Brooklyn House Furnishers (Pty) Ltd v Knoetze and Sons

JurisdictionSouth Africa
JudgeSteyn HR, van Blerk AR, Rumpff AR, Botha AR en Rabie Wn AR
Judgment Date11 May 1970
Citation1970 (3) SA 264 (A)
Hearing Date10 March 1970
CourtAppellate Division

C Botha, A.R.:

Gedurende April 1967 het die appellant sekere meubels aan 'n mev. Bond ingevolge 'n huurkoopooreenkoms verkoop. Luidens klousule 1 van die ooreenkoms sou eiendomsreg op die meubels by die verkoper (appellant) bly berus totdat die volle koopprys betaal sou wees. Ingevolge klousule 2 was mev. Bond verplig om die meubels vry en onbelas D te hou van eise deur derde partye, en om dit nie te verbind, te vervreem of op ander wyse te beswaar nie. Sy was voorts verplig om die meubels te hou by die adres wat in die ooreenkoms genoem word, nl. Plot 143, Scottlaan, Bush Hill Estate, Johannesburg, en dit nie sonder toestemming van die verkoper daarvandaan te verwyder nie. Klousule 3 van die ooreenkoms het bepaal dat:

E 'Die koper sal nie te enige tyd, sonder dat die skriftelike toestemming van die verkoper eers vooraf daartoe verkry is nie, die goedere berg onder verpligting om enige stoorgeld, of enige ander fooie ten opsigte daarvan te betaal nie. Wanneer die koper egter aansoek doen vir sodanige toestemming, sal die verkoper self die reg daartoe hê om besit te neem van die goedere en dit te berg en om van die koper 'n redelike vergoeding vir sodanige berging te verhaal.'

F Gedurende Mei 1967, terwyl eiendomsreg op die meubels nog by appellant berus het, het mev. Bond met respondent, wat as meubelvervoerders en opbergers besigheid doen, 'n ooreenkoms gesluit ingevolge waarvan respondent mev. Bond se meubels, met inbegrip van die meubels waarvan die eiendomsreg nog by die appellant berus het, vanaf haar woning te G Bush Hill Estate, ongeveer 14 myl buite Johannesburg, na sy pakhuis in Johannesburg vervoer en daar opgeberg het. Volgens ooreenkoms sou mev. Bond respondent vir die vervoer en opberging van die meubels vergoed. Dit is gemene saak dat toe respondent met mev. Bond gekontrakteer het, en die meubels na sy pakhuis vervoer en daar opgeberg het, hy bona fide H geglo het dat sy eienares van al die meubels was. Appellant was onbewus van die reëling tussen mev. Bond en respondent, en hy was nooit ingevolge klousule 3 van die huurkoopooreenkoms vir sy toestemming daartoe gevra nie. Dit was eers in Julie 1967 dat appellant vasgestel het dat die meubels, waarna die huurkoopooreenkoms verwys, in die pakhuis van respondent opgeberg word. Hy het onverwyld aangedring op lewering van die meubels aan hom as eienaar daarvan ingevolge die huurkoopkontrak. Die respondent het egter aanspraak gemaak op 'n retensiereg op die betrokke meubels, en

Botha AR

geweier om dit aan appellant te oorhandig tensy laasgenoemde aan hom 'n bedrag van R75 betaal as vergoeding ten opsigte van sy koste in verband met die vervoer en opberging daarvan.

Dit is uit die getuienis duidelik dat indien mev. Bond haar verpligtinge A ingevolge klousule 3 van die huurkoopooreenkoms sou nagekom het, en appellant in staat gestel sou gewees het om besit van die meubels te neem, hy dit teen geringe koste van mev. Bond se woning te Bush Hill Estate na sy eie pakhuis sou kon vervoer en daar opgeberg het.

Gedurende November 1967 het appellant die bedrag van R75 aan respondent B onder protes betaal en sodoende besit van die meubels verkry. Daarna het appellant terugbetaling van genoemde bedrag van respondent in die landdroshof gevorder. In sy uiteensetting van eis ontken appellant dat respondent 'n retensiereg op die meubels gehad het, en dat hy regtens verplig was om die bedrag van R75 aan respondent te betaal. Respondent se enigste verweer wat in hierdie appèl ter sake is, kom C daarop neer dat die vervoer van die meubels na sy pakhuis en die opberging daarvan aldaar nodig was vir die behoud en beskerming daarvan, en dat hy daardeur 'n retensiereg op die meubels verkry het ten opsigte van sy koste in verband met die vervoer en opberging.

Die landdros het respondent op hierdie verweer gelyk gegee en appellant D se vordering met koste afgewys. 'n Appèl na die Transvaalse Provinsiale Afdeling is met koste afgewys, maar die appellant is die nodige verlof toegestaan om na hierdie Hof in hoër beroep te kom.

In hierdie Hof is namens appellant aangevoer dat respondent op geen retensiereg op appellant se meubels ten opsigte van sy vervoer- en opbergingskoste geregtig was nie, en wel op twee gronde, nl.:

(a)

dat appellant nie deur die vervoer en opberging van die meubels E verryk is nie; en

(b)

dat indien appellant aldus verryk is, die verryking nie ten koste van die respondent was nie.

'n Retensiereg, jus retentionis, is die reg wat die besitter van 'n saak van iemand anders, waaraan hy geld of arbeid bestee het, verkry om die F saak in sy besit te hou totdat hy volgens ooreenkoms of, waar daar geen ooreenkoms was nie, vir sy werklike uitgawes of arbeid, maar hoogstens tot die mate van die eienaar se verryking, behoorlik vergoed is. Dit is bloot 'n verweer teen die eienaar se rei vindicatio, en maak op sigself geen eisoorsaak uit nie. Ons reg ken drie soorte retensieregte, nl. (1) retensieregte vir die berging of bewaring van 'n saak ('salvage liens'); G (2) retensieregte vir verbeterings ('improvement liens'); en (3) retensieregte vir skuld ex contractu ('debtor and creditor liens'). Die aard van die retensiereg word bepaal deur die aard van die uitgawes wat aan die saak bestee word, en deur die bestaan al dan nie tussen die partye van 'n kontraktuele verbondenheid. Uitgawes wat iemand aan 'n H saak bestee, kan òf noodsaaklik (impensae necessariae), òf nuttig (impensae utiles) òf weelderig (impensae voluptuariae) wees. Uitgawes is noodsaaklik wanneer dit nodig is vir die behoud of beskerming van die saak en dit skep stilswyend 'n bewaringsretensiereg op die saak ten opsigte van sodanige uitgawes. Nuttig is uitgawes wanneer dit die saak, waaraan dit bestee word, verbeter en sy markwaarde verhoog. Sodanige uitgawes bring stilswyend 'n retensiereg op die saak tot stand vir die verbeterings. Weelderige uitgawes is uitgawes wat nòg noodsaaklik nòg nuttig is. Sodanige uitgawes, wat nie ingevolge 'n uitdruklike

Botha AR

of stilswyende ooreenkoms aan 'n saak bestee word nie, bring geen retensiereg op die saak tot stand nie. Waar weelderige of enige ander uitgawes egter uit hoofde van 'n ooreenkoms met die eienaar aan die saak bestee word, verkry die besitter van die saak, wat die uitgawes aldus A aangegaan het, 'n retensiereg op die saak, teen die ander kontrakterende party, ten opsigte van die volle bedrag wat ingevolge die ooreenkoms aan hom verskuldig is, afgesien van die bedrag van die uitgawes of die mate waarin die eienaar verryk is. (Dig. 50.16.79 en 5.3.38; Voet, 6.1.36; 16.2.20 en 20.2.28; Van Leeuwen, Censura Forensis, 1.4.37.1 en 6; B Kersteman, s.v. 'retentie'; Huber, H.R., 2.8.16 en 17; United Building Society v Smookler's Trustees and Golombick's Trustee, 1906 T.S. 623 op bl. 626-629; Land Bank v Mans, 1933 CPD 16, en Lechoana v Cloete and Others, 1925 AD 536 op bl. 547-48).

Retensieregte vir bewaring en verbetering van die saak is saaklike regte en ontstaan nie uit oreenkoms nie. Hulle is gefundeer op die beginsel in C Dig. 50.17.206 dat...

Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI

Get Started for Free

Unlock full access with a free 7-day trial

Transform your legal research with vLex

  • Complete access to the largest collection of common law case law on one platform

  • Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues

  • Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options

  • Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions

  • Trusted by 2 million professionals including top global firms

  • Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

vLex

73 practice notes
  • Unpacking the laundry machine: Why are debt instruments easy laundry devices?
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , May 2019
    • 24 May 2019
    ...assets remai ned the same instead of decrea sing but for the enrichment; see further Br ooklyn House Furnishers Ltd v Knoe tze & Sons 1970 (3) SA 264 (A).142 When one rec eives a benet from a trust as a beneci ary, there is a clear legal cause for the receipt but still t he beneciar y mi......
  • Insurance Law
    • South Africa
    • Juta Yearbook of South African Law No. , March 2021
    • 10 March 2021
    ...(Pty) Ltd v The Master NO 1979 (4) 780 (CPD).214 Para 11.215 The court referred to Brooklyn House Furnishers (Pty) Ltd v Knoetze & Sons 1970 (3) SA 264 (A) and Harms Amler’s Precedents of Pleadings 9 ed 249.216 Para 12.217 Oceana Leasing Services (Pty) Ltd v B G Motors (Pty) Ltd 1980 (3) SA......
  • Conclusion : reconceptualising the maritime lien and the conflict of laws
    • South Africa
    • Sabinet Transactions of the Centre for Business Law No. 2011-47, January 2011
    • 1 January 2011
    ...took possession, and by statutory in rem claims where African decision in Brooklyn House Furnishers (Pty) Ltd v Knoetze and Sons 1970 (3) SA 264 (A) at 270.41 See G Bowtle and KP McGuinness, The Law of Ship Mortgages (LLP, London, 2001) 115.42 J Story, Commentaries on Equity Jurisprudence a......
  • Why the Security Right in Section 118(3) of the Local Government: Municipal Systems Act 32 of 2000 is not Enforceable Against Successors in Title – A Follow-up Occasioned by the SCA’S Mitchell Judgment
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 May 2019
    ...Inkomste v Anglo Ame rcian (OFS) Housing Co Lt d 1960 3 SA 642 (A) 649, 657; Brook lyn House Furnishe rs (Pty) Ltd v Knoetze an d Sons 1970 3 SA 264 (A) 271; D Glaser & Sons (Pty) Ltd v The Ma ster and Another NO 1979 4 SA 780 (C) 786 -787; Syfrets Particip ation Bond Manage rs Ltd v Estate......
  • Get Started for Free
66 cases
  • Goudini Chrome (Pty) Ltd v MCC Contracts (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...I Bpk v JOT Motors (Edms) Bpk t/a Vaal Motors 1986 (1) SA 223 (A) at 236C-D; Brooklyn House Furnishers Ltd v Knoetze & Sons 1970 (3) SA 264 (A) at 271; Oceana Leasing Services (Pty) Ltd v BG Motors (Pty) Ltd 1980 (3) SA 267 (W) at 272B; Herbstein and Van Winsen The Civil Practice of the Sup......
  • Lubbe v Volkskas Bpk
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Mercantile Agency (1883) 4 NLR 68; F G Shepherd v R McLacan (1895) 2 OR 89; Brooklyn House Furniture (Pty) Ltd v Knoetze & Sons 1970 (3) SA 264 (A) op 275D-H; Badroodien and Another v E Van Lier 1928 CPD 311; Lessing v Steyn 1953 (4) SA 193 (O) op 199G-H en 200D-G; Trustee Estate Cressw......
  • Unimark Distributors (Pty) Ltd v Erf 94 Silvertondale (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(Tzaneen) (Pty) Ltd v EG Duffeys Spares (Pty) Ltd 1975 (3) SA 41 (T): applied Brooklyn House Furnishers (Pty) Ltd v Knoetze D and Sons 1970 (3) SA 264 (A): dictum at 271E - F Caltex (Africa) Ltd v Director of Valuations 1961 (1) SA 525 (C): dictum at 529C - G applied Chetty v Naidoo 1974 (3......
  • Sandton Square Finance (Pty) Ltd and Others v Vigliotti and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...500 (C) Bombay Properties (Pty) Ltd v Ferrox ConstrUCtion 1996 (2) SA 853 (W) Brooklyn House Furnishers (Pty) Ltd v Knoetze and Sons 1970 (3) SA 264 (A) H Buzzard Electrical (Pty) Ltd v 158 Jan Smuts Avenue Investments (Pty) Ltd en 'n Ander 1996 ( 4) SA 19 (A) Campbell v Muller, Smith & Co ......
  • Get Started for Free
7 books & journal articles