Boshoff v Plaaslike Oorgangsraad van Delmas en 'n Ander
Judge | Southwood R |
Judgment Date | 04 August 2003 |
Citation | 2003 JDR 0610 (T) |
Docket Number | 11941/196 |
Hearing Date | 04 August 2003 |
Court | Transvaal Provincial Division |
Southwood R:
Die eiser eis van die eerste en tweede verweerders, gesamentlik en afsonderlik, betaling van skadevergoeding ten bedrae van R4 384 923,00 op grond van 'n oorlas wat die verweerders geskep het en van die eerste verweerder betaling van R15 000,00 as die billike vergoeding vir 'n serwituut van waterleiding wat die eerste verweerder onteiein het.
2003 JDR 0610 p2
Southwood R
By die voorverhoor samesprekings het die partye ooreengekom dat die vraag van die verweerders se aanspreeklikheid vir die eiser se eis vir skadevergoeding ten bedrae van R4 384 923,00 afsonderlik van enige ander vraag, insluitende die vraag van billike vergoeding vir die serwituut van waterleiding, beslis moet word. Die hof het saamgestem dat dit gerieflik sou wees om daardie vraag afsonderlik van enige ander vraag te beslis en dienooreenkomstig 'n bevel in terme van Reël 33(4) gemaak.
Die eiser is 'n boer en die eienaar van die onroerende eiendom bekend as resterende gedeelte van die plaas Middelburg 231, Registrasie Afdeling IR, Mpumalanga Provinsie, Groot 290, 7469 ha, gehou kragtens akte van transport 15697/89 gedateer 10 Maart 1989 ("die eiendom").
Die eiendom is geleë noord-oos van die eiendom van die eerste verweerder waarop die dorpe bekend as Botleng Proper, Botleng X1 en Botleng X2 aangelê is.
Die eiser het sy eis in sy besonderhede van vordering soos volg geformuleer-
Sedert ongeveer Junie 1993 het die dorpskomitee van Botleng en/of die administrator van Botleng en/of die Delmas Dorpsraad en/of die Transvaalse Provinsiale Administrasie, die een of die ander of almal van hulle, individueel en/of gesamentlik, hetsy as prinsipaal hetsy as agent van die een of die ander van hulle, onwettige en/of informele nedersettings en ook 'n plakkerskamp bekend as "Botleng 3" opgerig in die eerste verweerder se regsgebied langs die westelike grens van die eiser se voormelde eiendom
2003 JDR 0610 p3
Southwood R
alternatiewelik toegelaat dat dit opgerig word, en dat plakkers daar plak en die persone asook inwoners van Botleng Proper, Botleng 1 en Botleng 3 toegelaat om vee aan te hou sonder dat hulle self weiding vir daardie vee gehad het.
Vir etlike jare (die presiese aantal is aan die eiser onbekend) voor die gebeure uiteengesit in par 4.2 supra was die voormelde eiendom van die eiser en die voormelde eiendom van die eerste verweerder op die grenslyn daarvan geskei deur 'n behoorlike opgerigte veekerende grens heining en was die lug onbesoedel en vry van rook en rookmis en die water in die rivier op eiser se eiendom en die ondergrondse water wat eiser gebruik het op sy gemelde eiendom skoon en vry van kieme, en die eiser, sy werkers en familie kon dag en nag op sy voormelde eiendom bly en daarop boer en ten tye van die bestaan van die voormelde heining en voor die lug te besoedel was en die water besmet is, soos voormeld en hieronder verder uiteengesit, was dit vir die eiser moontlik om pal op die voormelde eiendom te woon, te boer en vee vir boerdery doeleindes aan te hou op sy voormelde eiendom en om saai en besproeiings boerdery daarop te bedryf, en hy het dit ook voordelig benut.
Die skepping van die nedersettings en "Botleng 3" en/of die vestiging van die persone in die voormelde nedersettings en "Botleng 3" en/of om hulle toe te laat om dit te doen en/of deur die inwoners van Botleng Proper, Botleng 1, Botleng 2 en van die nedersettings en Botleng 3 toe te laat om vee aan te hou en/of toe te laat dat die veekerende heining tussen eiser se voormelde heining en die eerste verweerder se voormelde grond beskadig en verwyder word deur werkers van en/of wat namens die eerste respondent gehandel het en/of deur inwoners in die gebiede te vestig of te laat vestig sonder behoorlike fasiliteite en/of geriewe, deur die eerste en/of tweede verweerders het tot gevolg gehad dat 'n oorlas geskep is daardeur vir die eiser en het as
2003 JDR 0610 p4
Southwood R
direkte gevolg dat die eiser wederregtelik, onredelik en wesenlik belemmer word in die uitoefening van sy gebruiks- en genotsbevoegdhede van sy gemelde eiendom deurdat van die bewoners van die gemelde gebiede wederregtelik
sy gemelde eiendom betree;
die grensdrade en kampdrade op sy gemelde eiendom afgebreek en met pale en al verwyder het;
sy huise en woonstel op sy gemelde eiendom afgebrand het, die mure daarvan omgestoot en al die stene, venster- en deurrame, dakkappe, en latte, dakke en deure verwyder het uitgesonderd sekere skroot wat die eiser kon herwin en uit die hand kon verkoop;
al die ander verbeterings op sy gemelde eiendom vernietig en/of afgebreek en verwyder het;
van sy lewende hawe op sy gemelde eiendom doodgemaak en/of gesteel het op groot skaal;
al die bome op sy gemelde eiendom afgekap het en die opslag wat daarna opgekom het afgekap en verwyder;
droë hout op sy gemelde eiendom verwyder;
die plantegroei op sy gemelde eiendom verniel en verwyder;
vullis en rommel op sy gemelde eiendom stort;
2003 JDR 0610 p5
Southwood R
op sy gemelde eiendom jag;
op sy gemelde eiendom met honde jag;
sy eiendom soms as enkelinge, soms in groepe en soms in skares betree en daarop vertoef terwyl hulle gewoonlik gewapen is met byle en/of stokke en/of messe en /of ander wapens;
op groot skaal met hulle vee op die gemelde eiendom wei;
die grafte in die begrafplaas op sy gemelde eiendom oopgegrawe en alles wat van waarde daarin en in die begrafplaas, verwyder het;
sy oeste op sy gemelde eiendom verniel het;
met sy werkers op sy gemelde eiendom ingemeng en hulle gedreig met die dood en/of liggaamlike leed en gedreig het om hulle dood te maak as hulle nie die eiser se gemelde eiendom ontruim nie;
met die eiser en sy gesin ingemeng het en hulle gedreig het met die dood en/of liggaamlike leed en gedreig het om hulle dood te maak as hulle nie die eiser se gemelde eiendom ontruim nie;
met die boerdery op die eiser se gemelde eiendom ingemeng het en dit heeltemal tot 'n einde gebring het;
'n rook en rookmis oorlas veroorsaak het wat bewoning van eiser se gemelde eiendom by tye bemoeilik en by tye onmoontlik gemaak het;
rou riool laat beland het in die rivier wat oor eiser se gemelde plaas
2003 JDR 0610 p6
Southwood R
vloei en dit ook beland het in die ondergrondse water wat eiser gewoonweg vir huis en boerdery doeleindes op die gemelde plaas gebruik en die water met kieme besmet geraak en maagkoors en ander siektes veroorsaak het;
te kenne gegee het dat die eiser se gemelde eiendom aan hulle behoort, welke indruk ook teweeggebring is deur
die eerste verweerder se onteiening van 'n pyplyn serwituut oor eiser se gemelde eiendom;
die betreding van eiser se gemelde eiendom deur werkers en/of agente van eerste verweerder in verband met die 18 van die pyplyn ingevolge die serwituut en die breek van die pyplyn en rou riool wat op eiser se gemelde eiendom beland;
die verwydering of gedeeltelike verwydering van die heining tussen eiser se gemelde grond en die eerste verweerder se grond deur eerste verweerder se werkers en/of agente in verband met hulle werksaamhede in verband met die serwituut;
en dat hulle dan geregtig is om dit te benut en te okkupeer soos hierbo uiteengesit, en dat die eiser en sy werkers van die plaas moes af sodat hulle dit kon benut en hulle inderdaad die hele plaas begin benut het.
(Die nommering van die subparagrawe is verkeerd. Daar is 21 subparagrawe maar sommige van die nommers is herhaal).
2003 JDR 0610 p7
Southwood R
Eiser sal in die toekoms sodanige skade ly totdat die verweerders die voormelde oorlas doeltreffend uit die weg geruim het of sodanige besweer het dat die eiser weer die volle gebruiks en genotsbevoegdheid van sy gemelde eiendom kan uitoefen en die verweerders eiser in die posisie gestel het om sy verbeterings weer aan te bring en sy boerdery te herstel.
Die verweerders is bevoeg en in staat om sodanige stappe te neem om die voormelde oorlas doeltreffend te besweer deurdat
hulle 'n grensheining van sodanige aard en sterkte op die grenslyn tussen die eiendomme van die eiser en die eerste verweerder kon opgerig het wat nie deur die inwoners van die nedersettings en die ander vermelde gebied afgebreek of verwyder kan word nie; en/of
'n voldoende grensheining kon opgerig het en sodanig doeltreffend gepatroleer en/of geelektrifiseer word dat dit nie deur die inwoners van die nedersettings en die ander vermelde gebiede afgebreek en verwyder sal word nie; en/of
'n gedeelte van die eiser se voormelde eiendom uitgekoop kan word om te dien as buffer tussen eiser se eiendom en die nedersettings en Botleng Proper, Botleng 1, Botleng 2 en Botleng 3 en die gemelde nedersettings; en/of
die verweerders kon gesorg het dat die bewoners van die nedersettings en Botleng, Botleng 2 en Botleng 3 nie vee aangehou nie; en/of
enige ander redelike stappe geneem kon word soos wat hierdie hof dienstig mag ag; en/of
2003 JDR 0610 p8
Southwood R
hulle die inwoners van die nedersetting en Botleng Proper, Botleng 1, Botleng 2 en Botleng 3 en die vermelde nedersettings behoorlik kon ingelig het dat die eiser se voormelde eiendom die eiser s'n is en dat hulle dit nie mag betree, benut en okkupeer nie en dat dit nie aan die eerste verweerder behoort nie veral nadat eerste en tweede verweerders deur die eiser ingelig is van die optrede en ook van die aanspraak van die oortreders nl. dat hulle glo dat die eiendom aan die betrokke plaaslike owerheid en derhalwe inderdaad aan die gemeenskap behoort en dat die eiser van die eiendom af moes weg, welke geloof hulle ook gebaseer het op die eerste verweerder en sy werkers en/of agente se aktiwiteite op eiser se gemelde eiendom in verband met die pyplyn serwituut, en dat...
To continue reading
Request your trial