Gruhn v M Pupkewitz & Sons (Pty) Ltd
Jurisdiction | South Africa |
Citation | 1973 (3) SA 49 (A) |
Gruhn v M Pupkewitz & Sons (Pty) Ltd
1973 (3) SA 49 (A)
1973 (3) SA p49
Citation |
1973 (3) SA 49 (A) |
Court |
Appèlafdeling |
Judge |
Rumpff AR, Holmes AR, Wessels AR, Jansen AR en Muller AR |
Heard |
March 26, 1973 |
Judgment |
March 30, 1973 |
Flynote : Sleutelwoorde
Praktyk — Uitsprake en bevele — Summiere vonnis — Hofreël 32 — Uitwerking van — Aansoek teen borg vir prys van goedere verkoop en gelewer aan koper — Borg beweer dat hy rede het om te glo dat dit nie die regte prys is nie — Borg geregtig op nadere besonderhede en om saak te verdedig.
Headnote : Kopnota
Wat Reël 32 van die Eenvormige Hofreëls betref, is daar natuurlik twee hoofelemente wat na vore tree, die skuldoorsaak en die verweer, en hoewel in die meerderheid van gevalle geep probleme geskep word deur die formulering van die skuldoorsaak nie, kan dit wees dat 'n verweer beoordeel moet word met besondere oorweging van die uiteensetting van die skuldoorsaak.
Dat 'n koper teenoor 'n verkoper gewoonlik weet waaroor die saak gaan, moet aanvaar word, maar dit is nie noodwendig dat 'n borg, wat instaan vir die prys van goedere verkoop en gelewer aan 'n koper, weet waaroor die saak gaan nie. Dus, waar die verkoper aansoek vir summiere vonnis teen die borg doen, en die borg beweer dat hy rede het om te glo dat die bedrag wat geëis word. nie die regte prys van die verkoopte goedere verteenwoordig nie, kan dit nie gesê word dat hy geen bona fide verweer teen die aansoek het nie, en moes die Hof sy diskresie uitoefen en aan die borg die geleentheid gee om nadere besonderhede te vra en die eis te verdedig.
Die beslissing in die Suidwes-Afrika Afdeling in M. Pupkewitz & Sons (Pty.) Ltd. v Gruhn, omvergewerp.
Flynote : Sleutelwoorde
Practice — Judgments and orders — Summary judgment — Rule of Court 32 — Effect — Application against surety for price of goods sold and delivered to purchaser — Surety alleging that he has reason to believe that it is not the correct price — Surety entitled to further particulars and to defend the action.
Headnote : Kopnota
As far as Rule 32 of the Uniform Rules of Court is concerned, there are of course two chief elements which come to the fore, the cause of action and the defence and, although in the majority of cases no problems arise in the formulation of the cause of action, it can be that a defence must be judged with particular regard to the way in which the cause of action is set out.
That a purchaser as against a seller normally knows what the case is about must be accepted, but it is not necessarily so that a surety, who stands in for the price of goods sold and delivered to a purchaser, knows what the case is about. Thus, where the seller applies for summary judgment against the surety, and the surety alleges that he has reason to believe that the amount claimed does not represent the correct price of the goods sold, it cannot be said that he has no defence to the application, and the Court must exercise its discretion and give the surety the opportunity of asking for further particulars and of defending the action.
The decision in the South West Africa Division in M. Pupkewitz & Sons (Pty.) Ltd. v Gruhn, reversed.
Case Information
Appèl teen 'n beslissing in die Suidwes-Afrika Afdeling (MOLL, R.). Die feite blyk uit die uitspraak van RUMPFF, A.R.
