Hugo v Wessels

JurisdictionSouth Africa
JudgeHoexter AR, Botha AR, Grosskopf AR, Smalberger AR en Kumleben Wn AR
Judgment Date18 May 1987
Citation1987 (3) SA 837 (A)
Hearing Date10 March 1987
CourtAppellate Division

Hoexter AR:

In die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling het die respondent (hierna 'die eiser' genoem) 'n aksie teen die appellante (hierna 'die verweerderes' genoem) ingestel waarby J die eiser die volgende regshulp aanvra:

Hoexter AR

'1.

A 'n Bevel wat verweerderes gelas en aansê om alle stappe te neem wat nodig mag wees om erf 660, geleë in die dorp Ermelo in naam van Gert Michael Wessels... Gert Jakobus Wessels... en Willem Petrus Wessels... alleen te laat registreer.

2.

'n Bevel wat, by versuim deur verweerderes om gevolg B te gee aan smeekbede 1 supra, die Griffier van hierdie Agbare Hof magtig en las om al die dokumente te onderteken wat nodig mag wees om sodanige registrasie te bewerkstellig.

3.

Gedingskost.

4.

Verdere en/of alternatiewe regshulp.'

C Teen die eiser se vordering het die verweerderes onder andere 'n spesiale verweer opgewerp waarin sy beweer dat die Hof a quo nie oor die vereiste jurisdiksie om die aangeleentheid te bereg, beskik nie. By ooreenkoms is die saak slegs ter beregting van die spesiale verweer ter rolle geplaas. Die Verhoorhof (De Wet R) het die spesiale verweer afgewys en gelas dat die koste daardeur genoodsaak, sal oorstaan om na D afhandeling van die geding besleg te word. Die Verhoorhof se uitspraak met betrekking tot die spesiale verweer is in die Hofverslae opgeteken. Kyk Wessels v Hugo1985 (4) SA 262 (O). Met verlof van hierdie Hof kom die verweerderes in hoër beroep teen die afwysing van haar spesiale verweer.

Die eiser boer in die Vrystaat. Die partye was voorheen met E mekaar getroud en hulle is die ouers van drie minderjarige seuns ('die kinders') wat in para 1 van die eiser se vordering, hierbo aangehaal, by name genoem word. As gevolg van 'n aksie om egskeiding wat die verweerderes teen die eiser ingestel het, is die huwelik gedurende 1979 deur die Vrystaatse Provinsiale Afdeling ontbind. 'n Skikkingsooreenkoms wat die partye op 23 Maart 1979 aangegaan het, is deur die Hof wat die F egskeidingsgeding aangehoor het, 'n bevel van die Hof gemaak. Daarvolgens is die beheer en toesig van die kinders aan die verweerderes toegesê. Na die egskeiding het die verweerderes hertrou. Met die kinders woon die verweerderes tans met haar huidige man in Pretoria.

Klousule 2B(a) van bovermelde skikkingsooreenkoms bevat die volgende bepalings:

G 'Verweerder sal voor of op 1 Julie 'n bedrag van R25 000 in kontant, vry van wisselkoers te Bloemfontein aan eiseres se prokureurs... betaal om eiseres in staat te stel om 'n huis aan te koop vir die bewoning deur haar en die partye se drie seuns, welke huis eiseres moet aankoop of Klaar laat bou binne 180 dae na ontvangs van sodanige fondse. Die partye kom spesifiek ooreen dat die huis wat aangekoop of gebou moet word in die naam van die drie seuns geregistreer sal word, H onderworpe aan eiseres se lewenslange reg van vruggebruik daaroor. Die partye kom verder ooreen dat indien die eiseres van die een dorp na 'n ander wil verhuis, sy geregtig sal wees om die betrokke woonhuis op die een plek te verkoop en met die totale opbrengs daarvan op die ander plek weer 'n woonhuis te koop in die naam van die drie seuns, onderworpe aan haar lewenslange reg van vruggebruik.'

