Buren Uitgewers (Edms) Bpk en 'n Ander v Raad van Beheer oor Publikasies

JurisdictionSouth Africa
JudgeVan Wyk RP, Diemont R and Steyn R
Judgment Date01 October 1974
Citation1975 (1) SA 379 (C)
CourtCape Provincial Division

Van Wyk, R.P.:

Die vraag wat deur hierdie appèl geopper word is of die boek Kennis van die Aand ' n ongewenste publikasie is ingevolge die bepalings van die Wet op Publikasies en D Vermaaklikhede, 26 van 1963.

Gemelde boek is geskryf deur die tweede appellant en uitgegee deur die eerste appellant.

Art. 14 van gemelde Wet magtig hierdie Hof om die betrokke saak te ondersoek en te oorweeg en dit kan die beslissing van die E respondent bevestig, wysig of tersyde stel, of so 'n ander beslissing gee as wat die respondent na sy oordeel moes gegee het. Dit is gemene saak dat hierdie Hof by sy ondersoek nie beperk is tot die gronde wat deur die betrokke partye geopper is nie.

Art. 1 van die Wet bepaal dat die woord "ongewens", tensy uit F die samehang anders blyk, beteken "ongewens binne die bedoeling van sub-art. (2) van art. 5".

Die tersaaklike bepalings van arts. 5 en 6 van gemelde Wet is soos volg:

"5 (1) (a)

Niemand mag -

'n Ongewenste publikasie of voorwerp druk, uitgee, G vervaardig, maak of voortbring nie;

5 (2)

'n publikasie of voorwerp word geag ongewens te wees indien dit of 'n deel daarvan

(a)

onbetaamlik of onwelvoeglik is of vir die openbare sedes aanstootlik of skadelik is;

(b)

godslasterlik is of vir die godsdienstige oortuigings of gevoelens van enige bevolkingsdeel van die Republiek aanstootlik is;

(c)

enige bevolkingsdeel van die H Republiek belaglik of veragtelik maak;

(d)

vir die betrekkinge tussen enige bevolkingsdele van die Republiek skadelik is;

Van Wyk RP

(e)

vir die veiligheid van die Staat, die algemene welsyn of die vrede en goeie orde nadelig is.

6 (1)

Indien by 'n regsgeding ingevolge hierdie Wet die vraag ontstaan of enige stof onbetaamlik of onwelvoeglik of vir die openbare sedes aanstootlik of skadelik is word daardie stof geag

(a)

onbetaamlik of onwelvoeglik A te wees indien dit na die oordeel van die hof die strekking het om die gedagtes van persone wat waarskynlik aan die uitwerking of invloed daarvan blootgestel sal word, te verderf of te laat ontaard; of

(b)

vir die openbare sedes aanstootlik te wees indien dit na die oordeel van die hof waarskynlik skokkend of walglik sal wees vir persone wat dit waarskynlik sal lees of sien; of B

(c)

vir die openbare sedes skadelik te wees indien dit na die oordeel van die hof op onbetaamlike wyse handel met moord, selfmoord, die dood, grusaamheid, wreedheid, bakleiery, rusie, mishandeling, wetteloosheid, rampokkery, roof, misdaad, die tegniek van misdaad en misdadigers, drinkery, dronkenskap, handel in of verslaafdheid aan verdowingsmiddels, smokkelary, geslagsverkeer, prostitusie, promiskuïteit, blanke slavinnehandel, losbandigheid, C wellus, hartstogtelike liefdestonele, homoseksualiteit, seksuele aanranding, verkragtig, sodomie, masochisme, sadisme, seksuele bestialiteit, vrugafdrywing, geslagsverandering, naglewe, liggaamlike houdinge, naaktheid, skamele of ontoereikende kleding, egskeiding, huweliksontrouheid, owerspel, buite-egtlikheid, menselike of maatskaplike afwyking of ontaarding, of 'n ander soortgelyke of verwante verskynsel; of

(d)

onbetaamlik of onwelvoeglik of vir D die openbare sedes aanstootlik of skadelik te wees indien dit na die oordeel van die hof op enige ander wyse die sedes ondermyn."

Die vermoedens van art. 5 behels klaarblyklik die volle betekenis van die woord "ongewens". Die bepalings van art. 6 skep onweerlegbare presumpsies, maar hierdie bepalings is klaarblyklik nie bedoel om enigiets wat deur die gewone E betekenis van die woorde "onbetaamlik of onwelvoeglik of vir die openbare sedes aanstootlik of skadelik" gedek word, en nie op enige wyse deur gemelde ag-bepalings uitgesluit word nie, in te kort nie. In die minderheidsuitspraak in Chotabhai v Union Government (Minister of Justice) and Registrar of Asiatics, 1911 A. D. 13, is wel in verband met die uitleg van die F bepaalde artikel waarmee daardie Hof gemoeid was, bevind dat "'deemed' must be here taken in its general sense as meaning 'considered' or 'regarded'", en dat die ag-bepalings inderdaad 'n volledige omskrywing van die betrokke woorde was. Die meerderheid het egter beslis dat die gebruik van die woord G "deemed" aandui dat wat geag word nie noodwendig alles omskryf wat miskien deur die betrokke woord behels word nie. Die feit dat in art. 1 die agbepalings van art. 5 tot 'n definisie omgeskep word, maar nie die bepalings van art. 6 nie, laat geen twyfel in hierdie geval nie. Dit is opvallend dat die bepalings van art. 5 algemeen van aard is, en dus beide die H Publikasieraad en die Hof bind, terwyl art. 6 slegs aan die Hof gerig is. Dit spreek van self dat die Publikasieraad die bepalings van art. 6 in gedagte sal hou, veral in gevalle waar 'n appèl moontlik is.

Die regskrag van die vermoedens is om in baie opsigte die gewone betekenis van die woord "ongewens" uit te brei, en die Hof aan bande te lê sodat dit in baie opsigte nie sy eie beskouings oor wat ongewens is, volgens die gewone betekenis van die woord, mag toepas nie. 'n Regter mag bv. van mening wees dat 'n romanskrywer vry moet wees om

Van Wyk RP

te skryf soos hy wil, al is wat hy skryf aanstootlik vir die godsdienstige gevoelens van 'n bevolkingsdeel, of al maak hy 'n bevolkingsdeel belaglik of veragtelik, of al handel dit volgens sy mening op 'n onbetaamlike wyse met geslagsverkeer ens., maar hy durf nie sy eie beskouings oor wat in sulke gevalle A toegelaat behoort te word, te laat geld ten koste van die bepalings van die Wet nie. Wat die Regter wel mag doen, is om, in soverre die reëls van uitleg dit toelaat, die bepalings van die Wet ten gunste van vryheid van publikasie te vertolk. Om daardie rede sal hy die gevoelens van lesers of lede van groepe wat preuts is, buite rekening laat.

Dit sal opgemerk word dat art. 5 (2) (a) vier aparte gronde B bevat waarop 'n publikasie "ongewens" verklaar kan word, nl. indien dit (1) onbetaamlik is (Engels "indecent"), (2) onwelvoeglik is (Engels "obscene"), (3) aanstootlik (Engels "offensive") vir die openbare sedes is, en (4) skadelik (Engels "harmful") vir die openbare sedes is. In art. 6 word bepaal in C welke gevalle een of meer van gemelde gronde in 'n hofgeding geag word om te bestaan. Hierdie artikel handel nie alleen met publikasies of voorwerpe nie, maar ook o. m. met openbare vermaaklikhede (kyk art. 12) en om daardie rede word die woord "stof" daarin gebruik. Art. 6 (1) (a) bepaal dat "stof" onbetaamlik of onwelvoeglik geag word indien dit die strekking D ("tendency") het om die gedagtes van persone wat

"waarskynlik aan die uitwerking of invloed daarvan blootgestel sal word te verderf of te laat ontaard".

Klaarblyklik het die Wetgewer hier nie net die moontlike uitwerking van 'n publikasie op die lesers in gedagte gehad nie, maar ook persone wie se gedagtes indirek aan die invloed E van die boek blootgestel kan word. 'n Mens kan maklik voorbeelde van sodanige indirekte beïnvloeding bedink soos bv. waar die inhoud van dele van 'n boek aan andere voorgelees word of oorvertel word. Hierdie artikel dui duidelik aan dat die Wetgewer bedoel het dat ook o. a. lesers wie se gedagtes kan verderf of ontaard as gevolg van die lees van 'n boek in ag F geneem moet word deur die Hof by die toepassing van hierdie sub-artikel. Hierdie subartikel vereis ook nie dat dit inderdaad die gedagtes van lesers sal bederf nie, dit is voldoende as die publikasie sodanige "strekking" het. In art. 6 (1) (b) word o. m. 'n publikasie geag aanstootlik vir die openbare sedes te wees indien dit waarskynlik skokkend of G walglik sal wees "vir persone wat dit waarskynlik sal lees." Vir doeleindes van hierdie sub-artikel word dus ondersoek ingestel i. v m. wat die waarskynlike reaksie van die waarskynlike lesers sal wees. Vir daardie doel moet vasgestel word wie die waarskynlike lesers is, en wat hulle waarskynlike gevoel sal wees.

