Bonne Fortune Beleggings Bpk v Kalahari Salt Works (Pty) Ltd en Andere
| Jurisdiction | South Africa |
| Court | Northern Cape Division |
| Judge | van Rhyn Wn - RP, Hofmeyr R en Hefer Wn - R |
| Judgment Date | 16 November 1973 |
| Citation | 1974 (1) SA 414 (NC) |
| Hearing Date | 16 October 1973 |
Hefer, WN - R.:
Die huidige respondente (na wie ek gerieflikheidshalwe as die eisers sal verwys) het 'n dagvaarding teen die applikant (na wie ek gerieflikheidshalwe as die verweerder sal verwys) uitgereik waarin die volgende eise verskyn:
'n bevel wat bevestig dat die genoemde skriftelike ooreenkoms tussen die partye gekanselleer is;
C 'n bevel wat die verweerder verplig om die eiendomme genoem in para. 2 hiervan uitsluitende die plaas "Vilander", te ontruim;
'n bevel wat verweerder verplig om aan eisers die roerende goedere genoem in para. 3 hiervan, terug te D lewer, of in die alternatief om aan eisers die waarde daarvan, naamlik R27 750 te betaal;
betaling van die bedrag van R153 465;
alternatiewe regshulp; en
koste van geding."
Die verweerder het versuim om betyds verset teen die aksie aan E te teken en was bygevolg verplig om 'n aansoek tot die Hof te rig om sy versuim te kondoneer. Die aansoek is deur 'n enkele Regter van hierdie Afdeling aangehoor en die resultaat was dat -
"default judgment is granted as regards prayers (b) and (c) of the summons. Applicant is granted leave to enter appearance to the balance within two weeks from date of this judgment".
Die uitspraak is gerapporteer in 1973 (3) SA 739 en 'n opsomming van die tersakedienende feitelike bewerings verskyn op bl. 740 - 1 van die verslag.
Die verweerder het vervolgens 'n appèl genoteer teen daardie gedeelte van die bevel waarvolgens vonnis ooreenkomstig G smeekbedes (b) en (c) van die dagvaarding verleen is. Hy het egter versuim om die appèloorkonde betyds ooreenkomstig Hofreël 49 (8) in te handig, en om sekuriteit betyds ooreenkomstig Hofreël 49 (12) te gee, sodat hy genoodsaak was om 'n verdere aansoek om kondonasie betreffende hierdie versuim, tot hierdie H Hof te rig. Die aansoek om kondonasie is op die rol geplaas vir verhoor op dieselfde datum as die appèl en is aangehoor op die verstandhouding dat indien dit slaag, uitspraak op die appèl ook gegee word, gesien die feit dat die meriete van die appèl deel uitgemaak het van die beredenering van die aansoek om kondonasie en aldus volledig beredeneer is.
Dit blyk uit die aansoek dat dit aan die optrede of versuim van die verweerder se prokureur te wyte was dat die oorkonde nie betyds ingehandig is en sekuriteit nie betyds gegee is nie en, hoewel die stukke 'n
Hefer Wn R
volledige en bevredigende verduideliking bevat waarom die oorkonde nie betyds ingehandig is nie, kan dieselfde nie gesê word van die versuim om sekuriteit betyds te gee nie. Dit moes gegee gewees het voor verstryking van die tyd waarbinne die oorkonde ingehandig moes gewees het d.w.s. laatstens op op 25 September 1973. Op 11 September het die verweerder reeds die A nodige fondse by sy prokureur in Pretoria gestort nadat die bedrag van die sekuriteit die vorige dag deur die Griffier vasgestel is, en die prokureur verklaar self dat hy toe in staat was om aan Hofreël 49 (12) te voldoen. Hy het egter om een of ander onverklaarde rede besluit om die sekuriteit saam met die oorkonde aan sy Kimberley korrespondente te stuur met B die gevolg dat hy, net soos met die oorkonde, daarmee ook laat was en die sekuriteit eers op 28 September gegee het.
Mnr. de Villiers het aangevoer dat sy prokureur se versuim nie aan die verweerder toegedig behoort te word nie. (Vgl. Regal v African Superslate (Pty.) Ltd., 1962 (3) SA 18 (AA) op bl. 23). Mnr. Zietsman het egter aangevoer dat die hele geskiedenis C van hierdie saak daarop dui dat die verweerder doelbewuste vertragingstaktiek gevolg het: dat sy aanvanklike aantekening van verset reeds laat was, dat elke stap daarna op die laaste oomblik geneem is en dat die huidige versuim geskied het nieteenstaande die prokureurs deur die eisers se prokureurs D pertinent gewaarsku is dat verdere vertraging nie geduld sal word nie. Daarby het hy ook gevoeg dat die verweerder se traagheid reeds by die uitvoering van sy verpligtings ooreenkomstig die ooreenkoms waaroor dit hier gaan, begin het en dat die verweerder na ontvangs van die dagvaarding 'n ooreenkoms aangegaan het waarvolgens sekere regte ten aansien E van die betrokke grond aan 'n buitestaander verleen is tot verweerder se geldelike voordeel.
Indien aanvaar kon word dat die verweerder vanweë sy geldelike voordeel voortspruitende uit laasgenoemde ooreenkoms, doelbewus daarop uit was om die proses so lank moontlik te vertraag, mag dit wees dat dit 'n sterk oorweging sou wees om kondonasie te weier. Ek is egter nie oortuig dat soiets wel aanvaar kan word F nie. Afgesien van ander oorwegings, het verweerder se vertragings soos mnr. Zietsman self aangetoon het, reeds begin lank voordat daardie ooreenkoms aangegaan is. Ek meen ook nie dat sy vertraging by die uitvoering van sy verpligtinge ingevolge sy ooreenkoms met die eisers werklik ter sake is by die beoordeling van sy aansoek om kondonasie nie. Wat werklik G ter sake is, is sy optrede betreffende die voortsetting van sy verdediging teen die eisers se aksie. Wat dit betref, is dit so dat sy aanvanklike aantekening van verset ook laat was maar dit is duidelik dat die rede daarvoor ook by sy prokureur gesoek moet word, eerder as by homself en ek meen nie dat daarvan en van die feit dat latere stappe in die voortsetting van die proses (volgens mnr. Zietsman ) altyd op die laaste tippie H geneem is, 'n vertragingstaktiek afgelei kan word nie. Hy en sy regsverteenwoordigers was volkome geregtig om die tydperke wat die Hofreëls toelaat, ten volle te benut en op die twee geleenthede wat nie binne die aldus toegelate tydperke opgetree is nie, was dit telkens te wyte aan die prokureur en nie aan die verweerder nie. Daarom is ek van oordeel dat die prokureur se versuim nie in die omstandighede van hierdie saak aan die verweerder toegedig behoort te word nie.
Hefer Wn R
Dit volg egter nie dat die prokureur van alle blaam onthef kan word nie. Ek wil die uitlatings van die Appèlafdeling in hierdie verband (Moaki v Reckitt & Colman (Africa) Ltd. and Another, 1968 (3) SA 98 op bl. 101; Kgobane and Another v. A Minister of Justice and Another, 1969 (3) SA 365 op bl. 369) met eerbied beklemtoon en daarop wys dat hierdie geding reeds twee aansoeke om kondonasie geverg het wat klaarblyklik vermy kon gewees het deur slegs 'n bietjie meer sorg en toewyding aan die dag te lê.
Die meer wesenlike grond van die eisers se beswaar teen die verlening van kondonasie is dat die verweerder geen B vooruitsigte het om suksesvol te appelleer nie en, aangesien dit die korrektheid van die uitspraak van die Hof a quo ter sprake bring, sal die beslissing daarop ook die beslissing van die meriete van die appèl behels.
Aanvanklik is dit nodig om na sekere gedeeltes van die stukke te verwys.
C In die dagvaarding het die eisers beweer dat die verweerder die ooreenkoms verbreek het deur nie die ooreengekome betalings te maak nie en slegs 'n totaal van R91 500 op die koopprys af te betaal, en dat die eisers die ooreenkoms op grond hiervan op 26 September 1972 gekanselleer het. In sy aansoek om kondonasie van sy versuim om betyds verset aan te teken, het die D verweerder hierdie bewerings van die eisers erken (behalwe dat hy beweer het dat hy meer as R91 500 op die koopprys afbetaal het) en selfs erken dat die eisers geregtig was om die ooreenkoms te kanselleer. Daarom het hy toegestem tot die verlening van 'n bevel ooreenkomstig smeekbede (a) van die dagvaarding.
Origens het die eisers beweer dat hulle skade gely het as E gevolg van die verweerder se kontrakbreuk weens die feit dat die verkoopte vaste eiendom en roerende goed ten tye van die kontrakbreuk en die kansellasie R244 965 minder werd was as waarvoor dit verkoop is. Dan volg die bewering wat die kern vorm van die meriete van die appèl, naamlik:
"9 (b) Eisers erken dat hulle as gevolg van die kansellasie van F die genoemde ooreenkoms die bedrag reeds deur verweerder betaal, naamlik R91 500, aan verweerder moet terugbetaal, en hierdie bedrag word derhalwe afgetrek van die genoemde skade van R244 965 latende 'n bedrag van R153 465."
Die verweerder het die eisers se aanspraak om die bedrag wat reeds op die koopprys afbetaal is, aldus te behandel, betwis en beweer dat die eisers nie alleen inderdaad verplig is om dit G aan hom te betaal nie, maar dat hy nie verplig is om die verkoopte eiendom aan die eisers te lewer voordat terugbetaling aan hom geskied nie. Daarbenewens het hy beweer dat hy verbeterings aangebring het aan die verkoopte goed en op grond daarvan aanspraak gemaak op 'n retensiereg daaroor totdat hy vergoed word vir die verbeterings.
In die lig van mnr. Zietsman se betoog in hierdie Hof, is dit H nodig om heel aanvanklik te bepaal wat dit is wat die eisers eis, veral weens sy verwysing na die beslissing in Radiotronics (Pty.) Ltd. v Scott, Lindberg & Co. Ltd., 1951 (1) SA 312 (K), en die steun wat hy daaruit probeer put het vir sy betoog.
Die kontrakbreuk van een kontrakparty kan natuurlik aanleiding gee tot verskillende vorms van eise om skadevergoeding, afhangende (in gevalle, soos die...
Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI
Get Started for FreeUnlock full access with a free 7-day trial
Transform your legal research with vLex
-
Complete access to the largest collection of common law case law on one platform
-
Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues
-
Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options
-
Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions
-
Trusted by 2 million professionals including top global firms
-
Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations
Unlock full access with a free 7-day trial

Start Your 7-day Trial
-
Inzalo Communications & Event Management (Pty) Ltd v Economic Value Accelerators (Pty) Ltd
...of a contract for fraud or under the actio Symon AJ redhibitoria: Bonne Fortune Beleggings v Kalahari Salt Works (Pty) Ltd en A Andere 1974 (1) SA 414 (NC) at 426C - H; but it must be borne in mind that restitution in the non-technical sense in matters such as the present is not co-extensiv......
-
Tweedie and Another v Park Travel Agency (Pty) Ltd t/a Park Tours
...Baker v Probert 1985 (3) SA 429 (A): dictum at 438I--439C applied Bonne Fortune Beleggings v Kalahari Salt Works (Pty) Ltd en Andere 1974 (1) SA 414 (NC): dictum at 426C--H Clarke v Durban and Coast SPCA 1959 (4) SA 333 (N): dictum at 338C followed G Guggenheim v Rosenbaum (2)1961 (4) SA 21......
-
Toto v Special Investigating Unit and Others
...of the purchase price had been tendered - see, for example, Bonne Fortune Beleggings Bpk v Kalahari Salt Works (Pty) D Ltd en Andere 1974 (1) SA 414 (NC). In casu, no tender of repayment of the purchase price or any portion thereof was made by any of the respondents. Indeed, Mr Visagie conc......
-
Special Investigating Unit and Another v Mfeketo and Twenty Similar Matters
...price J Pickard JP had been tendered - see, for example, Bonne Fortune Beleggings Bpk v Kalahari Salt Works (Pty) A Ltd en Andere 1974 (1) SA 414 (NC). In casu, no tender of repayment of the purchase price or any portion thereof was made by any of the respondents. Indeed, Mr Visagie concede......