Brummer v Gorfil Brothers Investments (Pty) Ltd en Andere

JurisdictionSouth Africa
Citation1999 (3) SA 389 (SCA)

Brummer v Gorfil Brothers Investments (Pty) Ltd en Andere
1999 (3) SA 389 (SCA)

1999 (3) SA p389


Citation

1999 (3) SA 389 (SCA)

Case No

138/97

Court

Hoogste Hof van Appèl

Judge

Van Heerden AHR, Nienaber AR, Harms AR, Streicher AR, Ngoepe Wn AR

Heard

November 12, 1998

Judgment

March 5, 1999

Counsel

BH Pieters namens die appellant
AR Gautschi namens die respondent

Flynote : Sleutelwoorde B

Eksekusie — Eksekusieverkoping — Tersydestelling van — Skuldenaar se reg, titel en belang in hangende geding op eksekusieverkoping verkoop — Eis deur maatskappy waarvan krediteur een van twee C aandeelhouers en direkteure was, gekoop — Krediteur enigste lid van verweerder in hangende geding — Skuldenaar se prokureurs deur koper van eis gelas om saak terug te trek — Blote aanwending van bepaalde hofprosedure vir doel anders as waarvoor dit primêr bestem is tiperend, maar nie voldonge bewys, van mala fides nie — Daarvoor was verdere afleiding nodig dat resultaat wat beoog is D onbehoorlik is — Sodanige aanwending kenmerk, eerder as definisie, van mala fides — Oogmerk of motief, selfs moedswillige of kwaadwillige motief, oor algemeen nie onregmatigheids- of ongeldigheidskriterium nie — Gebruikmaking deur verweerder van statutêre prosedure, naamlik beslaglegging en inkoop op ope mark van vorderingsreg, ten einde aksie teen hom tot niet te kon maak wat hy as E kwelsugtig beskou het, nie afkeurenswaardige of onbehoorlike oogmerk nie — In casu alle stappe reëlmatig en sonder teenkanting van skuldenaar geskied — Geregtelike verkoping geldig.

Sessie — Van eis na litis contestatio — Geldigheid van — Geen rede in beginsel om sessie van reg vóór litis contestatio toe te laat, maar nie sessie van reg, titel en belang F van reghebbende in aksie ná litis contestatio nie — Romeinse verbod geld nie meer nie — Vorderingsreg in onderhawige geval verkoop op geregtiglike verkoping tydens verhoor — Vorderingsreg regsgeldig deur middel van geregtelike verkoping oorgedra — Wat aldus ingekoop was, was nie bloot 'n spes nie. G

1999 (3) SA p390

Headnote : Kopnota

Die appellant het sy eis vir skadevergoeding teen die tweede en A derde respondente, 'n vader en sy seun, teruggetrek en is beveel om hulle koste te betaal. Die appellant het voortgegaan met sy eis teen die vyfde respondent. Toe die appellant versuim het om die kosterekening te betaal, het die tweede en derde respondente die Balju opdrag gegee om beslag te lê op die appellant se reg, titel en belang in die aksie teen die vyfde respondent, wat die Balju toe gedoen het. Die eerste respondent, 'n maatskappy waarvan die tweede en B derde respondente die enigste aandeelhouers en direkteure was, het die reg, titel en belang by die eksekusieverkoping gekoop vir 'n nominale prys. Die tweede respondent was die enigste lid van die vyfde respondent. Die eerste respondent het toe die prokureurs van die appellant opdrag gegee om die aksie teen die vyfde respondent terug te trek. Die appellant het aksie ingestel teen die respondente vir die tersydestelling van die eksekusieverkoping op C grond dat dit 'n misbruik van die hofprosedure daargestel het en contra bonos mores was. Die aksie was van die hand gewys. In 'n appèl daarteen was dit nodig om twee punte te oorweeg, naamlik: (1) of die reg, titel en belang waarop beslag gelê en in eksekusie verkoop was regtens beslaglegbaar was; en (2) of die beslaglegging en eksekusieverkoping agterna nietig verklaar kan word. D

Beslis (per Streicher AR; Van Heerden AHR, Nienaber AR, Harms AR en Ngoepe Wn AR samestemmend), dat in beginsel daar geen rede was om die sessie van 'n reg vóór litis contestatio toe te laat, maar nie die sessie van die reg, titel en belang van die reghebbende in die aksie, onderhewig aan die regte van die verweerder, ná litis contestatio nie. Die Romeinse verbod op die oordrag van 'n actio litigiosa het gevolglik nie meer gegeld nie. (Op 399G/H - H.) E

Beslis, verder (per Nienaber AR; Van Heerden AHR, Harms AR, Streicher AR en Ngoepe Wn AR samestemmend), dat die vorderingsreg in die onderhawige geval regsgeldig deur middel van die geregtelike verkoping aan die eerste respondent oorgedra was en wat die eerste respondent aldus ingekoop het nie bloot 'n spes was nie. (Op 411E - F.)

Beslis, verder (per Nienaber AR; Van Heerden AHR F en Harms AR samestemmend; Streicher AR en Ngoepe Wn AR afwykend), dat die blote aanwending van 'n bepaalde Hofprosedure vir 'n ander doel as die een waarvoor dit primêr bestem was, tiperend, maar nog nie voldonge bewys, was van mala fides nie; daarvoor was die verdere afleiding nodig dat die resultaat wat beoog was onbehoorlik was. So 'n aanwending van 'n Hofprosedure (vir 'n ander doel as die een waarvoor dit primêr bestem was) was dus 'n kenmerk, eerder as die definisie, van mala fides. (Op 414I - J.) G

Beslis, verder dat oogmerk of motief, selfs 'n moedswillige of kwaadwillige motief, oor die algemeen nie 'n onregmatigheids- of ongeldigheidskriterium was nie. 'n Onbehoorlike motief kon egter wel 'n faktor wees waar misbruik van die hofproses ter sprake was. Die formele beëindiging van 'n geding was deel van die hofproses. Die H uitbuiting, op 'n onbehoorlike wyse of vir 'n onbehoorlike doelwit, van 'n bepaalde Hofreël wat op die beëindiging van die geding betrekking het, sou dus binne die verskynsel van misbruik van die hofproses val. (Op 416B en D/E - F.)

Beslis, verder, dat die huidige geval iets heel anders was. Die voortsetting van die Hofgeding was nie in gedrang nie as gevolg van die interne (ofskoon onbehoorlike) aanwending van 'n Hofreël wat op I so 'n beëindiging betrekking gehad het, deur die ander litigant, die vyfde respondent, nie. Die voortsetting van die geding was bedreig deur 'n eksterne faktor wat los gestaan het van die Hofreëls of Hofprosedure. As die vyfde respondent self die appellant se vorderingsreg ingekoop het, sou die eksterne faktor die werking van confusio gewees het. Dit was egter nie die vyfde respondent wat die vorderingsreg ingekoop het nie, maar sy bondgenoot, die eerste J

1999 (3) SA p391

respondent. Op sigself bring die inkoop van 'n vorderingsreg deur 'n buitestander nie 'n einde A aan die geding nie. Dit sou eers die geval gewees het indien, soos in die huidige geval, die eerste respondent as nuwe reghebbende opdrag gegee het om die aksie te staak en daar aan sodanige opdrag uitvoering gegee was. Dat hy 'n bondgenoot van die vyfde respondent was en die vyfde respondent se belange op die hart gedra het, kom nie daarop aan nie. As die werking van confusio in die hande van die vyfde B respondent self nie onbehoorlik sou gewees het nie - wat eintlik die vraag was - kon die eerste respondent se samewerking met die vyfde respondent om 'n einde aan die aksie te maak, ook nie onbehoorlik gewees het nie. Van 'n onbehoorlike komplot kon daar, in die afwesigheid van 'n onbehoorlike motief aan vyfde respondent se kant, dus nie sprake gewees het nie. (Op 416F/G - 417A/B.) C

Beslis, verder dat 'n verweerder wat van 'n statutêre prosedure gebruikgemaak het, naamlik die beslaglegging en inkoop op die ope mark van 'n vorderingsreg, ten einde op dié wyse 'n aksie teen hom tot niet te kon maak wat hy as kwelsugtig beskou het, nie 'n afkeurenswaardige of onbehoorlike oogmerk gehad het nie. (Op 417G - H.)

Beslis, verder, dat die besluit van die twee respondente D om op die vorderingsreg beslag te lê en dit by die geregtelike verkoping in te koop (ten einde op dié manier van 'n aksie ontslae te raak wat met behulp van regshulp teen die vyfde respondent gevoer was sodat hy op stuk van sake op eie koste kon litigeer) nie onbehoorlik, onredelik of deur 'n afkeurenswaardige motief aangevuur was nie. (Op 418A/B - B/C.)

Beslis, verder, dat in die onderhawige geval al die stappe E reëlmatig en sonder teenkanting van die appellant geskied het. Die bedrag wat by wyse van geregtelike verkoping deur die eerste respondent vir die inkoop van die eis betaal was, was in die afhandeling van die proses aangewend. (Op 418J - 419B.)

Beslis, verder, dat daar van onbehoorlikheid aan die kant van die respondente geen sprake kon wees nie. As iemand te blameer F was, was dit die appellant self. Dit was hy wat die verkeerde partye voor die Hof gesleep het en 'n kosterekening opgeloop het wat hy nie vereffen het nie. Sy vorderingsreg teen die vyfde verweerder was 'n bate in sy boedel. Dit was 'n bate waarop hy self, in sy besonderhede van vordering in die aksie, 'n waarde van oor die een miljoen rand geplaas het. As dit enigsins 'n realistiese beskouing was, was die beslaglegging daarvan terdeë voorsienbaar. (Op 415G/H - I.) Appèl G dus van die hand gewys.

