Handtekening as vereiste vir die geldigheid van 'n kontrak : aantekeninge

Date01 January 2012
Pages379-387
AuthorS.J. Cornelius
DOI10.10520/EJC135272
Published date01 January 2012
379
Aantekeninge/Notes
Handtekening as vereiste vir die geldigheid van
’n kontrak
1 Inleiding
Die aanbring van ’n handtekening op ’n skriftelike stuk het ’n belangrike
ritueel in die moderne handelsomgang geword. Dit dui daarop dat, na
kort of uitgebreide onderhandelinge, die partye tot ’n wedersydse
verstandhouding rakende een of ander saak van gemeenskaplike belang
gekom het, waarin hulle belowe om saam te werk tot wedersydse
voordeel. Kontrakte word dikwels op skrif gestel en deur of namens die
partye onderteken, en getuies word versoek om die handtekeninge te
bevestig deur hulle eie handtekeninge daarop aan te bring.
Wanneer ’n party sy of haar handtekening op ’n regsstuk aanbring,
dui daardie party daarmee aan dat hy of sy bewus is van die inhoud van
die stuk en bereid is om met daardie inhoud vereenselwig te word (
Meter
Motors (Pty) Ltd v Cohen
1966 2 SA 735 (T);
Handulay v Smith
NO
1984
3 SA 308 (C)). Maar tot watter mate is ondertekening ’n vereiste vir die
geldigheid van ’n kontrak en wat is die gevolge indien ’n kontrak nie
onderteken is nie?
2 Historiese Ontwikkeling
Oorspronklik is kontrakte ingevolge die Romeinse reg gesluit deur die
uitruil van streng formalistiese mondelinge verklarings in die
teenwoordigheid van transaksiegetuies. ’n Party wat later die kontrak
sou ontken was onder die
Twaalf Tafels
(
Tab
6 1) aanspreeklik om
dubbel die waarde van die betrokke eindom te betaal. Mettertyd het
hierdie streng formalistiese verwisselings plek gemaak vir kontrakte
gegrond op wilsooreenstemming tussen die partye (
I
3 15 1). Uiteindelik
het Paulus (
Sententiae
1 1 1, 2 2 1) aangedui dat kontraktuele
verpligtinge ontstaan het uit wilsooreenstemming alleen, en Ulpianus (
D
16 3 1 6), sowel as Modestinus (
D
10 7 52 9), het saamgestem dat
kontrakte hulle regskrag verkry deur blote wilsooreenstemming.
Die Romeinse reg het vier breë kategorieë van kontrakte erken (Gaius
3 89).
Contractus verbis
was ’n oorblyfsel van vroeër tye en die kontrak
was gesluit deur die uitruil van formele mondelinge verklarings (Gaius 3
92;
I
3 15) of, in die geval van sekere kontrakte betreffende eensydige
prestasie, by wyse van eedsverklaring. Hierdie formele woorde (of eed)
was nie soseer formaliteite waaraan voldoen moes word om ’n kontrak
geldig te maak nie, maar eerder ’n manier om die bestaan van ’n kontrak
te bevestig (Gaius 3 105).
Contractus re,
of saaklike kontrakte, het die
oordrag van saaklike regte behels, en het ’n ritueel vereis waar die saak

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT