Comment: Strafregtelike beskerming van gevangenes teen seksuele misbruik van hulle gesagsondergeskikte status

JurisdictionSouth Africa
Published date24 May 2019
Date24 May 2019
Pages99-105
AuthorJMT Labuschagne
Citation(2000) 13 SACJ 99
COMMENTS • AANTEKENINGE
Strafregtelike beskerming van
gevangenes teen seksuele misbruik
van hulle gesagsondergeskikte status
JMT LABUSCHAGNE
Universiteit van Pretoria
1 Inleiding
In 'n saak wat op 29 September 1998
(NStZ
1999, 29) voor die
Bundesgerichtshof (BGH)
in Duitsland gedien het, is die beskuldigde, A, 'n
verpleegsuster in die siekeboeg van die gevangenis, op onder andere 13
klagtes van seksuele misbruik van (jeugdige) gevangenes voor die
Landgericht to Halle aangekla en skuldig bevind. Sy is tot 'n gesamentlike
gevangenisstraf van 2 jaar gevonnis wat opgeskort is. Sy beroep haar in finale
instansie op die
BGH.
Teen die agtergrond van die beslissing van laas
genoemde hof in die saak word die vraag na die beskerming van gevangenes
teen seksuele misbruik van hulle mags- of gesagsondergeskikte status en
afhanklikheidsposisie teenoor gevangenispersoneel en ander magheb-
bendes onder die loep geneem.
2 Historiese agtergrond
Die moderne status van die gevangene kan nie sonder 'n terugblik op die
geskiedenis na behore begryp word nie. Hy was aanvanklik beskou as
'n uitgeworpene wat op geen genade en regte aanspraak kon maak nie.
GB Shaw
(The Crime of Imprisonment (1969)
105 aangehaal deur L Els
Gevangenisstraf in die Suid-Afrikaanse Strafreg
LLD (UP) (1990) 7) se die
volgende oor die 'misdadige tipe' in die verband:
'At first a criminal was supposed to be a beetle-browed, bulldog-jawed person for
whom no treatment could be too bad.'
Die vroegste wyses van gevangehouding van 'n persoon het bloot fisiese
detensie ten doel gehad. Vir hierdie wyses van gevangehouding en
vryheidsontneming is, byvoorbeeld, benut 'n kuil, 'n ingeplante paal
99
(2000) 13 SACJ 99
© Juta and Company (Pty) Ltd

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT