Ex parte Die Minister van Justisie: In re S v Grotjohn
Jurisdiction | South Africa |
Judge | Steyn HR, Ogilvie Thompson AR, Rumpff AR, Jansen AR en Rabie Wn AR |
Judgment Date | 20 February 1970 |
Citation | 1970 (2) SA 355 (A) |
Hearing Date | 13 November 1969 |
Court | Appellate Division |
F Steyn, H.R.:
In die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling is Grotjohn vrygespreek op 'n aanklag van moord op sy eggenote. Die oorkonde van die getuienis is nie aan hierdie Hof voorgelê nie, maar luidens die uitspraak moet aanvaar word dat die oorledene selfmoord gepleeg het. Die G omstandighede was in kort die volgende: Die oorledene was gedeeltelik verlam en 'n manies depressiewe persoon. Haar huwelikslewe met Grotjohn het 'n uiters ongelukkige en gespanne stadium bereik en was naby breekpunt. Sy het hom huweliksregte weerhou, en kort voor die voorval het hy 'n intieme verhouding aangeknoop met 'n weduwee met wie hy dan H ook na die oorledene se dood getroud is. Op die betrokke dag was sy geweer, waarvan die kolf net agter die sneller afgebreek was, by 'n vriend, en op aandrang van die oorledene het hy dit laat haal. In haar teenwoordigheid het hy die geweer uitmekaar gehaal om vas te stel of die twee stukke aan mekaar vasgelym kon word. Om dit te doen, moes hy die snellerbeuel verwyder. As gevolg daarvan was die sneller na buite onbedek. Die oorledene het hom geblameer daarvoor dat die geweer stukkend is en wou weet of dit in daardie toestand nog kon skiet. Om aan haar te toon dat dit wel kon, het hy vanaf 'n balkon 'n skoot in die grond afgevuur. Daarna het 'n rusie oor die
Steyn HR
weduwee ontstaan, in die loop waarvan die oorledene woedend kwaad geword het en gesê het dat sy haarself gaan skiet. Grotjohn het toe 'n patroon elders in die woonstel gaan haal, die geweer in haar teenwoordigheid gelaai, terwyl sy op 'n lae rusbank gesit het, en dit aan haar oorhandig met die woorde:
A 'Skiet jouself dan as jy wil want jy is 'n las.'
Sy het die geweer met die een hand geneem, tussen haar voete op die vloer geplaas, gesê: 'Ek sal,' haar gesig so gedraai dat die loop na haar regteroog gewys het, en met die voet op die ontblote sneller getrap. Sy was feitlik onmiddellik dood.
B Die Verhoorhof het S v Gordon, 1962 (4) SA 727 (N), gevolg en Grotjohn onskuldig bevind. Die motivering blyk uit die volgende opmerkings:
'Die beskuldigde is normaalweg alleen aanspreeklik vir sy eie handelinge en nie vir die handelinge van iemand anders nie. In die onderhawige geval was dit nie sy handeling om die gelaaide geweer aan die oorledene te oorhandig wat haar dood veroorsaak het nie, maar haar eie C selfstandige en vrywillige handeling om die geweer af te vuur . . . Waar selfmoord bowedien nie 'n misdaad in ons reg is nie, kan aansetting of aansporing tot selfmoord ook nie 'n misdaad wees nie omdat die wederregtelikheidselement ontbreek.'
Na aanleiding van hierdie uitspraak en die Gordon-saak, het die Minister ingevolge art. 385 van die Strafproseswet, 56 van 1955, die volgende vrae aan hierdie Hof vir beslissing voorgelê:
D Pleeg 'n persoon wat 'n ander aanmoedig, help of in staat stel om hom- of haarself om die lewe te bring, 'n misdaad?
Indien wel, welke misdaad?'
Om op hierdie vrae te kan antwoord, is dit nodig om allereers te bepaal of selfmoord 'n misdaad is. In die Romeinse reg skyn dit as sodanig nie E strafbaar te gewees het nie. Met verwysing selfs na 'n slaaf wat homself gewond of omgebring het, word in Dig., 15.1.9.7, gesê dat dit hom vrystaan om sy eie liggaam geweld aan te doen. 'n Slaaf word volgens Dig., 29.5.1.22, gestraf as hy, terwyl hy in staat is om dit te doen, nie verhinder dat sy heer selfmoord pleeg nie, maar dit is nie uit F hoofde van aandadigheid aan sy heer se misdaad nie, maar uit ander oorwegings. Hy is nl. ook strafbaar as hy nie iemand anders verhinder om sy heer om die lewe te bring nie. Selfmoord was egter nie sonder regsgevolge nie. Iemand wat, terwyl hy aangekla staan van 'n misdaad waarop die doodstraf of verbanning sou volg, uit vrees vir die aanklag selfmoord pleeg, het geen erfgenaam nie. Sy goed word gekonfiskeer, nie G omdat die daad misdadig is nie, maar omdat so 'n geval behandel is asof die dader deur sy daad skuld op die aanklag beken het. Konfiskasie word dan ook beperk tot die geval waar die dader by 'n misdaad van so 'n aard betrokke was dat hy sy goed by skuldigbevinding sou verloor. Pleeg iemand selfmoord uit lewensmoegheid, omdat hy sy lyding nie kan dra nie, H uit skaamte vir sy skuld of om 'n ander oorsaak, dan het hy wel 'n erfgenaam. Slaan hy egter sonder so 'n rede sy hand aan sy lewe sonder om die daad te voltrek, dan is hy strafbaar, want, so word gesê, hy wat homself nie ontsien nie, sal 'n ander nog veel minder ontsien. Of dit ook van toepassing is op 'n aangeklaagde wat handel uit vrees onder die reeds genoemde omstandighede, is nie duidelik nie. (Dig., 21.1.43.4; 29.5.1.23; 48.21.3; 49.14.45.2). Vir 'n soldaat geld 'n spesiale reëling. Indien hy homself verwond of op ander wyse die dood op die hals probeer haal, dan word hy, vir die geval dat hy uit
Steyn HR
ondraaglike pyn of smart, lewensmoegheid, krankheid, raserny of skaamte die dood verkies het, nie gestraf nie maar met skande ontslaan. By ontstentenis van so 'n verskoning, word hy met die dood gestraf. (Dig., A 49.16.6.7). Uit die gevalle van onvoltooide selfmoord, of van versuim om selfmoord te verhinder, wat onder strafbedreiging gestaan het, blyk dit, ook met die oog op wat oor ander gevalle gesê word, nie dat die straf daardeur te verklaar is dat selfmoord as sodanig as 'n misdaad beskou is nie. Die motivering of onderliggende rede toon geen duidelike verband met so 'n misdaad nie.
B Die voorskrifte van die Romeinse reg het in sommige opsigte by ons ou skrywers naklank gevind, maar selfmoord is in 'n veel ernstiger lig beskou. Matthaeus, De Criminibus, 48.5.1.10 en 11, wys daarop dat die Romeinsregtelike benadering onder invloed van die stoïsynse wysbegeerte gestaan het en in stryd is met die Christelike lewensbeskouing. Hy C verwerp alle verskonings vir selfmoord. Wie ook al, ditsy uit bewustheid van 'n gruweldaad, weerspannigheid teen die Skepper of dergelike oorsaak, met bedagte goddeloosheid en opsetlik sy hand aan homself slaan, hy moet, so meen Matthaeus, met die swaard gestraf word. Word hy egter deur skielike smart of pyn of skaamte sonder voorbedagtheid tot D die skanddaad gedryf, moet hy sagter gestraf word. Kom hy te sterwe voordat hy gestraf kan word, moet hy op 'n horde gesleep of sy lyk 'n ander smaad aangedoen word, sodat ander deur die skande van sy gebeente van so 'n bose daad afgeskrik word. Hy loof die gewoonte van sy tyd om die lyk aan 'n mik te hang en later onder die galg te begrawe. Om nie te straf nie of lig te straf, sou lyk na uitnodiging tot selfmoord.
E Damhouder, Practycke in Criminele Saken, Cap. 88, verwys ook na die gewoonte om die lyk smaad aan te doen, om welke rede ook al die selfmoord gepleeg is, en noem in dieselfde verband...
To continue reading
Request your trial-
2011 index
...378, 379Minister van Justisie: In re v Grotjohn, Ex parte die 1970 (2) SA 355 (A) ......................................................................................................... 358Mkhize v S [2011] JOL 26973 (KZP) ..................................................... 201-202Moham......
-
2018 index
...131S v Greef 2014 (1) SACR 74 (WCC) ..................................................... 104S v Grotjohn 1970 (2) SA 355 (A) ....................................................... 74S v Halgryn 2002 (2) SACR 211 (SCA) ................................................ 268S v Harker 2004 (2)......
-
2017 index
...131S v Greef 2014 (1) SACR 74 (WCC) ..................................................... 104S v Grotjohn 1970 (2) SA 355 (A) ....................................................... 74S v Halgryn 2002 (2) SACR 211 (SCA) ................................................ 268S v Harker 2004 (2)......
-
Stransham-Ford v Minister of Justice and Correctional Services and Others
...[54] appliedClarke v Hurst NO and Others 1992 (4) SA 630 (D): discussed and appliedEx parte Minister van Justisie: In re S v Grotjohn 1970 (2) SA 355 (A):referred toGlenister v President of the Republic of South Africa and Others 2011 (3) SA347 (CC) (2011 (7) BCLR 651; [2011] ZACC 6): refer......
-
Stransham-Ford v Minister of Justice and Correctional Services and Others
...[54] appliedClarke v Hurst NO and Others 1992 (4) SA 630 (D): discussed and appliedEx parte Minister van Justisie: In re S v Grotjohn 1970 (2) SA 355 (A):referred toGlenister v President of the Republic of South Africa and Others 2011 (3) SA347 (CC) (2011 (7) BCLR 651; [2011] ZACC 6): refer......
-
De Klerk v Minister of Police
...Others 2016 (3) SA 580 (CC) ([2016] ZACC 11; 2016 (5) BCLR 618): referred to Ex parte Die Minister van Justisie: In re S v Grotjohn 1970 (2) SA 355 (A): referred to F v Minister of Safety and Security and Others 2012 (1) SA 536 (CC) (2012 (3) BCLR 244; [2011] ZACC 37): referred to Fourway H......
-
S v Mokgethi en Andere
...Others 1969 (1) SA 153 (A); S v Snyman 1987 (2) SA 620 (A). W R Malan namens die Staat het na die volgende gesag verwys: S v Grotjohn 1970 (2) SA 355 (A); S v Daniëls en 'n Ander 1983 (3) SA 275 (A); C S v van As en 'n Ander 1967 (4) SA 594 (A); R v Loubser 1953 (2) PH H190 (W); Hunt en Mil......
-
Minister of Justice and Others v Estate Stransham-Ford
...(Pty) Ltd 2012 (1) SA 256 (CC) (2012 (3) BCLR 219; [2011] ZACC 30): referred to Ex parte Die Minister van Justisie: In re S v Grotjohn 1970 (2) SA 355 (A): considered C Executors of Meyer v Gericke 1880 Foord 14: referred Fischer and Another v Ramahlele and Others 2014 (4) SA 614 (SCA) ([20......
-
2011 index
...378, 379Minister van Justisie: In re v Grotjohn, Ex parte die 1970 (2) SA 355 (A) ......................................................................................................... 358Mkhize v S [2011] JOL 26973 (KZP) ..................................................... 201-202Moham......
-
2018 index
...131S v Greef 2014 (1) SACR 74 (WCC) ..................................................... 104S v Grotjohn 1970 (2) SA 355 (A) ....................................................... 74S v Halgryn 2002 (2) SACR 211 (SCA) ................................................ 268S v Harker 2004 (2)......
-
2017 index
...131S v Greef 2014 (1) SACR 74 (WCC) ..................................................... 104S v Grotjohn 1970 (2) SA 355 (A) ....................................................... 74S v Halgryn 2002 (2) SACR 211 (SCA) ................................................ 268S v Harker 2004 (2)......
-
Medical negligence as a causative factor in South African criminal law: Novus actus interveniens or mere misadventure?
...86. 6 S v Daniels supra (n3) at 275.7 Compare R v Mubila 1956 (1) SA 31 (SR).8 Compare S v Loubser 1953 (2) PH H190 (W).9 S v Grotjohn 1970 (2) SA 355 (A); S v Williams 1986 (4) SA 1188 (A); S v Tembani 1999 (1) SACR 192 (W); S v Ramosunya 2000 (2) SACR 257 (T); S v Counter supra (n3).10 Se......