I In sy uiteensetting van eis beweer die eiser dat hy klousule 2B(a) behoorlik nagekom het deurdat hy 'n kontantbedrag van R25 000 aan die verweerderes beskikbaar gestel het; en dat die verweerderes met aanwending daarvan gedurende 1979 erf 660 in die dorp Ermelo, Transvaal ('die erf') aangekoop het. Vervolgens beweer die eiser dat in die naam van die kinders J slegs 'n,48 aandeel in die eiendomsreg van die erf geregistreer is (onderhewig aan 'n reg van vruggebruik ten gunste van die

Hoexter AR

verweerderes), terwyl 'n,52 aandeel in die eiendomsreg van die A erf in die naam van die verweerderes self geregistreer is. In haar spesiale verweer erken die verweerderes dat sy die bedrag van R25 000 as deel van die koopprys van die erf aangewend het en dat die kinders en die verweerderes respektiewelik die geregistreerde eienaars van die erf is in die verhouding van 48/100 en 52/100 respektiewelik soos deur die eiser beweer. B (Die totale bedrag van die koopprys, volgens die verweerderes, was R52 000; die balans bo die bedrag van R25 000 wat sy van die eiser ontvang het, aldus die verweerderes, het sy self tot die aankoop van die erf bygedra.) Luidens haar spesiale verweerskrif voer die verweerderes aan dat die jurisdiksie om die aangeleentheid te bereg by die Verhoorhof ontbreek deurdat:

'A.

Die registrasie van die titelakte van erf 660, geleë C in die dorp Ermelo, Transvaal, wat die eiser vorder om te wysig, buite die regsgebied van hierdie agbare Hof geskied het. Gevolglik het die skuldoorsaak waarop die eiser se eis baseer word, nie binne die regsgebied van hierdie agbare Hof ontstaan nie.

B.

Die verweerderes nie binne die regsgebied van hierdie D agbare Hof gedomisilieer is nie.

C.

Die eiendom, ten opsigte waarvan die eiser 'n wysiging in die registrasie van die titel verlang, nie binne die regsgebied van hierdie agbare Hof geleë is nie.

D.

Die minderjarige kinders, wie se belange deur hierdie E aksie geraak word, nie binne die regsgebied van hierdie agbare Hof gedomisilieer is nie.'

Dit was gemene saak dat indien die eiser sy aksie in die Transvaalse Provinsiale Afdeling ingestel het daardie Hof ratione rei sitae regsbevoeg sou gewees het om die aksie aan te hoor. Die vernaamste twispunt waaroor dit by die beredenering F van die appèl gegaan het, is die vraag of - soos namens die verweerderes aangevoer - die jurisdiksie van die Transvaalse Provinsiale Afdeling 'n uitsluitende jurisdiksie daarstel, dan wel of die eiser se advokaat gelyk het met sy betoog dat die eis van die eiser ewe ontvanklik is in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling.

Ingevolge art 19 van die Wet op die Hooggeregshof 59 van 1959, G besit elke Provinsiale of Plaaslike Afdeling van die Hooggeregshof in siviele aangeleenthede regsbevoegdheid oor alle persone wat binne sy regsgebied woon of is en met betrekking tot alle gedinge wat daar ontstaan. Voorts is dit 'n geykte stelling dat

'... a Court can only be said to have jurisdiction in a H matter if it has the power not only of taking congnisance of the suit, but also of giving effect to its judgment'.

(Per De Villiers RP in Steytler NO v Fitzgerald1911 AD 295 te 346.) Dit bring mee dat die vraag of 'n Hof in 'n bepaalde geding regsbevoeg is om die saak te bereg 'n tweeledige ondersoek omsluit. In die eerste deel van die ondersoek moet I daar bepaal word of die Hof bevoeg is om hoegenaamd van die bepaalde saak kennis te neem; die antwoord daarop sal afhang van die bestaan van een of meer van die erkende jurisdiksiegronde (rationes jurisdictionis ). Die tweede deel van die ondersoek het betrekking op die onderworpenheid al dan nie van die verweerder aan die Hof se regsmag; die antwoord daarop moet gesoek word aan die hand van die sogenaamde leerstuk van doeltreffendheid of effektiwiteit: die Hof se J bevoegdheid om,

Hoexter AR

A indien hy die regshulp wat die eiser aanvra sou toestaan, uitvoering aan sy bevel te kan gee.

In die onderhawige geval is die eiser se aksie gegrond op sekere ondernemings teenoor hom deur die verweerderes, welke ondernemings vervat is in 'n skikkingsakte wat by 'n Hofbevel B deur die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling uitgereik is, ingelyf is. Die gemene reg erken as geldige jurisdiksiegrond die omstandigheid dat 'n kontrak wat die onderwerp van die geskil tussen die gedingvoerders uitmaak binne die regsgebied van die Hof aangegaan is of aldaar uitgevoer moet word. Minder eenvoudig is die vraag of die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling bevoeg is om aan die bevel wat die eiser aanvra uitvoering te gee.

C In sy verhandeling The South African Law of Jurisdiction (1937) voer Pollak aan (op 106) dat geen Suid-Afrikaanse Hof oor die jurisdiksie beskik nie om 'n aksie (hetsy in rem hetsy in personam ) om oordrag van onroerende eiendom wat buite daardie Hof se regsgebied geleë is, aan te hoor. In 'n voetnoot D (nr 2) op dieselfde bladsy wei die belese skrywer soos volg uit:

'In Rood's Trustees v Scott and De Villiers 1910 TS 47 at 60 - 1, Innes CJ said that a suit for specific performance of a contract of sale of land in Swaziland could be entertained only by a Swaziland tribunal. This dictum is, it is submitted, sound in principle and applicable not only to the case of an action for specific performance of a contract of sale of foreign land but also to any action in personam in which the transfer of E immovable property situate outside the area to which the court belongs is claimed. It ought not to matter whether the property is situate in the Union or in a foreign country. If the property is situate in the Union, and a Court which is not the forum rei sitae grants an order transferring the property to the plaintiff, it is true that such order, if not appealed against, can be made effective under s 112 of the South African Act... but since s 112 was not intended to increase the jurisdiction of the Divisions of the Supreme Court... there can be no justification for a Court exceeding its jurisdiction F merely because its order can be made effective throughout the Union.'

Bostaande denkwyse het by die Hof in Vorster v Keyser and Keyser 1943 WLD 150 ingang gevind. Dit was 'n aansoek gebaseer op 'n koopkontrak asmede 'n sessie van die koper se regte aan die applikant. Die applikant het teen die respondente 'n bevel aangevra wat hul sou gelas om oordrag te lewer ten opsigte van G 'n stuk grond in die Kaapprovinsie geleë. Al die partye by die aansoek betrokke was binne die regsgebied van die Hof woonagtig. In limine is namens die respondente 'n beswaar teen die regsbevoegdheid van die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling opgewerp. Die beswaar...

Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI

Get Started for Free

Unlock full access with a free 7-day trial

Transform your legal research with vLex

  • Complete access to the largest collection of common law case law on one platform

  • Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues

  • Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options

  • Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions

  • Trusted by 2 million professionals including top global firms

  • Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

vLex

24 practice notes
  • Ewing McDonald & Co Ltd v M & M Products Co
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v The Owners and Master of the SS 'Answald' 1912 AD 546; Voet 2:4:22; Sonia (Pty) Ltd v Wheeler 1958 (1) SA 555 (A); Hugo v Wessels 1987 (3) SA 837 (A); Pollak The SA Law of Jurisdiction at 24; South African Railways and Harbours v Chairman, Bophuthatswana Central Road Transportation Board,......
  • ACL Group (Pty) Ltd and Others v Qick Televentures FZE
    • South Africa
    • Free State Division, Bloemfontein
    • July 12, 2012
    ...Co 1991 (1) SA 252 (A):dictum at 258D–G appliedGhomeshi-Bozorg v Yousef‌i 1998 (1) SA 692 (W): not followed in partHugo v Wessels 1987 (3) SA 837 (A): referred toISM Inter Ltd v Maraldo and Another 1983 (4) SA 112 (T): not followed butdictum at 114E–F appliedJoseph and Another v Air Tanzani......

  • Bisonboard Ltd v K Braun Woodworking Machinery (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...is, (2) is the doctrine of effectiveness satisfied - has the Court power to give effect to the judgment sought? F See Hugo v Wessels 1987 (3) SA 837 (A) at 849H - 850A. In this case the second question is clearly to be answered in the affirmative. That the respondent carries on business in ......
  • Get Started for Free
22 cases

2 books & journal articles