Fourie v Minister van Lande en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
CourtOrange Free State Provincial Division
JudgeSteyn Wn R
Judgment Date28 May 1970
Citation1970 (4) SA 165 (O)
Hearing Date08 May 1970

M. T. Steyn, Wn R.:

Die applikant is die eienaar van erf 755 geleë in die dorp Vrede in the Oranje-Vrystaat. Op hierdie erf staan 'n woonhuis C en dit is gemenesaak dat hierdie huis te alle relevante tye vir bewoning geskik was en nog is.

Op 28 Maart 1970 ontvang applikant 'n kennisgewing van onteiening, gedateer 23 Maart 1970, onderteken deur tweede respondent namens eerste respondent, in terme waarvan tweede respondent in sy hoedanigheid as adjunk-posmeester-generaal in die Departement van Pos- en Telegraafwese D van die Republiek van Suid-Afrika die gesegde erf vir openbare doeleindes onteien ingevolge art. 2 (1) van die Onteieningswet, 55 van 1965, kragtens 'n spesiale algemene volmag aan hom verleen deur eerste respondent.

In die kennisgewing word ook vermeld dat die onteiening ooreenkomstig E arts. 4 (3), 4 (5) en 5 (1) van die Wet op 1 April 1970 van krag sal word en dat die som van R8,500 as vergoeding vir die onteiening aangebied word.

Applikant betwis die geldigheid van hierdie onteiening op grond daarvan dat dit in werklikheid nie geskied het vir openbare doeleindes soos F beoog is in die Onteieningswet nie en dat die onteiening derhalwe onwettig is en tersyde gestel moet word.

Op 30 April 1970 is daar met toestemming van beide respondente 'n bevel nisi uitgereik wat soos volg lui:

'Op aansoek van Advokaat Lichtenberg, namens die applikant, en na deurlees van die kennisgewing van mosie en die ander dokumente ingedien, word dit gelas:

1.

Dat 'n bevel nisi hiermee uitgereik word wat die eerste en die tweede respondente oproep om redes, indien enige, in hierdie Hof op die 8ste dag van Mei 1970 om 10.00 vm. aan te voer -

(a)

G waarom die onteiening van erf 755 geleë in die dorp en distrik Vrede, Oranje-Vrystaat, deur tweede respondent, handelende namens of in opdrag of onder volmag van eerste respondent, nie ter syde gestel sal word nie;

(b)

waarom die Registrateur van Aktes, Bloemfontein, nie gemagtig sal word nie om transport van die voormelde eiendom aan H Christoffel Jacobus Ferreira te registreer, mits die tersaaklike dokumente vir daardie doel behoorlik voor hom gelê word; en

(c)

waarom die eerste en tweede respondente nie gesamentlik en afsonderlik beveel sal word om die koste van hierdie aansoek te betaal nie.'

MT Steyn Wn R

Op die keerdatum van hierdie bevel het albei respondent die bekragtiging van die bevel nisi betwis en gevra dat dit met koste opgehef word. Hulle beweer dat die onteiening regsgeldig is en inderwaarheid vir openbare doeleindes soos in die Onteieningswet beoog, geskied het.

A Uit die onbetwiste feite, wat ek geloofwaardig vind en dus aanvaar, blyk die volgende: Op Vrede is daar telekommunikasietoerusting en installasies wat deur die Departement van Pos- en Telegraafwese, hierna die Departement genoem, aangebring is, in stand gehou en uitgebrei word as deel van sy landswye telekommunikasienetwerk, wat telefoonen telegraafverbindings insluit.

B Wat die telefoondienste betref is daar in Vrede 'n telefoonsentrale wat die dorp en 'n groot deel van die distrik bedien. Op Roadside, in die Vrede-distrik, is daar 'n sub-stasie wat die res van die distrik bedien. Die tegniese bedieningsarea van Vrede is 'n gebied met 'n straal van ongeveer 35 myl om Vrede en Roadside. Daar is 1,010 myl C telefoonroetes in Vrede en distrik met altesame 1,111 telefoonhuurders, 749 in die dorp en 362 in die distrik. Vrede self het 40 draagkanale vir h?oflynaansluitings en Roadside vier.

Die instandhouding en uitbreiding deur die Departement van hierdie landswye telekommunikasienetwerk, waarvan die Vrede-area deel uitmaak, D is van die grootste belang vir die behoorlike funksionering van alle Regeringsaktiwiteite, en ook vir die besigheidsbedrywighede van die privaat-sektor van die bevolking en vir die indiwiduele landsburgers.

Dit is die Departement se plig om hierdie landswye telekommunikasienetwerk in stand te hou en om dit steeds uit te brei om tred te hou met die groeiende landsekonomie en bevolking. Daarvoor is dit noodsaaklik dat duisende geskikte tegnici deur die Departement in E diens geneem en in diens gehou word dwarsdeur die lengte en breedte van die Republiek en om hulle te stasioneer waar benodig. Nie net is werklik geskikte tegnici skaars nie, maar die Departement het uit ondervinding geleer dat, tensy hulle op die plek waar hulle benodig en derhalwe F gestasioneer word, behoorlike huisvesting teen 'n billike bedrag kan bekom, dit uiters moeilik is om die tegnici te oorreed om na die betrokke plek te verhuis, of om daar aan te bly. Dit is om hierdie redes die beleid van die Departement om op verskillende plekke ampswonings aan te skaf vir die behoorlike behuising van die betrokke tegnici en hulle gesinne. Hierdie wonings bly die eiendom van die Staat en is steeds G beskikbaar vir opeenvolgende tegnici wat na die betrokke plekke gestuur word. In 'n poging om soveel geskikte tegnici as moontlik te werf en in diens te hou waar benodig, word so 'n ampswoning aan 'n tegnikus deur die Staat verhuur teen 'n huurgeld gelykstaande aan 12½ persent van sy salaris, wat normaalweg heelwat laer is as die huurgeld wat vir H vergelykbare wonings op dieselfde plek deur die privaat-sektor van die bevolking betaal word.

'n Verdere voordeel verbonde aan die beskikbaarheid van so 'n ampswoning is dat daar nie 'n tussentydperk is waartydens 'n tegnikus wat na 'n bepaalde plek gestuur is moeilikheid kan ondervind om geskikte huisvesting te bekom nie want hy kan onmiddellik die ampswoning wat deur sy voorganger ontruim is, betrek.

In die dorp Vrede het die Departement drie tegnici gestasioneer omdat hulle dienste aldaar benodig word vir die instandhouding van die

MT Steyn Wn R

telekommunikasiedienste in die dorp en distrik. Een van hulle is 'n sekere van Jaarsveld, 'n telefoontegnikus in diens van die Departement, wat vanaf Tweeling na Vrede verplaas is op 1 November 1969. Hy is 'n A getroude man met twee jong skoolgaande kinders en verdien 'n salaris van R2,760 per jaar, d.w.s. R230 per maand. Hy het, omdat hy op Vrede gestasioneer is, 'n woonhuis in die dorp gehuur as verblyfplek vir hom en sy gesin teen 'n huurgeld van R36 per maand op 'n maand tot maand basis. Die ander twee tegnici wat alreeds op Vrede was het elkeen 'n woonhuis aldaar gekoop. Omdat hy te eniger tyd weer deur die Departement B verplaas kan word, wou van Jaarsveld nie 'n woonhuis koop nie tensy hy nie anders kon nie.

Van Jaarsveld was egter ontevrede met die huis wat hy gehuur het en het toe op aanbeveling van die streekdirekteur van Pos- en Telegraafwese vir die Oranje-Vrystaat vertoë tot die Departement gerig om van 'n C ampswoning voorsien te word. Van Jaarsveld sou geldelik daarby baat indien hy 'n ampswoning kon betrek want dan sou die huurgeld wat hy moes betaal slegs R28.75 per maand wees, synde 12½ persent van sy maandelikse salaris.

Na aanleiding van hierdie vertoë deur van Jaarsveld het die Departement besluit om 'n ampswoning, wat deur hom betrek sou word, in Vrede aan te D koop. Daar is toe gedurende Januarie 1970 deur die Departement met applikant onderhandel vir die aankoop van sy voormelde eiendom vir die gesegde doel. Op 29 Januarie 1970 het applikant 'n geskrewe opsie wat op 28 Februarie 1970 sou verval aan die Departemente verleen om sy eiendom vir die som van R8,300 aan te koop. Die Departement het, om redes wat E nie duidelik is nie, gesloer met die uitoefening van die opsie en uiteindelik het van Jaarsveld, wat desperaat geraak het om geskikte huisvesting vir hom en sy gesin te bekom, op 27 Februarie van applikant verneem of hy nie self die eiendom kon koop nie. Applikant het hom egter meegedeel dat die opsie nog van krag is en dat hy derhalwe nie kan toelaat dat van Jaarsveld die eiendom in sy private hoedanigheid koop F nie. Op dieselfde dag het 'n amptenaar van die Departement vir applikant telefonies meegedeel dat die Departement die eiendom gaan koop en dat 'die brief alreeds gepos is'. Niks verder is egter deur die applikant van departementsweë verneem nie en die opsie het verval omdat dit nie betyds deur die Departement uitgeoefen is nie.

G Teen die begin van Maart was van Jaarsveld onder die indruk dat die Departement wel applikant se eiendom as 'n ampswoning vir okkupasie deur hom sou aankoop en het hy dus aan die eienares van die huis wat hy gehuur het kennis gegee dat hy dit op 30 April 1970 sou ontruim.

H Op 10 Maart 1970 het applikant sy eiendom aan ene Ferreira verkoop nadat hy vir die plaaslike posmeester van sy voorneme om dit te doen verwittig het. Nadat die eiendom reeds aan Ferreira verkoop was, het daar 'n telefoniese gesprek plaasgevind tussen applikant en 'n seker Meyer, 'n senior klerk in diens van die Departement, waartydens daar 'n meningsverskil ontstaan het aangaande die vraag of die Departement die opsie uitgeoefen het of nie. Applikant se standpunt was dat die opsie verval het weens versuim om dit behoorlik uit te oefen en dat hy dus geregtig was om die eiendom aan iemand anders te verkoop.

MT Steyn Wn R

Van Jaarsveld het van applikant se standpunt verneem en het toe die Departement laat weet dat hy die huurhuis op 30 April 1970 moet ontruim, dat daar geen ander huisvesting vir hom en sy gesin in Vrede was nie behalwe die plaaslike hotel en dat hy nie in Vrede sou kon aanbly as hy nie geskikte huisvesting kon kry nie.

A Op 13 Maart het applikant 'n brief, gedateer 9 Maart 1970, van die Departement ontvang. Daarin word applikant verwitting dat die opsie deur die Department uitgeoefen is; maar applikant het by sy standpunt gebly dat die opsie inderdaad verval het. Nadat die Departement die saak verder oorweeg het, is besluit om te berus by applikant se standpunt en B om die betrokke eiendom te onteien as 'n departementele ampswoning omdat dit dringend as huisvesting vir van Jaarsveld benodig was. Die kennisgewing van onteiening is daarna op 23 Maart onderteken en...

Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI

Get Started for Free

Unlock full access with a free 7-day trial

Transform your legal research with vLex

  • Complete access to the largest collection of common law case law on one platform

  • Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues

  • Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options

  • Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions

  • Trusted by 2 million professionals including top global firms

  • Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

vLex

10 practice notes
  • Trope and Others v South African Reserve Bank
    • South Africa
    • 31 March 1993
    ... ... not meet the requirements of appealability set out in Zweni v Minister of Law and Order  1993 (1) SA 523 (A) and that it followed that the ... parte Minister of Justice: In re R v  D  Bolon 1941 AD 345; Fourie v Minister van Lande en 'n Ander  1970 (4) SA 165 (O); Van Heerden v ... ...
  • Substantive Adjudication of the Decision to Expropriate Property
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 May 2019
    ...on (Pty) Ltd v Minister of P ublic Works SCA 01-12-2011 case no 914/10 para 59.95 Para 50.96 See also Fourie v Min ister van Land e 1970 4 SA 165 (O); Admin istrator Trans vaal v J van Stre epen (Kempton Park) (P ty) Ltd 1990 4 SA 644 (A).SUBSTANTIVE ADJUDICATION TO EXPROPRIATE PROPERTY 457......
  • Suid-Afrikaanse Geneeskundige en Tandheelkundige Raad v Strauss en Andere
    • South Africa
    • 28 March 1991
    ... ... reeds aan hulle gegee is in vorige wetgewing deur die Howe, sien Fourie v Minister van Lande en 'n Ander  1970 (4) SA 165 (O) op 170H en Steyn ... ...
  • Strydom v Staatspresident, Republiek van Suid-Afrika, en 'n Ander
    • South Africa
    • 26 March 1987
    ... ... -in-Executive Committee 1973 (1) SA 873 (A) op 889A-D; SA Defence & Aid Fund v Minister of Justice 1967 (1) SA 263 (A) op 268 en 270. In die onderhawige geval is daar nie 'n uitdruklike ... are in the E interests of the community as a whole: Electricity Act ss 4(1)(a) and (b); Fourie vMinistervanLande en 'nAnder 1970 (4) SA 165 (0). The conduct or circumstances of an owner of ... ...
  • Get Started for Free
9 cases
  • Trope and Others v South African Reserve Bank
    • South Africa
    • 31 March 1993
    ... ... not meet the requirements of appealability set out in Zweni v Minister of Law and Order  1993 (1) SA 523 (A) and that it followed that the ... parte Minister of Justice: In re R v  D  Bolon 1941 AD 345; Fourie v Minister van Lande en 'n Ander  1970 (4) SA 165 (O); Van Heerden v ... ...
  • Suid-Afrikaanse Geneeskundige en Tandheelkundige Raad v Strauss en Andere
    • South Africa
    • 28 March 1991
    ... ... reeds aan hulle gegee is in vorige wetgewing deur die Howe, sien Fourie v Minister van Lande en 'n Ander  1970 (4) SA 165 (O) op 170H en Steyn ... ...
  • Strydom v Staatspresident, Republiek van Suid-Afrika, en 'n Ander
    • South Africa
    • 26 March 1987
    ... ... -in-Executive Committee 1973 (1) SA 873 (A) op 889A-D; SA Defence & Aid Fund v Minister of Justice 1967 (1) SA 263 (A) op 268 en 270. In die onderhawige geval is daar nie 'n uitdruklike ... are in the E interests of the community as a whole: Electricity Act ss 4(1)(a) and (b); Fourie vMinistervanLande en 'nAnder 1970 (4) SA 165 (0). The conduct or circumstances of an owner of ... ...
  • Mangope v Asmal and Another
    • South Africa
    • 30 April 1997
    ... ... Defamation — What is and what is not actionable — Cabinet Minister in speech at launch of government project  G  saying that ' ... you ... Botha en 'n Ander v Marais  1974 (1) SA 44 (A): dictum at 49F–H applied ... Burns v ... Fourie v Minister van Lande en 'n Ander  1970 (4) SA 165 (O): referred to ... ...
  • Get Started for Free
2 books & journal articles