Die beslissing in die Transvaalse Provinsiale Afdeling in Brummer v Gorfil Brothers Investments (Pty) Ltd en Andere 1997 (2) SA 411 bekragtig.

Flynote : Sleutelwoorde

Execution — Sale in execution — Setting aside of — Debtor's H right, title and interest in pending action sold at sale in execution — Claim purchased by company in which creditor one of two shareholders and directors — Creditor being sole member of defendant against which action pending — Purchaser of claim instructing debtor's attorneys to withdraw action — Mere application of particular court procedure for purpose other than that for it is primarily intended I typical, but not complete proof, of mala fides — In order to prove mala fides further inference needed that improper result intended — Such application a characteristic, rather than definition, of mala fides — Purpose or motive, even mischievous or malicious motive, not in general criteria for unlawfulness or invalidity — Use by defendant of statutory procedure, namely attachment and sale on open market of claim, to bring to end action against him which he regarded as vexatious not having objectionable or improper J

1999 (3) SA p392

intention — In casu all...

To continue reading

Request your trial
40 practice notes
  • Telcordia Technologies Inc v Telkom SA Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...673 (HL) at 686 Brown v ITT Consumer Fin Corp 211 F3d 1217 (11th Cir 2000) at 1223 G Brummer v Gorfil Brothers Investments (Pty) Ltd 1999 (3) SA 389 (SCA) Carephone (Pty) Ltd v Marcus NO and Others 1999 (3) SA 304 (LAC) in paras [21], [24], [31] - [36] Carmichele v Minister of Safety and Se......
  • Telcordia Technologies Inc v Telkom SA Ltd
    • South Africa
    • Supreme Court of Appeal
    • 22 Noviembre 2006
    ...673 (HL) at 686 Brown v ITT Consumer Fin Corp 211 F3d 1217 (11th Cir 2000) at 1223 G Brummer v Gorfil Brothers Investments (Pty) Ltd 1999 (3) SA 389 (SCA) Carephone (Pty) Ltd v Marcus NO and Others 1999 (3) SA 304 (LAC) in paras [21], [24], [31] - [36] Carmichele v Minister of Safety and Se......
  • Price Waterhouse Coopers Inc and Others v National Potato Co-Operative Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to Brisley v Drotsky 2002 (4) SA 1 (SCA): dictum in para [94] applied Brummer v Gorfil Brothers Investments (Pty) Ltd en Andere 1999 (3) SA 389 (SCA): referred to Campbell v Welverdiend Diamonds Ltd 1930 TPD 287: critisised and not followed I Chief Lesapo v North West Agricultural Bank and ......
  • Commissioner, South African Revenue Service v Hawker Aviation Services Partnership and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Transvaal, and Others v Traub and Others 1989 (4) SA 731 (A): referred to Brummer v Gorfil Brothers Investments (Pty) Ltd en Andere 1999 (3) SA 389 (SCA): referred to B De Beer NO v North-Central Local Council and South-Central Local Council and Others (Umhlatuzana Civic Association Interve......
  • Request a trial to view additional results
40 cases
  • Telcordia Technologies Inc v Telkom SA Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...673 (HL) at 686 Brown v ITT Consumer Fin Corp 211 F3d 1217 (11th Cir 2000) at 1223 G Brummer v Gorfil Brothers Investments (Pty) Ltd 1999 (3) SA 389 (SCA) Carephone (Pty) Ltd v Marcus NO and Others 1999 (3) SA 304 (LAC) in paras [21], [24], [31] - [36] Carmichele v Minister of Safety and Se......
  • Telcordia Technologies Inc v Telkom SA Ltd
    • South Africa
    • Supreme Court of Appeal
    • 22 Noviembre 2006
    ...673 (HL) at 686 Brown v ITT Consumer Fin Corp 211 F3d 1217 (11th Cir 2000) at 1223 G Brummer v Gorfil Brothers Investments (Pty) Ltd 1999 (3) SA 389 (SCA) Carephone (Pty) Ltd v Marcus NO and Others 1999 (3) SA 304 (LAC) in paras [21], [24], [31] - [36] Carmichele v Minister of Safety and Se......
  • Price Waterhouse Coopers Inc and Others v National Potato Co-Operative Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to Brisley v Drotsky 2002 (4) SA 1 (SCA): dictum in para [94] applied Brummer v Gorfil Brothers Investments (Pty) Ltd en Andere 1999 (3) SA 389 (SCA): referred to Campbell v Welverdiend Diamonds Ltd 1930 TPD 287: critisised and not followed I Chief Lesapo v North West Agricultural Bank and ......
  • Commissioner, South African Revenue Service v Hawker Aviation Services Partnership and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Transvaal, and Others v Traub and Others 1989 (4) SA 731 (A): referred to Brummer v Gorfil Brothers Investments (Pty) Ltd en Andere 1999 (3) SA 389 (SCA): referred to B De Beer NO v North-Central Local Council and South-Central Local Council and Others (Umhlatuzana Civic Association Interve......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT