Geyser en 'n Ander v Pont

JurisdictionSouth Africa
JudgeTrollip R
Judgment Date09 June 1967
Citation1968 (4) SA 67 (W)
CourtWitwatersrand Local Division

Trollip, R.:

Hierdie is 'n lasteraksie. Die twee eisers, prof. A. S. Geyser en mnr. C. F. Beyers Naude, eis elk R20,000 van prof. A. D. Pont, D hierin 'die verweerder' genoem. Die eis spruit uit 'n reeks artikels, getiteld 'Kronieke', wat deur die verweerder geskryf is en wat in Die Hervormer, die amptelike maandblad van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, verskyn het. Oorspronklik is ds. J. G. M. Dreyer, die redakteur van Die Hervormer, as tweede verweerder bygevoeg, maar die eisers het as gevolg van 'n skikking met hom die eis teen hom E teruggetrek. Daarna het hulle die saak teen die verweerder alleenlik voortgesit. Sy pleit is 'n ontkenning dat die artikels lasterlik is en dat hulle na die twee eisers verwys; alternatiewelik, voer hy aan dat hy die artikels geskrywe en gepubliseer het sonder enige animus injuriandi, en slegs met die oogmerk om die Kerk en sy lidmate in te lig van sekere, F vir hulle belangwekkende, denkrigtings, standpunte en gebeurtenisse, en sy kommentaar daarop. 'n Verdere alternatiewe pleit ten opsigte van sekere van die Kronieke is oorspronklik ook geopper wat die waarheid van die feite en billike kommentaar daarop en openbare belang (regverdiging) beweer, maar dié is op 'n vroeë stadium, voor sluiting van die G pleitstukke, geskrap. Gedurende die verhoor is aansoek gedoen om die bestaande alternatiewe pleit te wysig en uit te brei (sien die pleitstuk gedateer 23 Maart 1967), maar met instemming het dit oorgestaan tot die argumentstadium van die hele verhoor. Ek sal dit later behandel.

[Die Edelagbare het die feite behandel en soos volg voortgegaan.]

H Die besondere Kronieke, waarop die eisers steun (sien bylae A tot K van die dagvaarding) is dié van Julie, September, Oktober, November, Desember 1964, Januarie, Februarie, Maart, April, Mei en Junie 1965. Dit word beweer dat hulle feitestellings en aantygings bevat wat per se

Trollip R

lasterlik van die eisers is. Wat die lasterlikheid en verwysing na die eisers betref, het die eisers hulle saak grotendeels op die veronderstelling gedryf dat al hierdie Kronieke as 'n samegestelde reeks beskou moet word, eintlik asof hulle in 'n enkele boek verskyn het. Byvoorbeeld, in die eisers se dagvaarding is elke gewraakte Kroniek nie A besonderlik behandel nie, maar almal is saamgevat vir 'n bewering van 'n innuendo wat die angel van die laster sou beklemtoon. Hierdie bewering (hierin 'die innuendo' genoem) is dat die artikels sou beteken het dat die eisers:

'(a)

Kommuniste is;

(b)

Ondersteuners van kommunisme is, kommunisme goedgesind is en die B doelstellings daarvan bevorder;

(c)

Ondersteuners van sabotasie, revolusie en oorlog teen Suid-Afrika is en deelneem aan die beplanning daarvan;

(d)

Persone van verfoeilike morele peil is wat hul land, volk, kerk, protestantse geloof, Christelikheid en hul God verraie en verloën het;

(e)

Skynheilig, geveinsd, leuenagtig, gewetenloos, onderduims en lafhartig is;

(f)

Veragtelike persone is wat voorgee dat hul Christene en C bedieners van die Christelike geloof is terwyl hul heimlik en in werklikheid die Christendom wil vernietig;

(g)

Moord van vrouens en kinders en 'n bloedbad in Suid-Afrika bevorder en meewerk om dit te subsidieer;

(h)

Ketters, verkondigers van dwaallere, vyande en ondermyners van die Afrikaanse kerke is.'

D Ek dink nie dat daardie benadering van die eisers helderheid in of verkorting van die saak bevorder het nie. Die gewraakte Kronieke strek oor 'n tydperk van 'n jaar; die deursnee leser sou iedereen elke maand gedurende daardie tydperk as 'n afsonderlike stuk gelees het, en nie die hele reeks soos 'n boek op een slag nie. Derhalwe, na my mening, om te oordeel of en hoe hulle lasterlik is, en of en tot watter mate hulle na E die eisers verwys, moet elke artikel afsonderlik behandel word.

Maar natuurlik beteken dit nie dat die vorige artikels nie vir die uitleg van die latere gebruik kan word nie; as iets uit die vorige artikels deur die deursnee leser tydens sy lees van die latere artikels waarskynlik onthou sou word, kan dit vir die uitlegging van laasgenoemde F inaggeneem word. Hier stem ek saam met wat Regter CLAYDEN in Sachs v Werkerspers Uitgewersmaatskappy (Edms.) Bpk., 1952 (2) SA 261 (W), gesê het op bl. 263B:

'The test in each case is 'whether under the circumstances in which the writing was published reasonable men to whom the publication was made would be likely to understand it in a libellous sense'. Johnson v Rand G Daily Mails, 1928 AD 190 at p. 204. The evidence to prove the circumstances should, I think, clearly include other statements by the defendant which would be known to a reasonable reader.'

En op bl. 264H:

'Whether or not another article or phrase can properly be regarded as showing 'circumstances' for the interpretation of the article complained of, or as providing the meaning of words used, must, I think, be a H question for the Court, regarding itself as the reasonable reader. I can see no reason in principle why the Court should not be entitled to consider whether the reasonable reader would give to words a meaning which other writings of the defendant indicate was the meaning intended, and why it should not be entitled to take into account, as part of the circumstances in which the words were published, and in which the words must be interpreted, facts which are stated by the defendant in those of its writings which would be known to the reasonable reader.'

Dit volg ook dat om die lasterlikheid en identifikasie te beoordeel, moet die hele samehang van die gewraakte dele van die Kronieke inaggeneem word; dit kan, afhangend van die besondere omstandighede,

Trollip R

die hele artikel, of selfs vorige artikels ook, bevat (Wallachs Ltd v Marsh, 1928 T.P.A. 531 op bl. 538, 545).

Alhoewel die innuendo beweer is om slegs die angel van die lasterlike A aantygings aan te dui, en nie om enige sekondêre betekenis uiteen te sit nie, is die eisers daartoe verbonde en beperk wat enige verweer of skadevergoeding betref (Sachs v Werkerspers Uitgewersmaatskappy, supra).

Omrede die bewering dat die artikels per se lasterlik is, is geen getuienis benodig of gelei hoe hulle verstaan is nie; ek moet derhalwe B beoordeel hoe die gewone, redelike leser van Die Hervormer iedereen in die bewese omstandighede moes verstaan het. Hy sou 'n leek wees wat kerklike aangeleenthede betref (sien para. 25 van die Resumé). Hy sou dus 'n leser met normale verstand, ontwikkeling en gevoelsreaksies wees (S.A. Associated Newspapers Ltd v Schoeman, 1962 (2) SA 613 (AA) C op bl. 616G - H). Die volgende gesaghebbende, regterlike uitlatings dui aan hoe daardie hipotetiese persoon gewone koerant-berigte sou lees,

'Not . . . how an astute lawyer or a supercritical reader would read the passage, but how an ordinary newspaper reader would judge of it'

(per WESSELS, A.R., in Johnson v Rand Daily Mails, 1928 AD 190 op bl. D 204. In Dorfman v Afrikaanse Pers Publikasies (Edms.) Beperk, 1966 (1) P.H. J9, sê Appèlregter RUMPFF:

'Om vas te stel of die artikel laster bevat, moet die toepasser van die reg homself afvra wat die geheel-indruk is wat die artikel agtergelaat het op die gemoed van die gemiddelde normale leser. Ek dink dit moet aanvaar word dat daardie leser die artikel op 'n gewone en onbevooroordeelde wyse sal lees as 'n nuusberig en hoewel belanghebbendes die artikel, of dele daarvan, miskien meer as een maal E sal lees, moet aangeneem word, dink ek, dat die gemiddelde normale leser die artikel net een maal sal lees. Ek meen ook dat die toepasser van die reg gewaarsku moet wees dat 'n analitiese ondersoek van die artikel, veral 'n oorweging van individuele sinne en paragrawe, die neiging het om die oorspronklike geheelindruk te verwring of te verdryf.'

En Appèlregter HOLMES:

'A Court deciding whether a newspaper report is defamatory must ask itself what impression the ordinary reader would be likely to gain from F it. In such enquiry the Court must eschew any intellectual analysis of the contents of the report and of its implications, and must be careful not to attribute to the ordinary reader a tendency towards such analysis or an ability to recall more than an outline or overall impression of what he or she has just read. Furthermore, in view of the mass of material in a newspaper it is in general unlikely that the ordinary reader would peruse and ponder a single report in isolation.'

G Daardie benadering geld in die algemeen ook vir die gewone, redelike leser van Die Hervormer, met dié belangrike voorbehoud: Die Hervormer is 'n maand - en nie 'n dagblad nie, van betreklike klein omvang (omtrent dertig bladsye in kwartoformaat), en die gewone, redelike leser sou meer tyd geniet en vat om dit te lees; hy sou ook 'n kerkganger wees wat belang in kerksake stel; en hy sou derhalwe verweerder se Kronieke veel H meer noukeurig en ontledend lees as gewone koerantberigte. Waarskynlik sou hy die tyd en die neiging hê om by sekere passasies stil te hou en te vra, Wat beteken dit? Na wie verwys dit? En te besin, of die besondere Kroniek weer lees, om die antwoorde op dié vrae te probeer kry.

