Botha v Lues

JurisdictionSouth Africa
Judgment Date30 October 1980
Citation1981 (1) SA 687 (O)

Botha v Lues
1981 (1) SA 687 (O)

1981 (1) SA p687

Citation

1981 (1) SA 687 (O)

Court

Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling

Judge

LC Steyn R en Kotzé Wn R

Heard

August 11, 1980

Judgment

October 30, 1980

Flynote : Sleutelwoorde

*Kwaadwillige proses — Onregmatige arrestasie — Aksie om skadevergoeding — E Beweerde onregmatige arrestasie het sonder lasbrief en oënskynlik uit hoofde van statutêre magtiging geskied — Onus op eiser om aan te toon dat sy arrestasie onregmatig was — Statutêre bepaling self moet ontleed word ten einde te bepaal wat die toepaslike onregmatigheidstoets moet wees.

Strafproses — Arrestasie — Sonder lasbrief en oënskynlik uit hoofde van F statutêre magtiging — wanneer onregmatig — Statutêre bepaling self moet ontleed word ten einde te bepaal vat die onregmatigheidsoets moet wees.

Headnote : Kopnota

In 'n aksie om skadevergoeding weens onregmatige arrestasie, waar die beweerde onregmatige arrestasie sonder lasbrief en oënskynlik uit hoofde van statutêre magtiging geskied het, rus die onus op die eiser om aan te toon dat sy arrestasie onregmatig was. Die statutêre bepaling self moet G ontleed word ten einde te bepaal wat die toepaslike onregmatigheidstoets moet wees.

Flynote : Sleutelwoorde

*Malicious procedure — Unlawful arrest — Action for damages — Alleged unlawful arrest taking place without a warrant and apparently on the strength of statutory authority — Onus on plaintiff to show that his H arrest was unlawful — Statutory provision itself must be analysed in order to determine what the appropriate test of unlawfulness should be.

Criminal procedure — Arrest — Without a warrant and apparently on the strength of statutory authority — When unlawful — Statutory provision itself must be analysed in order to determine what the test of unlawfulness should be.

Headnote : Kopnota

In an action for damages for unlawful arrest, where the alleged unlawful arrest took place without a warrant and apparently on the strength of statutory authority, the onus rests on the plaintiff to show that his arrest was unlawful. The statutory provision itself must be analysed in order to determine what the appropriate test of unlawfulness should be.

1981 (1) SA p688

Case Information

Appèl teen 'n beslissing in 'n landdroshof. Die feite blyk uit die uitspraak.

J P de Bruin namens die appellant.

G van Coppenhagen namens die respondent. A

Cur adv vult.

Postea (Oktober 30). B

Judgment

Kotzé Wn R:

Op 'n Saterdagmiddag in Julie 1974 is appellant deur respondent gearresteer. Eersgenoemde was 'n een-en-twintigjarige jongman wat met sy meisie aan sy sy met 'n bakkie vanaf Bloemfontein na Perdeberg C gereis het. Laasgenoemde was 'n drie-en-vyftigjarige verkeersinspekteur wat op sy pos net buite Petrusburg die verkeer dopgehou het. Op grond van 'n berig ontvang sowel as persoonlike waarnemings het hy die idee gevorm dat appellant onder die invloed van drank of verdowingsmiddels verkeer en het hy appellant agterna gery, voorgekeer, gearresteer, na die polisiekantoor geneem en na ongeveer 'n kwartier weer vrygelaat.