In art. 6 (1) (c) word gehandel met die vierde grond wat in H art. 5 (2) (a) gemeld word, nl. "skadelik vir die openbare sedes." Hier word nie na waarskynlike lesers verwys nie. Wat hierdie sub-artikel betref is die toets bloot of na die oordeel van die Hof op onbetaamlike (Engels "improper") wyse gehandel word met enige van die onderwerpe wat daarin gemeld word, soos bv. moord, dronkenskap, geslagsverkeer, losbandigheid, wellus, sadisme.

In Publications Control Board v Republican Publications (Pty.) Ltd.,

Van Wyk RP

1972 (1) SA 288 (AA) te bl. 296, het Hoofregter OGILVIE THOMPSON tereg opgemerk toe hy met art. 6 (1) (c) gehandel het:

"In terms of the statute, the ultimate criterion is, however, the opinion of the Court."

Dit is wel waar dat die Hoofregter nie 'n duidelike onderskeid A tussen die verskillende sub-artikels getrek het nie. Die regsvraag wat vervolgens behandel word is, sover vasgestel kon word, nie in gemelde saak of enige ander saak beredeneer of behandel nie.

Mnr. Grosskopf, wat namens die appellante verskyn het, het betoog dat woorde min of meer as volg na "handel" in sub-art. 6 B (1) (c) ingelees moet word: "gelet op die persone wat dit waarskynlik sal sien of lees." Sy eerste rede is dat dit nie moontlik is vir 'n Hof om 'n mening te vorm of stof op onbetaamlike wyse handel met een of meer van die onderwerpe wat in die sub-artikel voorkom sonder om te weet wie die persone is C wat waarskynlik die stof sal lees of sien nie. Hierdie betoog gaan nie op nie om die volgende redes: As die Wetgewer bedoel het om so 'n bepaling ook in art. 6 (1) (c) in te voeg sou hy dit gedoen het, soos wel gedoen is met die bepalings in die onmiddellik voorafgaande subarts. 6 (1) (a) en 6 (1) (b). Daar is in alle gevalle geen noodsaaklikheid om gemelde woorde by D wyse van implikasie in te lees nie, want 'n mens het geen probleem om aan die artikel soos dit staan, 'n redelike betekenis te gee nie. Na my mening was die bedoeling van die Wetgewer juis dat, al...

Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI

Get Started for Free

Unlock full access with a free 7-day trial

Transform your legal research with vLex

  • Complete access to the largest collection of common law case law on one platform

  • Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues

  • Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options

  • Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions

  • Trusted by 2 million professionals including top global firms

  • Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

vLex

10 practice notes
  • Catholic Bishops Publishing Co v State President and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...at 319I - 320A; Omar v Minister of Law and Order 1987 (3) SA 859 (A) at 908E - F; Buren Uitgewers v Raad van Beheer oor Publikasies 1975 (1) SA 379 (C) at C 387A - B. As to the validity of reg 7A(1)(a) (i), (iv) and (v), see Kruse v Johnson [1898] 2 QB 91; The Master v I L Back & Co Ltd 198......
  • Argus Printing and Publishing Co Ltd v Inkatha Freedom Party
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Heinemann H Ltd and Others 1965 (4) SA 137 (A) at 160F-G; Buren Uitgewers (Edms) Bpk en 'n Ander v Raad van Beheer oor Publikasies 1975 (1) SA 379 (C) at 402H-403A; S v Mbiline and Another 1978 (3) SA 131 (E) at 140H; United Democratic Front and Another v Acting Chief Magistrate, Johannesbu......
  • Anchor Publishing Co (Pty) Ltd and Another v Publications Appeal Board
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of earlier legislation on the topic was so construed in Buren Uitgewers (Edms) Bpk en 'n Ander v Raad van Beheer oor Publikasies 1975 (1) SA 379 (C) (at 382D - E), and the current one I interpret likewise. A good deal of energy has been spent over the years, in this J country and elsewhere,......
  • Publications Control Board v Central News Agency Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(Pty.) Ltd., 1972 (1) SA 288 (AD) at p. 296B - D; Buren Uitgewers (Edms.) Bpk. en 'n Ander v Read van Beheer oor Publikasies, 1975 (1) SA 379 (C) at pp. 384B - 385E). Who the likely readers or viewers envisaged by paras. (a) and (b) are in a particular case, is a question of D "The identity......
  • Get Started for Free
10 cases