Constantia Versekeringsmaatskappy Bpk v Victor NO
Jurisdiction | South Africa |
Judge | Rabie HR, Joubert AR, Hoexter AR, Botha AR en Nicholas Wn AR |
Judgment Date | 29 November 1985 |
Citation | 1986 (1) SA 601 (A) |
Hearing Date | 08 November 1985 |
Court | Appellate Division |
Rabie HR:
Dit is 'n appèl teen die uitspraak en bevel van A FRIEDMAN R in die saak Victor NO v Constantia Insurance Co Ltd 1985 (1) SA 118 (K). Die vraag waarom dit gaan, is die regsgeldigheid van die verweer wat appellant in die Hof a quo geopper het teen die eis wat respondent ten behoewe van sy B aangenome minderjarige seun, Joachim Victor, ingestel het.
Die feite van die saak en die geskilpunte tussen die partye is by 'n samespreking ingevolge Hofreël 37 soos volg genotuleer:
Verweerder erken dat die bestuurder van sy versekerde se motorvoertuig, ene Nicolaas Klaas, nalatig was en die C ongeluk op 3 November 1978 veroorsaak het.
Verweerder erken dat hy ten tyde van die ongeluk op risiko was en verplig was om die eiser skadeloos te stel vir hospitaalkoste, mediese koste aangegaan, sowel as toekomstige mediese koste en algemene skade gely as gevolg van die ongeluk, sowel as verlies aan onderhoud tot datum van sy aanneming.
Die partye het ooreengekom dat die eiser skade gely het in die volgende bedrae:
3.1
Hospitaalkoste D |
R 918,75 |
3.2
Mediese koste |
R 881,30 |
3.3
Geraamde toekomstige mediese koste |
R 2 080,00 |
3.4
Algemene skadevergoeding |
R 8 000,00 |
Verlies aan onderhoud tot datum van sy aannemingop 26 Februarie 1979. |
R 275,00 |
R12 155,05 |
Die enigste geskilpunt tussen die partye is die kwessie of die eiser geregtig is op 'n eis vir verlies aan onderhoud na datum van aanneming, in die lig van die hiernavermelde feite wat deur beide partye erken word:
Dat die kind vir sy lewensbehoeftes geheel en al afhanklik was van die onderhoud van sy natuurlike ouers.
Dat sy natuurlike ouers oorlede is as gevolg van die F bogemelde ongeluk op 3 November 1978.
Dat die minderjarige kind op 26 Februarie 1979 deur die eiser aangeneem is ingevolge die bepalings van die Kinderwet 33 van 1960.
Dat die onderhoud wat die kind van die eiser sal ontvang, nie minder is nie as die onderhoud wat hy van sy natuurlike ouers sou ontvang het.
Die partye kom ooreen dat die eiser ten opsigte van die eis G vir verlies van onderhoud op die toekenning van 'n bedrag van R16 000 geregtig sal wees indien die regsvraag in die voorgaande paragraaf in die eiser se guns beslis sou word."
Die Verhoorregter het die regsvraag ten gunste van die eiser in die saak (nou respondent) beslis. (Kyk 126 in fine van die Hofverslag.) Die appèl geskied met die verlof van die H Verhoorhof.
Dit is erkende reg dat 'n minderjarige kind 'n eis weens verlies aan onderhoud het indien sy vader, deur wie hy onderhou was en onderhou sou gewees het as hy nie gedood is nie, onregmatig gedood word. Kyk bv Jameson's Minors v Central South African Railways 1908 TS 575 op 583 - 585; Union Government I (Minister of Railways) v Lee 1927 AD 202 op 220 - 222; Legal Insurance Co Ltd v Botes 1963 (1) SA 608 (A) op 614E - F. By die bepaling van vergoeding weens verlies aan onderhoud, probeer die Hof die kind in die posisie plaas waarin hy sou gewees het as sy vader nie gesterf het nie. (Kyk Legal Insurance Co Ltd v Botes (supra op 614E); Hulley v Cox 1923 AD 234 op 243 - 244.) Ingevolge die bepalings van art 21 (1) van J die Wet op Verpligte Motorvoertuigversekering 56 van
Rabie HR
A 1972 is appellant verplig om die aangenome seun (hierna "Joachim" genoem) te "vergoed" vir "verlies of skade" wat hy as gevolg van die dood van sy ouers gely het.
Appellant betoog nie dat Joachim se aanneming op 26 Februarie 1979 per se 'n einde gemaak het aan sy reg om vergoeding weens B verlies aan onderhoud vir die tydperk ná daardie datum te eis nie. So 'n betoog sou ook ongegrond wees. Artikel 74 (2) van die Kinderwet 33 van 1960, wat bepaal dat'n aangenome kind "vir alle doeleindes hoegenaamd regtens geag (word) die wettige kind van die aannemende ouer te wees", bring mee dat die persoon wat'n kind aanneem regtens verplig is om hom te onderhou net asof hy die natuurlike ouer van die kind is, maar C dit hou nie in dat die kind die reg om vergoeding te eis wat hy met die dood van sy natuurlike vader verkry het, verloor nie. Appellant se betoog is dat daar by die berekening van die vergoeding waarop Joachim geregtig is, gesorg moet word dat hy nie in 'n beter posisie geplaas word as waarin hy sou gewees het as sy ouers nie gesterf het nie; dat daar dus rekening D gehou moet word met alle voordele wat Joachim as gevolg van die dood van sy ouers verkry het; dat hy vanweë sy aanneming 'n nuwe bron van onderhoud verkry het, en dat aangesien hierdie onderhoud net soveel sal wees as dié wat hy van sy natuurlike ouers sou ontvang het, sy vergoeding vir onderhoud vir die tydperk ná 26 Februarie 1979 tot nul verminder moet word. Die E betoog lui dat indien die bedrag van R16 000 aan Joachim betaal sou word, hy dubbeld vergoed sal word vir die verlies wat hy gely het.
Met die voordrag van hierdie betoog het appellant se advokaat sterk gesteun op die feit dat, wanneer ons Howe bepaal welke vergoeding daar weens verlies aan...
To continue reading
Request your trial-
General Accident Insurance Co SA Ltd v Summers; Southern Versekeringsassosiasie Bpk v Carstens NO; General Accident Insurance Co SA Ltd v Nhlumayo
...(Pty) Ltd 1975 (2) SA 420 (A) at 429F; Victor NO v Constantia Insurance Co Ltd 1985 (1) SA 118 (C) at 120E H (confirmed on appeal: 1986 (1) SA 601 (A)). The finding also ignores the line of authority referred to above. It is accepted that this rule is subject to the qualification that, in r......
-
Ongevallekommissaris v Santam Bpk
...559 (A): oorweeg/considered E Blower v Van Noorden 1909 TS 890: oorweeg/considered Constantia Versekeringsmaatskappy Bpk v Vu:tor NO 1986 (1) SA 601 (A): redenasie op 616A-B toegepas/reasoning at 616A-B applied Curwen v James and Others [1963] 2 All ER 619 (CA): dictum op/at 622F-H toegepas......
-
Guardian National Insurance Co Ltd v Van Gool NO
...795 (E) at 798H-799A; Evins v Shield Insurance Co Ltd 1980 (2) SA 814 (A) at 841E-H; Constantia Versekeringsmaatskappy Bpk v Victor NO 1986 (1) SA 601 (A) at 612J-613C; Union Government (Minister of Railways and Harbours) v Warneke 1911 AD 657 at D H Soggot SC for the respondent referred to......
-
Santam Insurance Ltd v Meredith
...reduced or affected because of a possibility or even the fact of his adoption (see Constantia Versekeringsmaatskappy Bpk v Victor NO 1986 (1) SA 601 (A)). F There are, however, a great many decisions, not always reconcilable with each other, concerning deductions which can be made by reason......