H. C. J. Flemming, namens die appellant: Alhoewel ter voorkoming van summiere vonnis nie oortuiging op waarskynlikhede nodig is nie, vgl. Eklund v Vorster, 1938 T.P.D. op bl. 258; Roscoe v Stewart, 1937 CPD op bl. 141; Soorju v Pillay, 1962 (3) SA op bl. 908H; Credit Corporation of SA Ltd. v Roy, 1966 (1) SA op bl. 13G; Evelyn Haddon & Co. Ltd. v Leojanko (Pty.) Ltd., 1967 (1) SA op bl. 667H, E
1973 (3) SA p50
is die waarskynlikhede volgens die feite deurslaggewend teen enige betwyfeling van verweerder se bona fides. Waar die Hofreëls verwys na 'n bona fide verweer word nie meer vereis nie as dat die verweer een moet A wees wat 'n verweerder te goeie trou wil opper, d.w.s. wat hy te goeie trou wil aanvoer om werklik die eiser se vordering te weerstaan in teenstelling met 'n verweer wat hy self nie glo dat hy het nie en wat geopper word bloot om die verkryging van vonnis deur eiser te vertraag. Lombard v Van der Westhuizen, 1953 (4) SA op bl. 88H; Meek v Kruger, B 1958 (3) SA op bl. 160C; Herb Dyers (Pty.) Ltd. v Mahomed, 1965 (1) SA op bl. 31G; Soorju se saak, supra op bl. 908G - H; Conradie v Landro & Van der Hoff (Edms.) Bpk., 1965 (2) SA op bl. 312H. Ten aansien van die benadering van die vraag of die feite wat 'n verweerder voorgelê het voldoende is, word dit gesubmitteer dat: (a) net soos die C invoeging van die provisionele vonnis prosedure in die Romeins Hollandse reg (Meek v Kruger, supra op bl. 156A - E), is die summiere vonnis prosedure in toenemende mate in die Engelse reg ingevoeg om gevalle te dek waar dit duidelik is dat die verweerder geen saak het nie en slegs die eiser se regte in die weg staan. Meek se saak op bl. 156F; Edward v Menezes, 1973 (1) SA op bl. 303F. Hierdie prosedure is D klaarblyklik 'n drastiese inbreukmaking op die elementêre reg van 'n party om gehoor te word voordat 'n beslissing teen hom gevel word. Kyk Meek se saak op bl. 156B; Edward se saak op bl. 304F; Eisenberg's v O.F.S. Textile Distributors (Pty.) Ltd., 1949 (3) SA op bl. 1054; Mowschenson & Mowschenson v Mercantile Acceptance Corporation of SA E Ltd., 1959 (3) SA op bl. 366E - F; Terry's Motors Ltd. v Seeck, 1962 (2) SA op bl. 263G - H. Onder die besef van die drastiese implikasie van hierdie inbreukmaking het die inenting van die Engelse summiere vonnis prosedure aanvanklik geskied met faktore wat die effek van die inbreukmaking temper en help beperk tot daardie gevalle waarvoor dit bedoel is. (i) Soortgelyk aan die Engelse reg waar die Hof skynbaar F 'n wye diskresie gehad het en verlof tot verdediging gegee het solank daar maar 'n 'fair possibility of a defence' is, sien Meek se saak bl. 158; Edward se saak bl. 303G - H, is 'n dergelike 'lae' vereiste aanvanklik gestel, bv. summiere vonnis moes geweier word tensy dit redelik duidelik is dat verweerder geen saak het nie, Maisel v Strul, G 1937 CPD op bl. 131; Roscoe v Stewart, 1937 CPD op bl. 142; as daar 'n argumenteerbare verdediging of moontlike verweer is, Eklund v Vorster, 1938 T.P.D. op bl. 258; as daar 'n 'fair case for defence' is, Eisenberg se saak, 1949 (3) SA op bl. 1055; as dit redelik moontlik is dat daar 'n verdediging is, Mowschenson se saak, supra op bl. 366 - G; as daar 'n 'fair triable and arguable issue' is, Davis v Terry, 1957 H (4) SA op bl. 102B; as dit nie 'n duidelike geval is nie, Lombard v Van der Westhuizen, 1953 (4) SA op bl. 89A - B; Edwards v Menezes, 1973 (1) SA op bl. 304D - F. Vgl. Estate Potgieter v Elliot, 1948 (1) SA op bl. 1088; Wright v Van Zyl, 1951 (3) SA op bl. 492C. Wat gepaard gegaan het met teensinnigheid van die Hof om summiere vonnis toe te staan en 'n toeskietlike benadering m.b.t. die beoordeling van die verweerder se verklaring. Vgl. Skead v Swanepoel, 1949 (4) SA 763; Lombard v Van der Westhuizen, supra; Conradie v Landro en van der Hoff (Edms.) Bpk., 1965 (2) SA 304.
1973 (3) SA p51
Luidens Hofreël 22 (12) van die Kaapse Provinsiale Afdeling was die vonnis nie 'n finale vonnis nie. Sien ook Caxton Ltd. v Barrigo, 1960 (4) SA op bl. 4B, met betrekking tot Transvaalse Reël 42 bis 10. Volgens Hofreël 22 (1) van die Kaapse Provinsiale Afdeling (aangehaal A 1956 (3) SA bl. 186A) het die prosedure gevolg na liasering van 'n deklarasie wat meebring dat 'n verweerder normaalweg 'n redelik volledige uiteensetting van die eiser se vordering gehad het waarop hy sy antwoord moes verstrek. Hoewel summiere vonnis prosedure in die ander Provinsies bekend was in die landdroshof en in Transvaal (1957) en in B Suidwes Afrika vroeër ingevoeg is, het die Uniforme Hofreëls nie net laasgenoemde twee beveilingsfaktore laat wegval nie maar ook in die afgelope ongeveer sewe jaar gelei tot 'n neiging tot 'n heelwat strenger toets wat as volg ontwikkel het: sien Herb Dyers (Pty.) Ltd. v Mahomed and Another, 1965 (1) SA op bl. 32; Caltex Oil SA Ltd. v Webb and C Another, 1965 (2) SA op bl. 917B. Daarna is in die Vrystaatse Hof steeds meer volledigheid van feite geverg as 'n soort van voorvereiste voordat die Hof omtrent bona fides tevrede is: Traut v Du Toit, 1966 (1) SA 70; Nichas & Son (Pty.) Ltd. v Papenfus, 1969 (2) SA 494; Nichas & Son (Pty.) Ltd. v Papenfus, 1970 (2) SA 316; Frank Keevey (Pty.) Ltd. v Koos van der Merwe Beleggings (Kroonstad) (Edms.) Bpk., D 1970 (3) SA 429. Vgl. ook Central News Agencies Ltd. v Cilliers, 1971 (4) SA op bl. 353E - F; Mahomed Essop (Pty.) Ltd. v Sekhukhulu & Son, 1967 (3) SA 728. Hoewel onvolledigheid en/of vaagheid in 'n gepaste geval (Traut v Du Toit) op gebrek aan bona fides mag dui, is die jonger neiging in die regspraak met respek verkeerd indien dit E impliseer dat stawende getuienis of motivering vir feite deurgaans noodsaaklik is voordat die Hof omtrent bona fides of gegrondheid van die verdediging tevrede sou wees. In hierdie verband word verder aangevoer (a) so 'n benadering sou afwyk van die gevestigde en korrekte benadering van vroeër, vgl. Venter v Kruger, 1971 (3) SA op bl. 851, 852. (b) Prinsipieel is daar teenkanting teen dwang tot vroeë ontblooting van F getuienis; Mowschenson se saak, supra op bl. 367B; Edward se saak, supra op bl. 304G; Uranowsky v Pascal, 1964 (2) SA op bl. 349A. Dit neig tot oorskryding van die doelwitte van die prosedure, vgl. Hugh Holdings (Pty.) Ltd. v Gamberini, 1968 (3) SA op bl. 157, 158; Roscoe v Stewart, 1937 CPD op bl. 142. Dit kan vir 'n verweerder 'n amper G onmoontlike posisie skep, bv., (i) waar die dagvaarding die minimum van inligting bevat, vgl. Transvaal Spice Works v Conten Holdings (Pty.) Ltd., 1959 (2) SA op bl. 199E - G; Car Bargains v Nhlanhla, 1971 (1) SA 214; 1957 Annual Survey, bl. 255...
