Becker v Kellerman
Judge | FS Steyn R en Melamet Wn R |
Judgment Date | 29 January 1971 |
Citation | 1971 (2) SA 172 (T) |
Hearing Date | 12 August 1970 |
Court | Transvaal Provincial Division |
F. S. Steyn, R.:
Aksie is ingestel deur mnr. Kellerman, respondent op appèl, teen mnr. Becker vir betaling van R538 stoflike skade gely deur eiser in 'n motorbotsing tussen sy voertuig en 'n motorvoertuig besit deur verweerder en op die tersaaklike tyd bestuur deur ene Mashigo.
FS Steyn R
Voordat hierdie aksie ingestel is, het mnr. Kellerman, voortvloeiende uit dieselfde gebeurtenis, 'n aksie ingestel teen Mashigo en het, in die loop van daardie aksie, nie in terme van art. 2 (2) van Wet 34 van 1956, kennis gegee aan mnr. Becker, die verweerder nie. Ek verwys hierin verder na die A respondent op appèl in sy oorspronklike hoedanigheid as eiser.
Eiser het hierdie aksie teen appellant ook ingestel sonder om van die hof verlof aan te vra of te verkry ooreenkomstig art. 2 (4) van genoemde Wet nie.
Verweerder in die hof a quo het 'n spesiale pleit ingedien dat B eiser onder die gemelde omstandighede ingevolge die Wet op Verdeling van Skadevergoeding geen eis mag instel teen verweerder (behalwe met vergunning van die hof) nie. Die spesiale pleit is verhoor en verwerp met koste.
Ofskoon die oorkonde niks openbaar van die beredenering vir en teen die geldigheid van die spesiale pleit nie, dui die C landdros se redes daarop dat die spesiale pleit oorweeg is asof dit die regsvraag bogenoem geopper het. Inderdaad is die spesiale pleit so slordig opgestel dat dit na die woordlui daarvan geen verweer openbaar nie, maar die partye en hof a quo het klaarblyklik die letterlike gebreke in die stuk oorgesien en die volgende regsvraag oorweeg:
"Dat eiser versuim het om verweerder kennis te gee in terme van D sub-art. (2) (a) van art. 2 van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding toe hy weens dieselfde skuldoorsaak 'n aksie ingestel het teen Eliot Mashigo (bestuurder van die betrokke voertuig en die dienaar van die verweerder); dat eiser versuim het om die verlof van die hof te verkry om aksie in te stel teen verweerder ooreenkomstig die bepalings van sub-art. (4) (a) van art. 2 van gemelde Wet, en dat eiser gevolglik nie E bevoeg is om aksie in te stel teen verweerder nie."
Die vraag wat ondersoek en beredeneer is op appèl was die vraag of die middellik aanspreeklike eienaar van 'n motorvoertuig 'n mededader is in terme van art. 2 van Wet 34 van 1956, nieteenstaande dat sy aanspreeklikheid ontspruit uit sy werkgewersverband met die pleger van die onregmatige daad, en nie uit sy eie skuldigde handeling nie.
Daar is in die beredenering geen spesifieke oorweging gegee aan F die vraag of die bewoording van art. 2 van die Wet inderdaad definieer wie as mededaders beskou kan word en of appellant binne die statutêre omskrywing val nie. Sekere vrae hieroor is later skriftelik gestel aan die advokate en 'n behulpsame verdere skriftelike beredenering is ontvang. Wet 34 van 1956 is in Engels onderteken en die teks word dus oorweeg. "Joint G wrongdoer" word omskryf in art. 2(1) van die Wet wat lees as volg:
"2 (1). Where it is alleged that two or more persons are jointly or severally liable in delict to a third person (hereinafter referred to as the plaintiff) for the same damage, such persons (hereinafter referred to as joint wrongdoers) may be sued in the same action."
H O'HAGAN, R., het in Commercial Union Assurance Co. v. Pearl Assurance Co., 1962 (3) SA 856 (E) op bl. 863, opgemerk aangaande sub-art. (1) van art. 2:
"The sub-section does not purport to be a definition clause; and its purpose is, we consider, no more than to describe the character of the liability attaching persons to whom the provisions of sec. 2 are to apply."
Ek wil my vereenselwig met die bevinding dat sub-art. (1) nie 'n breedvoerige definisie bepaling is wat in besonderheid alle grense van insluiting en uitsluiting neerlê nie, maar meen wel, en ek sal later
FS Steyn R
daarop terugkom, dat die bepalings van art. 2 (1) meer korrek deur BEKKER, R., in Transvaal behandel is as 'n definisie van mededaders. Sien Saitowitz v. Provincial Insurance Co. Ltd., 1962 (3) SA 443 (W). Die doel van art. 2 (1) is onder andere A om die aard van die aanspreeklikheid vir dieselfde skadefeit wat moet rus op persone om hulle te betrek onder die toepaslikheid en werking van art. 2, te beskryf. Dit is daardie persone wat, na bewering, gesamentlik of afsonderlik aanspreeklik is uit delik teenoor 'n ander persoon. Deur wetsduiding, kragtens art. 3 van die Wet, word versekeraars wat B aanspreeklik is kragtens die Motorvoertuigassuransiewet ook geag persone te wees wat aanspreeklik is uit delik teenoor 'n ander persoon. Die geleerde Regter, bo aangehaal, gaan voort in voormelde uitspraak, om te bevind dat 'n versekeraar wat eers onder die werking van art. 2 betrek is nadat sy aanspreeklikheid onder die Motorvoertuigassuransiewet weens verjaring verstryk het, nog 'n mededader is omdat die C omskrywing van die aard van aanspreeklikheid heel algemeen is en nie gepresiseer en beperk kan word deur 'n tydstip waarop die aanspreeklikheid uit delik mag verstryk het weens verjaring, of die feit dat die aanspreeklikheid teenoor die D benadeelde ander persoon uitgewis kon gewees deur die beskikbaarheid van 'n spesifieke verweer wat die dader teenoor die benadeelde ander persoon mag hê nie.
Die "joint wrongdoers" moet dus vir dieselfde skade aanspreeklik wees "in delict" waar die term "in delict" in algemene sin gebruik word sonder om deur die woorde 'n eensyds insluitende, en andersyds uitsluitende definisie te gee van presies welke aanspreeklikheidsgrond of aanspreeklikheidsstaat E in aanmerking kom om persone wat aanspreeklik is vir dieselfde skade, te betrek onder die toepaslikheid van art. 2 nie.
Nieteenstaande die gebruik van die tutdrukking "in delict" in wye en algemene sin soos O'HAGAN, R., bevind het, moet daar nogtans 'n bepaalde betekenis verleen word aan die woorde.
F In Barclays Bank D.C.O. v. Straw, 1965 (2) SA 93 (O), het HOFMEYR, R., beslis dat skade wel veroorsaak deur nalatigheid, maar ontstaande binne 'n kontraktuele verbintenis tusssen twee partye, nie inbegrepe is by skade "in delict" nie.
G In Smit v. General Accident Fire & Life Assurance Corporation Ltd., 1964 (3) bl. 739 (K) op bl. 741C, aanvaar BANKS, R.,
sonder beredeneerde ondersoek, dat die middellik aanspreeklike eienaar van 'n motorvoertuig aanspreeklik kan wees (en is) as 'n "joint wrongdoer" in terme van art. 2 (1) van die Wet.
H Dit is ook aangevoer dat VIEYRA, R., in Prinsloo v. du Preez, N.O., 1965 (4) SA 300 (W), as uitgangspunt aanvaar het dat die middellik aanspreeklike eienaar, die Stadsraad van Johannesburg, 'n mededader in terme van art. 2 (1) van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding is. Die verslag van hierdie gewysde laat nie blyk of die Stadsraad as sy eie versekeraar onder Wet 29 van 1942 geag is as 'n mededader te wees nie, of in sy hoedanigheid as middellik aanspreeklike eienaar van die betrokke voertuig nie. Ek wil dus geen gewig heg aan hierdie uitspraak nie.
Teenoor hierdie aanduiding dat die regspraak aanvaar het dat die
FS Steyn R
middellik aanspreeklike eienaar 'n mededader is soos bedoel in art. 2 (1) bogemeld, kan suiwer regswetenskaplike besware aangevoer word teen 'n vertolking dat die middellik aanspreeklike voertuig-eienaar, aanspreeklik is "in delict" (uit delik). Dit is dus onontkombaar om die betekenis van die Wetgewer se uitdrukking "in delict" in sy omskrywing van A mededaders as diegene "jointly or severally liable in delict... for the same damage", presies te bepaal nie.
Die geldende Engelse teks "in delict" is 'n idiomatiese uitdrukklngswyse soos wat daar gepraat word van "liable in contract", "liable in law" e.d.m. sodat ek die uitdrukking "liable in delict" verstaan as "aanspreeklik uit hoofde van die B deliktereg". Die Afrikaanse teks "uit delik aanspreeklik" beteken vir my presies dieselfde.
Hierdie algemene beskrywing van die aard van die aanspreeklikheid, bevat in die eerste plek die bedoeling om 'n kontras te skep met die aanspreeklikheidsgronde wat nie sal aanleiding gee tot mede-daderskap in terme van die Wet nie, en C sluit diegene uit wat vir dieselfde skadefeit aanspreeklik mag wees uit 'n kontrak soos wat reeds beslis is in Barclays Bank D.C.O. v. Straw (bo aangehaal).
Die bedoeling van die Wetgewer was om diegene onder die werking van die Wet te betrek wat in wye, algemene sin vir dieselfde skadefeit veroorsaak deur 'n onregmatige daad, aanspreeklik is. Dit kan afgelei word uit die aanhef van die Wet sowel as uit D die feit dat die derdeparty versekeraars, wat 'n statutêre aanspreeklikheid dra, deur art. 3 betrek is onder die Wet. Die inhoud van art. 1 van die Wet verklaar verder die bedoeling van die Wetgewer. Die Wetgewer wil die anomalie opruim dat die medeskuld van 'n persoon wat skade ly weens die onregmatige daad...
Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI
Get Started for FreeUnlock full access with a free 7-day trial
Transform your legal research with vLex
-
Complete access to the largest collection of common law case law on one platform
-
Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues
-
Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options
-
Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions
-
Trusted by 2 million professionals including top global firms
-
Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

Unlock full access with a free 7-day trial

Start Your 7-day Trial
-
Vicarious liability: not simply a matter of legal policy
...Daad (1974) 346 n 1; Van der Walt "Vonnisbespreking: Botes v Van der Venter 1966 (3) SA 182 (A)" 1967 THRHR 70 75; Becker v Kellermann 1971 2 SA 172 (T). McKerron "Basis of Doctrine of Vicarious Liability: Two Views" 1956 SALJ 432 433. 21 (1998) 9 Stell LR 21© Juta and Company (Pty) 22 STE......
-
Greater Johannesburg Transitional Metropolitan Council v Absa Bank Ltd t/a Volkskas Bank
...Cases Considered Annotations Reported cases The following decided cases were cited in the judgment of the Court: Becker v Kellerman 1971 (2) SA 172 (T) C Bhyat v Commissioner for Immigration 1932 AD 125 Evins v Shield Insurance Co Ltd 1980 (2) SA 814 (A) Fawcett Security Operations (Pvt) Lt......
-
South African Railways and Harbours v South African Stevedores Services Co Ltd
...Co Ltd 1962 (3) SA at 863B; cf Swart v Scottish Union & National Insurance D Co Ltd and Others 1971 (1) SA 385; Becker v Kellerman 1971 (2) SA 172. (i) On the reasoning set forth in Becker's case supra (contrary to what was held in Kleinhans v African Guarantee & Indemnity Co Ltd 1959 (2) S......
-
Mosholi v Putco (Pty) Ltd
...Apportionment of Damages Act 34 of 1956. (At 43J, 46F – 47C and 50B.) Cases Considered Annotations: Reported cases Becker v Kellerman 1971 (2) SA 172 (T): referred to F Hepner v Roodepoort-Maraisburg Town Council 1962 (4) SA 772 (A): dictum at 778H – 779A applied KPMG Chartered Accountants ......

...liable plaintiff. Counsel has referred me to dicta (which may be A obiter) which approve of such application: see Becker v Kellerman 1971 (2) SA 172 (T) at 177F - a judgment of the Full Court; Grove v Ellis 1977 (3) SA 388 (C) at 390F, per Vivier J (as he then was). Our textbook writers exp......