Die voorgaande het daartoe gelei dat appellant 'n aksie teen respondent D in die landdroshof van Petrusburg ingestel het. Een duisend rand is geëis vir genoegdoening (genoem "algemene skadevergoeding"), op grond van beweerde onregmatige arrestasie en dit was gemene saak dat die meriete net een geskilpunt behels en dit, naamlik, of die arrestasie regamtig al dan onregmatig was. Beide partye se regsverteenwoordigers sowel as die E landdros het van die veronderstelling uitgegaan dat respondent met die bewyslas om regmatigheid van die arrestasie te bewys opgesaal is. Slegs die twee litigante het getuig en die landdros het "absolusie van die instansie" teen appellant beveel op grond van die bevindings dat appellant 'n onbetroubare getuie, wat gepoog het die hof te mislei, was en dat die F arrestasie regmatig was. Appellant is nou in hoër beroep en aanvanklik het beide die advokate wat verskyn het weereens van die standpunt uitgegaan dat respondent met die onus op die genoemde geskilpunt beswaar is. Hierdie gemeenskaplike veronderstelling is deur die Hof bevraagteken en "op nadenke" het mnr Van Coppenhagen, wat namens respondent verskyn, G van standpunt verander en aangevoer dat die onus inderdaad op appellant gerus het om die Hof te oortuig dat die arrestasie onregmatig was.

Die vraag na die ligging van die bewyslas is deur hierdie Hof ge-opper omrede daar wesenlike verskille in die twee onderskeie weergawes van die gebeure bestaan en op respondent se weergawe kan, soos hierinlater aangetoon sal word, nie bevind word dat hy onregmatig gehandel het nie. H 'n Bevinding dat die bewyslas deurentyd op appellant gerus het sal dus die appèl kelder omrede daar nie aangevoer kan word dat appellant se getuienis van so 'n geloofwaardige en betroubare aard was dat dit as waarskynlik waar en dié van respondent as waarskynlik vals bevind moet word nie (vgl Cotler v Variety Travel Goods (Pty) Ltd 1974 (3) SA 621 (A) te 629H ev). Mnr De Bruin, wat namens appellant verskyn het, het ook nie gepoog dit te doen nie en heel verstaanbaar ook want die hof a quo se bevinding omtrent appellant se ongeloofwaardigheid blyk volkome geregverdigd te wees.

1981 (1) SA p689

Kotzé Wn R

Appellant se argumente dat respondent die regmatigheid van die arrestasie moet bewys het die volgende stelling (wat ek woordeliks uit die A aanvullende skriftelike betoë, wat geruime tyd na aanhoor van die appèl met die Hof se verlof ingehandig is, aanhaal) as uitgangspunt:

"Die uitgangspunt (is) dat arrestasie onregmatig is en met die nodige animus injuriandi geskied en wanneer die arresteerder die feit van arres erken, rus die bewyslas op hom om die arres te regverdig."

Hierdie argument, wat nie sonder presedent is nie, aanvaar in die eerste B plek dat animus injuriandi 'n vereiste vir aanspreeklikheid in vorderings van hierdie aard is. In die tweede plek betrek dit dan die skuldvereiste om die konklusie omtrent die onregmatigheidselement van die handeling te regverdig. Wat die eerste aspek, wat in die onderhawige geval nie ter beslissing val nie, betref, volstaan ek met die opmerking dat indien animus injuriandi in die korrekte betekenis van

C "'n geestestoestand... om die bepaalde gevolg... te wil, met die wete dat die gewilde gevolg onregmatig sal wees"

(vgl Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie v O'Malley 1977 (3) SA 394 (A) te 403C - D) verstaan word, dan is dit geen uitgemaakte saak dat hierdie skuldelement hedendaags wel by hierdie aksies vereis word nie. Hiermee D word nie bedoel om te sê dat hierdie vordering nie onder die aanpasbare actio injuriarum tuis te bring is nie, want selfs die standpunt dat animus injuriandi nie as voorvereiste vir aanspreeklikheid aan te stip is nie en dat blote doelgerigtheid van handeling vereis word (vgl, by, Cohen, Lazar and Co v Gibbs 1922 TPD 142 te 144 - 5; Smit v Meyerton Outfitters 1971 (1) SA 137 (T) E te 139 en Donono v Minister of Prisons 1973 (4) SA 259 (K) te 262) sal nie tot so 'n gevolgtrekking lei nie. Die Romeinse reg reeds het, soos bekend, gevalle as injuriae erken waar die dader se geestesgesindheid geen onregmatigheidsbewussyn omsluit het nie.

Wat die tweede deel van die argument betref sal dit, na my mening, geen F doel dien om die invloed (of gewaande invloed) van die skuldvereiste by die onderhawige vraag te betrek nie. Logika dikteer dat by 'n aksie gegrond op onregmatige daad daar eerstens bepaal moet word of die gewraakte handeling onregmatig was alvorens die vraag of die vereiste skuldelement teenwoordig was ter sprake kom. Eersgenoemde word volgens objektiewe maatstaf bepaal en laasgenoemde is 'n subjektiewe aangeleentheid.

G Daar kan 'n sterk saak daarvoor uitgemaak word dat die Appèlhof reeds, teenstrydig met die advokate se aanvanklike houding, die standpunt ingeneem het dat 'n gearresteerde die vereiste onregmatigheid moet bewys indien hy hom oor onregmatige arrestasie bekla en ek verwys hier na die beslissings in Groenewald v Minister van Justisie 1973 (3) SA 877 (A) te H 883 en Minister van Polisie en 'n Ander v Gamble en 'n Ander 1979 (4) SA 759 (A) te 763. Dit word egter aangevoer dat hierdie beslissings geen algemene reëling neerlê nie en net bedoel was om vir die bepaalde omstandighede daar ter sprake te geld. Hierdie argument kan nie as sonder enige meriete verwerp word nie en vir die rede is die Hof dan nou verplig om standpunt in te neem oor die ligging van die bewyslas by beweerde onregmatige arrestasies wat sonder lasbrief en oënskynlik uit hoofde van statutêre magtiging, geskied.

Dit is hierdie Hof se mening dat die onus in so 'n geval op die eiser

1981 (1) SA p690

Kotzé Wn R

rus om aan te toon dat sy arrestasie onregmatig was en omrede daar, eerstens, verskeie Provinsiale beslissings bestaan wat 'n teenoorgestelde A houding voorstaan (vgl bv Ingram v Minister of Justice...

Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI

Get Started for Free

Unlock full access with a free 7-day trial

Transform your legal research with vLex

  • Complete access to the largest collection of common law case law on one platform

  • Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues

  • Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options

  • Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions

  • Trusted by 2 million professionals including top global firms

  • Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

vLex

6 practice notes
  • Brummer v Gorfil Brothers Investments (Pty) Ltd en Andere
    • South Africa
    • 5 March 1999
    ...and Another 1988 (3) SA 580 (A) op/at 606 Beckenstrater v Rottcher and Theunissen 1955 (1) SA 129 (A) op/at 140B - F Botha v Lues 1981 (1) SA 687 (O) op/at 694A, 695A E Bowley Steels (Pty) Ltd v Dalian Engineering (Pty) Ltd 1996 (2) SA 393 (T) op/at 398I - Branco and Another t/a Mr Cool v G......
  • Minister of Law and Order and Others v Hurley and Another
    • South Africa
    • 22 May 1986
    ...ie that he acted within the powers of arrest conferred upon him by statute. Some of those decisions are referred to in Botha v Lues 1981 (1) SA 687 (O). In that case a Full Court of the Orange Free State Provincial Division dissented from those D decisions and held that the onus was on the ......
  • Braude v Pretoria City Council
    • South Africa
    • 29 February 1980
    ...where I should deviate from the general rule that a successful party should get all his costs. I therefore make the following order: 1981 (1) SA p687 Van Dyk 1. That the purported expropriation by the respondent of the applicant's immovable properties: one third (1/3) share of portion 7 (a ......
  • Botha v Lues
    • South Africa
    • 19 August 1983
    ...se arrestasie en/of aanhouding as onregmatig te beskou. Die beslissing in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling in Botha v Lues 1981 (1) SA 687 omvergewerp. Flynote : Sleutelwoorde Malicious procedure — Unlawful arrest — Action for damages — Quaere: the proposition that the onus rests ......
  • Get Started for Free
6 cases