To continue reading
Request your trial-
Jili v FirstRand Bank Ltd t/a Wesbank
...Fillis and Another 2010 (6) SA 565 (ECP) ([2010]ZAECPEHC 50): dictum in paras [14 and [16] appliedGruhn v M Pupkewitz & Sons (Pty) Ltd 1973 (3) SA 49 (A): referred toJacobsen van den Berg SA (Pty) Ltd v Triton Yachting Supplies 1974 (2) SA584 (O): referred toNedbank Ltd and Others v Nationa......
-
Hohne v Super Stone Mining (Pty) Ltd
...and Another [2016] ZACC 33: referred to I Green v Fitzgerald and Others 1914 AD 88: referred to Gruhn v M Pupkewitz & Sons (Pty) Ltd 1973 (3) SA 49 (A): compared Ilanga Wholesalers v Ebrahim and Others 1974 (2) SA 292 (D): referred to Janit and Another v Motor Industry Fund Administrators (......
-
Tuning Fork (Pty) Ltd t/a Balanced Audio v Greeff and Another
...considered I Friedman v Bond Clothing Manufacturers (Pty) Ltd 1965 (1) SA 673 (T): referred to Gruhn v M Pupkewitz & Sons (Pty) Ltd 1973 (3) SA 49 (A): referred to Investec Bank Ltd v Bruyns 2012 (5) SA 430 (WCC): referred to Kilroe-Daley v Barclays National Bank Ltd 1984 (4) SA 609 (A): re......
-
Gilinsky and Another v Superb Launderers and Dry Cleaners (Pty) Ltd
...judgment despite defendants' failure to comply with the requirements of Rule of Court 32 (3). See Gruhn v M Pupkewitz & Sons (Pty) Ltd 1973 (3) SA 49 (A) at 58. It is a discretion which requires to be judicially exercised and not capriciously nor should its exercise be founded upon speculat......
-
Jili v FirstRand Bank Ltd t/a Wesbank
...Fillis and Another 2010 (6) SA 565 (ECP) ([2010]ZAECPEHC 50): dictum in paras [14 and [16] appliedGruhn v M Pupkewitz & Sons (Pty) Ltd 1973 (3) SA 49 (A): referred toJacobsen van den Berg SA (Pty) Ltd v Triton Yachting Supplies 1974 (2) SA584 (O): referred toNedbank Ltd and Others v Nationa......
-
Hohne v Super Stone Mining (Pty) Ltd
...and Another [2016] ZACC 33: referred to I Green v Fitzgerald and Others 1914 AD 88: referred to Gruhn v M Pupkewitz & Sons (Pty) Ltd 1973 (3) SA 49 (A): compared Ilanga Wholesalers v Ebrahim and Others 1974 (2) SA 292 (D): referred to Janit and Another v Motor Industry Fund Administrators (......
-
Tuning Fork (Pty) Ltd t/a Balanced Audio v Greeff and Another
...considered I Friedman v Bond Clothing Manufacturers (Pty) Ltd 1965 (1) SA 673 (T): referred to Gruhn v M Pupkewitz & Sons (Pty) Ltd 1973 (3) SA 49 (A): referred to Investec Bank Ltd v Bruyns 2012 (5) SA 430 (WCC): referred to Kilroe-Daley v Barclays National Bank Ltd 1984 (4) SA 609 (A): re......
-
Gilinsky and Another v Superb Launderers and Dry Cleaners (Pty) Ltd
...judgment despite defendants' failure to comply with the requirements of Rule of Court 32 (3). See Gruhn v M Pupkewitz & Sons (Pty) Ltd 1973 (3) SA 49 (A) at 58. It is a discretion which requires to be judicially exercised and not capriciously nor should its exercise be founded upon speculat......