Die Aard en Indeling van Kontrakbreuk
Jurisdiction | South Africa |
Pages | 309-322 |
Citation | (2016) 27 Stell LR 309 |
Author | MFB Reinecke |
Published date | 27 May 2019 |
Date | 27 May 2019 |
DIE AARD EN INDELING VAN KONTRAKBREUK
MFB Reinecke
BA LLB
Emeritus Professor, Universiteit van Johannesburg
1 Inleiding
Dit is aangenaam om na aanleiding van Gerhard Lubbe se aftrede
as hoogleraar, verbonde aan die Regsfakulteit van die Universiteit van
Stellenbosch, waarderi ng uit te spreek vir sy besondere bydrae tot die
kontraktereg. Hy het uitnemend voortgebou op die tradisie van sy beroemde
voorganger, professor JC de Wet. Uit sy bydrae tot die boek Farlam &
Hathaway Contract,1 en sy verskeie artikels soos The Assessment of Loss
upon Cancellation for Breach of Contract2 blyk dit dat hy sterk sta an op
beginsels en dat hy ru imskoots van historiese en regsvergelykende metodes
gebruik maa k. Sy gevolgtrekkings get uig van insig en oorspron klikheid, en
is stewig geskoei op die grondbegin sels van ons reg en die waardes wat in die
Grondwet van die Republiek va n Suid-Afrika, 1996 (“Grondwet”) verska ns
is. Werk van dié gehalte verleen status aan d ie regswetenskap!
2 Die aard en vereistes van kontrakb reuk
Volgens die navorsing van Naude, word daar in Europese regskr inge
wegbeweeg van ’n gesplete (ssured) beg rip van kontrakbreuk en word
meer klem geplaas op kontrakbreuk as ’n eenheidsbegr ip (unitary concept),
byvoorbeeld deur kortweg te praat van “non-performance.”3 Dit laat
enersyds die vraag ontstaan of daar vir doeleindes van die Suid-Afr ikaanse
reg ’n werkbare algemene omskryw ing van kontrakbreu k is of geformuleer
kan word, en andersyds of volstaan kan word met ’n eenheidsbegrip van
kontrakbreuk sonder om kontr akbreuk in versk illende kategorieë in te deel.
Dit verg nadenke oor die aard en vereistes van kontrakbreu k. Daar dien op
gelet te word d at denisies en indeling van regsreëls tot ’n groot mate die
taak van die regswetensk ap is. Die indeling van kontrakbreuk in verskillend e
verskyningsvor me is denkpatrone om die regsreëls te verstaan en toe te pas,
en is nie op sigself bindende regsreëls nie, tensy d aar regsgevolge aan ’n
bepaalde indeling geheg word. Vandaar dat men ings oor die sistematiek van
kontrakbreuk kan uiteenloop, en verskillende modelle voorgehou word. Die
beste sisteem is uitera ard ’n sisteem wat al die reëls van die positiewe reg
akkommodeer.
1 GF Lubbe & CM Murray Farl am and Hatha way Contrac t: Cases, Mater ials and Comme ntary 3 uitg
(1988).
2 G Lubbe “The Assessme nt of Loss upon Cancella tion for Breach of Contra ct” (1984) 101 SALJ 616.
3 T Naude “The Typology of Breach of Con tract: JC De Wet’s Contribution i n Comparative Perspec tive”
in J Du Ple ssis & G Lubbe (red s) ’n Man van Beginsel - Die Le we en Nalatenskap va n JC de Wet (2013)
275 e v.
309
(2016) 27 Stell LR 309
© Juta and Company (Pty) Ltd
To continue reading
Request your trial