Wat identifikasie van die eisers in die Kronieke betref, is hulle nooit by name genoem nie. Die artikels verwys gewoonlik na 'n klas of groep van persone, soos 'die mede-teoloë', of die ondersteuners van of diegene verbonde aan die Christelike Instituut, Pro Veritate, die Wêreldraad,

Trollip R

die Ekumeniese Beweging, ens. Maar dit kom nie op aan nie, want die eisers kan nogtans bewys dat die artikels na hulle verwys het as synde die groep of klas of die lede daarvan. Soos Lord ATKIN in Knupffer v London Express Newspaper Ltd., 1944 A.C. 116 op bl. 121, sê:

'I venture to think that it is a mistake to lay down a rule as to libel on a class and then qualify it by exceptions. The only relevant rule is that in order to be actionable the defamatory words must be...

To continue reading

Request your trial
33 practice notes
  • Florence v Government of the Republic of South Africa
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Geach and Others 2013 (2) SA 52 (SCA) ([2012] ZASCA 175) : dicta in paras [58] – [61] and [129] applied Geyser en 'n Ander v Pont 1968 (4) SA 67 (W): dictum at 68 applied J 2014 (6) SA p460 Giddey NO v JC Barnard and Partners 2007 (5) SA 525 (CC) (2007 (2) BCLR 125; [2006] ZACC 13): dictu......
  • Aymac CC and Another v Widgerow
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Others 1985 (4) SA 773 (A): referred to Gascoyne v Paul and Hunter 1917 TPD 170: referred to Geyser en 'n Ander v Pont 1968 (4) SA 67 (W): referred to E Golding v Torch Printing and Publishing Co (Pty) Ltd and Others 1949 (4) SA 150 (C): referred HB Farming Estate (Pty) Ltd and Another ......
  • Invasion of privacy: Common law v constitutional delict — does it make a difference?
    • South Africa
    • Juta Acta Juridica No. , August 2019
    • 29 May 2019
    ...438). The better view seems to be that jest is a defence that rests upon the subjective absence of animus injuriandi (cf Geyser v Pont 1968 (4) SA 67 (W) at 72 et seq). 124 Kirkpatrick v Bezuidenhout 1934 TPD 155 at 158; cf Peck v Katz (n123) at 573; Jeftha v Williams 1981 (3) SA 678 (C); B......
  • Neethling v Du Preez and Others; Neethling v Weekly Mail and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...at 393E; Moolman v Slovo 1964 (1) SA 760 (W) at 763E; Chetcuti v Van der Walt 1993 (4) SA 397 (T) at 400J; Geyser en 'n Ander v Pont 1968 (4) SA 67 (W) at 76E-F, 80A, 80B; Khan v Khan 1971 (2) SA 499 (RA) at 500C; Salzmann v Holmes 1914 AD 471 at 481; B Gray v Poutsma 1914 TPD 203 at 211; S......
  • Request a trial to view additional results
32 cases
  • Florence v Government of the Republic of South Africa
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Geach and Others 2013 (2) SA 52 (SCA) ([2012] ZASCA 175) : dicta in paras [58] – [61] and [129] applied Geyser en 'n Ander v Pont 1968 (4) SA 67 (W): dictum at 68 applied J 2014 (6) SA p460 Giddey NO v JC Barnard and Partners 2007 (5) SA 525 (CC) (2007 (2) BCLR 125; [2006] ZACC 13): dictu......
  • Aymac CC and Another v Widgerow
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Others 1985 (4) SA 773 (A): referred to Gascoyne v Paul and Hunter 1917 TPD 170: referred to Geyser en 'n Ander v Pont 1968 (4) SA 67 (W): referred to E Golding v Torch Printing and Publishing Co (Pty) Ltd and Others 1949 (4) SA 150 (C): referred HB Farming Estate (Pty) Ltd and Another ......
  • Neethling v Du Preez and Others; Neethling v Weekly Mail and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...at 393E; Moolman v Slovo 1964 (1) SA 760 (W) at 763E; Chetcuti v Van der Walt 1993 (4) SA 397 (T) at 400J; Geyser en 'n Ander v Pont 1968 (4) SA 67 (W) at 76E-F, 80A, 80B; Khan v Khan 1971 (2) SA 499 (RA) at 500C; Salzmann v Holmes 1914 AD 471 at 481; B Gray v Poutsma 1914 TPD 203 at 211; S......
  • Commissioner for Inland Revenue v First National Industrial Bank Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SA 398 (A) at 411H; G Amalgamated Society of Woodworkers of SA Ltd v Die 1963 Ambagsaalvereniging (supra at 285D - 287B); Geyser v Pont 1968 (4) SA 67 (W) at 79H - 80C; Barclays Bank International v African Diamond Exporters 1977 (1) SA 298 (W) at 312H - 313A; Bellairs v Hodnett 1978 (1) SA......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles
  • Invasion of privacy: Common law v constitutional delict — does it make a difference?
    • South Africa
    • Juta Acta Juridica No. , August 2019
    • 29 May 2019
    ...438). The better view seems to be that jest is a defence that rests upon the subjective absence of animus injuriandi (cf Geyser v Pont 1968 (4) SA 67 (W) at 72 et seq). 124 Kirkpatrick v Bezuidenhout 1934 TPD 155 at 158; cf Peck v Katz (n123) at 573; Jeftha v Williams 1981 (3) SA 678 (C); B......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT