Allie v De Vries NO en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
JudgeGoldstone R
Judgment Date06 November 1981
CourtTransvaal Provincial Division
Hearing Date28 October 1981
Citation1982 (1) SA 774 (T)

Goldstone R:

B Op 17 Augustus 1981 en te Kempton Park is die applikant deur die eerste respondent, 'n streeklanddros, skuldig bevind aan 'n oortreding van art 2 (a) van Wet 41 van 1971 deurdat daar bevind is dat hy handel gedryf het in verbode afhanklikheidsvormende medisyne, te wete C Mandrax tablette. Op dieselfde dag is hy gevonnis tot nege jaar gevangenisstraf. 'n Appèl teen beide die skuldigbevinding en vonnis is namens die applikant aangeteken en 'n aansoek om borgtog hangende die uitslag van die appèl is deur die landdros toegestaan. Die bestaande borg van R3 000 was op dieselfde voorwaardes verleng.

D Op 9 Oktober 1981 is die applikant by Rehoboth in Suidwes-Afrika gearresteer as gevolg van 'n lasbrief wat op 25 September 1981 deur die eerste respondent uitgereik was. Op daardie dag, sonder die medewete van die applikant, was 'n dringende aansoek voor die eerste respondent gebring vir die intrekking van die applikant se borgtog. Ter E ondersteuning van die aansoek het die aanklaer ene sersant Brand opgeroep om getuienis af te lê. Uit sy getuienis het dit geblyk dat hy oor inligting beskik dat die applikant reeds uit die land gevlug het en in 'n buurstaat verkeer het. Hy het getuig dat hy die inligting bekom het van die applikant se gewese prokureur wie hom gekontak het. Volgens 'n eedsverklaring van die landdros het hy soos volg betreffende die oorsaak gehandel:

F 'Aangesien dit volgens die getuienis onder eed duidelik was dat die applikant indien hy nie op die punt staan om te vlug nie, hy reeds gevlug het en dus op die punt gestaan het om aan die gereg te ontkom. Gevolglik het ek die Staatsaanklaer se aansoek om die uitreiking van 'n lasbrief toegestaan. Die aansoek is toegestaan in terme van art 68 (1) van Wet 51 van 1977 en daarvolgens het ek gelas dat 'n lasbrief vir die G applikant uitgereik word. Ek mag net meld dat ek nie die applikant se borg ingetrek het nie. Ek het slegs die aansoek om 'n lasbrief toegestaan sodat 'n ondersoek ingestel kon word indien applikant voor die hof gebring word of sy borg ingetrek moes word al dan nie. Op hierdie stadium sou hy dan ook die geleentheid gekry het om op die bewering teen hom te antwoord.'

H Volgens die eerste respondent is die oorkonde van die verrigtinge voor hom verkeerd in soverre as dit weerspieël dat hy die applikant se borgtog ingetrek het.

By sy arrestasie op 9 Oktober 1981 het die applikant verneem dat, sonder sy medewete of opdrag, sy gewese prokureur sy kennisgewing van appèl teruggetrek het. Hy is toe na die Modder Bee Gevangenis geneem om sy nege jaar gevangenisstraf uit te dien.

Op Vrydagmiddag 16 Oktober 1981 het die applikant 'n dringende aansoek voor hierdie Hof aanhangig gemaak. Dit was te laat om kennis daarvan aan die tweede respondent te gee. Sonder kennis aan

Goldstone R

enige van die twee respondente het die Hof 'n bevel nisi met die volgende bepalings uitgereik:

'1.

A Dat 'n bevel nisi hierby uitgereik word wat die respondent oproep om redes, indien enige, voor hierdie Hof aan te voer om 10h00 op 27 Oktober 1981:

(a)

Waarom die bevel van die eerste respondent gedateer 25 September 1981, in Kempton Park Landdroshof, saak nr A289/1981, met die strekking -

(aa)

dat applikant se borgtog ingetrek word; en

(ab)

B dat 'n lasbrief vir arrestasie van applikant ingevolge art 68 (1) van Wet 51 van 1977 uitgereik word;

tersyde gestel moet word nie.

(b)

Waarom die applikant se borgtog hangende die uitslag van sy C appèl, welke borgtog toegestaan is op 17 Augustus 1981, nie herstel word nie; en -

(ba)

Dat die gevangenis owerheid, Modder Bee Gevangenis, P K Benoni, en/of die Suid-Afrikaanse Polisie, Kempton Park...

To continue reading

Request your trial
8 practice notes
8 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT