenkoms op hom neem.'

Die koper het versuim om sy paaiemente te betaal en aan 'n vonnis deur D appellant teen hom verkry, het hy nie voldoen nie. Daarna het appellant summiere vonnis teen respondent verkry. 'n Lasbrief ter uitvoering van hierdie vonnis was vrugteloos omdat respondent geen bates hoegenaamd gehad het nie. Daarop het appellant 'n kennisgewing ingevolge art. 65 (1) van Wet 32 van 1944 aan respondent laat toekom sodat 'n ondersoek na E sy finansiële toestand ingestel kon word. By die ondersoek is namens respondent aangevoer dat die landdros geen bevoegdheid het om onder art. 65 van Wet 32 van 1944 op te tree nie, weens die bepalings van art. 18 van die Wet op Huurkoop, 36 van 1942. Hierdie artikel lui soos volg:

'Geen bevel tot gyseling of skuldbeslagorder of bevel kragtens art. 65 van die Magistraatshowewet, 32 van 1944, wat die afdwing ten doel het F van betaling deur die koper van 'n bedrag wat ingevolge 'n kontrak of as gevolg van die beëindiging of herroeping daarvan of as skadevergoeding vir 'n breuk daarvan betaalbaar is, word deur enige hof gegee nie.'

Die landdros het bevind dat die genoemde artikel hom sy bevoegdheid ontneem om die gevraagde ondersoek te hou. 'n Appèl teen die bevinding van die landdros is deur die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling G afgewys met koste. Die appellant verskyn tans voor ons met verlof van die Hof a quo.

Aan die hand van beslissings soos Maasdorp v Graaff-Reinet Board of Executors, 3 Buch. A.C. 482, Du Plessis v Estate Teich Brothers, 1914 CPD 48, en Union Government v Van der Merwe, 1921 T.P.D. 318, het die Hof a quo, m.i. tereg, beslis dat, hoewel respondent hom as borg en H mede-hoofskuldenaar verbind het, hy nie op grond daarvan as 'n koper of medekoper onder die kontrak beskou kan word nie. Dit skyn ook duidelik te wees dat respondent nie ingevolge art. 18 van Wet 36 van 1942 as 'koper' beskou kan word nie. Nòg uitdruklik nòg by noodwendige implikasie is daar enige aanduiding in die Wet wat so 'n vertolking sou regverdig. Die Hof a quo het egter na die reg van 'n borg verwys om homself te beroep op enige verweer in rem waarop die skuldenaar hom sou kon beroep, en het tot die konklusie

Rumpff AR

gekom dat art. 18 van die Wet wel so 'n verweer skep, in teenstelling met 'n verweer wat met die persoon van die hoofskuldenaar saamhang en waarop 'n borg hom nie kan beroep nie. Die Hof a quo het ook beslis dat A art. 18 'n metode van eksekusie verbied wat ontstaan uit aanspreeklikheid onder die ooreenkoms en dat die verbod in verband staan met die aard van die skuld en nie die persoon van die koper nie. Die Hof a quo was van mening dat so 'n konklusie volg uit wat deur hierdie Hof gesê is in Market Furnishers v Reddy, 1967 (1) SA 528 (AA) op bl. 532, 533. In laasgenoemde saak het Market Furnishers aan Reddy sekere B goed verkoop onder 'n huurkoopkontrak. Na gedeeltelike afbetaling deur die koper is 'n nuwe kontrak aangegaan waarvolgens die koper eienaar geword het van die goed en onderneem het om 'n sekere bedrag te betaal. Daar was dus skuldvernuwing. Die koper het nie betaal nie en uiteindelik is 'n ondersoek teen hom ingestel onder art. 65 van Wet 32 C van 1944. Die vraag wat hierdie Hof moes beantwoord, was of die bedrag wat deur die koper verskuldig was, betaalbaar is as gevolg van die beëindiging of herroeping van die huurkoopkontrak, ingevolge die bepalings van art. 18 van Wet 36 van 1942, en die beslissing was dat die bedrag nie betaalbaar was uit hoofde van die huurkoopkontrak nie. Na 'n bespreking van die bepalings van genoemde art. 18, kom hierdie Hof o.a tot die konklusie:

D 'The causae debiti in sec. 18 that are excluded from the specified modes of execution are limited to those founded on or arising out of a hire-purchase contract.'

Dit is duidelik dat hierdie woorde betrekking het op die vraag of aanspreeklikheid van die skuldenaar uit hoofde van die huurkoopkontrak E ontstaan het, of uit hoofde van 'n ander kontrak, en die woorde was nie bedoel nie, en kan ook nie opgevat word nie, as 'n gesaghebbende uitspraak dat 'n verweer geskep onder art. 18 van Wet 36 van 1942, 'n verweer is wat in rem is vir sover dit die posisie van 'n borg betref wat hom op art. 18 van die Wet op Huurkoop wil beroep.

Die verskil wat daar in ons reg getref word tussen verwere in rem, F waarop die borg hom kan beroep, en verwere wat slegs met die persoon van die hoofskuldenaar saamhang en waarop die borg hom nie kan beroep nie, gaan terug na die Romeinse reg. In D.44.1.7 word gesê:

'Exceptiones quae personae cujusque cohaerent, non transeunt ad alios,'

d.w.s. eksepsies wat met iemand se persoon saamhang, gaan nie op ander G oor nie. Een van die voorbeelde wat genoem word is dié van 'n socius (vennoot) wat hom daarop beroep dat hy nie die hele skuld kan betaal nie en dus vra dat sy verpligting beperk word tot wat hy wel kan betaal. (Exceptio quod facere possit). Daarteenoor word die volgende gestel:

'Rei autem cohaerentes exceptiones etiam fideijussoribus competunt,'

d.w.s.,

H 'maar eksepsies wat met die res saamhang is ook tot beskikking van borge'.

Res, in hierdie verband, skyn te slaan op die saak of aangeleentheid waarom gelitigeer word en 'n mens sou dit dus met eis of skuldoorsaak kon vertaal. Vergelyk Heumann-Seckel, Handlexikon zu den Quellen des römischen Rechts, 10de uitg., wat as betekenis van res o.m. aangee: 'gegenstand eines rechtsstreites, anspruch'. By wyse van voorbeeld word daar in...

Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI

Get Started for Free

Unlock full access with a free 7-day trial

Transform your legal research with vLex

  • Complete access to the largest collection of common law case law on one platform

  • Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues

  • Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options

  • Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions

  • Trusted by 2 million professionals including top global firms

  • Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

vLex

28 practice notes
  • Muller and Others v Botswana Development Corporation Ltd
    • South Africa
    • 31 May 2002
    ...Louw 1930 SWA 92: referred to Hipkin v Nigel Engineering Works (Pty) Ltd 1941 TPD 155: referred to Ideal Finance Corporation v Coetzer 1970 (3) SA 1 (A): dictum at 11 G-12F applied Inter Industria Bpk v Nedbank Bpk en 'n Ander 1989 (3) SA 33 (NC): discussed JR & M Moffett (Pty) Ltd v Kolbe ......
  • Subsidiêriteit as Kernbegrip by Verrykingseise, Sekerheidsregte én Statutêr Nie-Uitwinbare Vorderings
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 May 2019
    ...(1761) § 381. JC de Wet & AH van Wyk Kontraktereg en Handelsreg (1978) 347 n 16 se beroep op Idea l Finance Corporat ion v Coetzer 1970 3 SA 1 (A) is mi nder oor tuigend aangesie n die borg i n daardi e geval homs elf van mee t af as medehoofsku ldenaar verbind he t. 87 Voet se oënskyn like......
  • Grobbelaar v Scheepers
    • South Africa
    • 23 April 1976
    ...v Fall, 1958 (2) SA 570 (E); Credit Corporation of SA Ltd. v Botha, 1968 (4) SA 837 (N); vgl. Ideal Finance Corporation v Coetzer, 1970 (3) SA 1 (AA), n.a.v. art. 18 van die Wet). Die Wet beoog om 'kopers teen hulleself en teen uitbuiting te Om die beperkende woorde in art. 6 (1) in te lees......
  • Commissioner for Customs and Excise v Standard General Insurance Co Ltd
    • South Africa
    • 29 September 2000
    ...SA 715 (A) at 727F - 728 Hartman v Minister van Polisie 1983 (2) SA 489 (A) at 495 - 499H, 500C - D Ideal Finance Corporation v Coetzee 1970 (3) SA 1 (A) I Jordan & Co Ltd v Bulsara 1992 (4) SA 457 (E) at 462E Kilroe-Daley v Barclays National Bank Ltd 1984 (4) SA 609 (A) at 621B - I, 622 - ......
  • Get Started for Free
27 cases
  • Muller and Others v Botswana Development Corporation Ltd
    • South Africa
    • 31 May 2002
    ...Louw 1930 SWA 92: referred to Hipkin v Nigel Engineering Works (Pty) Ltd 1941 TPD 155: referred to Ideal Finance Corporation v Coetzer 1970 (3) SA 1 (A): dictum at 11 G-12F applied Inter Industria Bpk v Nedbank Bpk en 'n Ander 1989 (3) SA 33 (NC): discussed JR & M Moffett (Pty) Ltd v Kolbe ......
  • Grobbelaar v Scheepers
    • South Africa
    • 23 April 1976
    ...v Fall, 1958 (2) SA 570 (E); Credit Corporation of SA Ltd. v Botha, 1968 (4) SA 837 (N); vgl. Ideal Finance Corporation v Coetzer, 1970 (3) SA 1 (AA), n.a.v. art. 18 van die Wet). Die Wet beoog om 'kopers teen hulleself en teen uitbuiting te Om die beperkende woorde in art. 6 (1) in te lees......
  • Commissioner for Customs and Excise v Standard General Insurance Co Ltd
    • South Africa
    • 29 September 2000
    ...SA 715 (A) at 727F - 728 Hartman v Minister van Polisie 1983 (2) SA 489 (A) at 495 - 499H, 500C - D Ideal Finance Corporation v Coetzee 1970 (3) SA 1 (A) I Jordan & Co Ltd v Bulsara 1992 (4) SA 457 (E) at 462E Kilroe-Daley v Barclays National Bank Ltd 1984 (4) SA 609 (A) at 621B - I, 622 - ......
  • Neon and Cold Cathode Illuminations (Pty) Ltd v Ephron
    • South Africa
    • 11 November 1977
    ...der Merwe 1921 T.P.D. at p. 320; Ideal Finance Corporation v. Coetzer, 1969 (4) SA at p. 45A - B; Ideal Finance Corporation v. Coetzer, 1970 (3) SA 1; Wessels, The Law of Contract in South Africa, vol. 1, p. 807, para. 2775. The appellant's claim fell within the, ambit of sec. 3 (2) (c) (iv......
  • Get Started for Free
1 books & journal articles