Algemene Balieraad van Suid-Afrika v Burger en 'n Ander
| Jurisdiction | South Africa |
| Judge | Eloff RP, Flemming ARP, Stafford R |
| Judgment Date | 07 July 1993 |
| Court | Transvaal Provincial Division |
| Citation | 1993 (4) SA 510 (T) |
Eloff, RP.:
Die applikant, die Algemene Balieraad van Suid-Afrika (ABR), doen aansoek vir die verwydering van die name van die twee respondente van die rol van advokate van hierdie Hof.
Die eerste respondent (Burger) is toegelaat as advokaat op 22 November E 1977 en het 'n lid van die Vereniging van Advokate van Suid-Afrika (Transvaal) (die Pretoria Balie) geword. Die tweede respondent (Kemp) het in Februarie 1979 by die Pretoria Balie aangesluit.
In November 1990 het die Pretoria Balie 'n ondersoek onderneem ten opsigte van fooie gevra deur en betaal aan sekere van sy lede wat voor die F sogenaamde Harms-kommissie namens die Staat opgetree het. Die Balie was onder meer bekommerd oor die sogenaamde 'afsluitfooie' wat deur dié lede, insluitende Burger en Kemp, gevra was. Die uitsluitsel was dat die vra van afsluitfooie onredelik is en dat die lede daardie gelde moet terugbetaal. Die tersaaklikheid van daardie ondersoek en die uitslag daarvan is dat G Burger en Kemp, saam met ander advokate, daarop attent gemaak is om sorg te bestee by die merk van fooie en om noukeurige rekords te hou van werk wat deur hulle gedoen is.
Die eintlike gebeurlikheid waarom hierdie dissiplinêre optrede sentreer was die gee van opdragte aan Burger en Kemp, en 'n advokaat genaamd Goosen, om op te tree in drie aansoeke wat as 'n kwessie van dringendheid H gebring was deur drie eertydse lede van die sogenaamde Civil Co-operation Bureau (CCB) teen die Minister van Verdediging, die hoof van die Weermag en ene kolonel Kinghorn. Skynbaar was die Staatsprokureur onder die indruk dat 30 sulke aansoeke deur nog ander applikante gebring sou word, en die respondente plus Goosen is opdrag gegee om te konsulteer, beantwoordende I verklarings voor te berei en by die Hof op te tree. Die saak was deur die Staat as van uiterste belang beskou.
By ontvangs van hulle opdragte het die drie advokate met mnr Minnaar van die Staatsprokureur se kantoor, wat die gevalle namens die drie respondente hanteer het, ooreengekom dat hulle 'n uurlikse vergoeding vir alle konsultasies, opstel van verklarings en voorbereiding sou ontvang J bereken teen R360 per uur vir Burger, en R240 per uur vir elk van Kemp
Eloff RP
A en Goosen. Geen ooreenkoms is bereik aangaande die fooie vir optree in die Hof nie.
Van 22 Februarie 1991 tot 15 Maart 1991 het die drie advokate gekonsulteer, verklarings opgestel en voorberei vir verhoor. Die aansoeke het op drie geleenthede voor die Hof gekom. Die eerste was op 7 Maart 1991, die tweede op 14 Maart 1991 en die derde op 15 Maart 1991. By die B eerste van hierdie drie dae is na kort betoë oor die kwessie van dringendheid die aansoeke tot 14 Maart uitgestel, om die aansoekdoeners die geleentheid te gee om te repliseer. Op 14 Maart 1991 is betoë oor die kwessie van dringendheid aangehoor en op 15 Maart 1991 het Botha R, voor wie die aansoeke gekom het, beslis dat daar nie voldoende dringendheid was C om die sake as sulks aan te hoor nie, en die aansoeke is met koste van die rol geskrap. Aansoek is onmiddellik daarna gedoen vir verlof om te appelleer. Dit is afgewys met koste. Betoog op 14 Maart 1991 het ongeveer twee uur in beslag geneem.
Op 15 Maart 1991 het Burger vir Goosen opdrag gegee om rekeningstate vir D hom (Burger), Kemp en homself op te stel. Dit is gedoen en die state is op 18 Maart 1991 aan mnr Minnaar gestuur. Op 21 Maart 1991 het Minnaar sonder enige navraag of debat die gevraagde fooie betaal. Blykens dié state sou Burger 193 ure gewy het aan konsultasies, opstel van verklarings en voorbereiding vir verhoor. Die ander twee sou elk 208 ure gewy het aan dieselfde werk. Bygevolg is vergoeding wat vir die genoemde aspekte gevra E is aan Burger betaal in 'n totale bedrag van R69 480, en R49 920 aan elk van Kemp en Goosen. Daarbenewens het Burger R4 500 gevra vir 'n reis na Kaapstad.
Wat betref die verskynings in die Hof is die volgende gevra en betaal: aan Burger vir die verskyning op 7 Maart 1991 - R18 000; vir die F verskyning op 14 Maart 1991 - R18 000, en vir die verskyning op 15 Maart 1991 - R13 500. Die ander twee het vir die drie dae onderskeidelik R12000, R12 000 en R9 000 gevra. In totaal dan is aan Burger betaal 'n totale bedrag van R123 480 en aan Kemp en Goosen R82 920.
Minnaar het vervolgens versoek dat vir die doeleindes van taksasie die drie saamgestelde state in drie verdeel word. Dit is gedoen en aparte G rekeningstate is voorgelê op basis van die drie reedsgenoemde state. Dit dien op hierdie stadium genoem te word dat by taksasie bykans driekwart van die advokaatsgelde afgetakseer is. Die Pretoriase Balie het van die bedrag van die gelde en die aftaksering gehoor en 'n fooie-ondersoek is gelas. Dit dien beklemtoon te word dat op dié stadium dit slegs 'n ondersoek was oor die redelikheid of andersins van die fooie. Volgens H gebruik is 'n senior lid van die Prokureursorde van Transvaal genooi om by te sit. 'n Advokaat is aangestel om namens die Balieraad ondervraging te doen en Burger en Goosen is deur 'n advokaat verteenwoordig. Kemp het geen regsbystand gevra nie.
Al drie die advokate het vervolgens getuig en is onder kruisondervraging I geneem. Minnaar het ook getuig. 'n Opname van die getuienis is gereël en 'n transkripsie daarvan is voor ons. Verskeie dokumente is ook ingedien en afskrifte daarvan is deel van die stukke voor ons.
Op 1 Julie 1991 het die Pretoriase Balieraad besluit dat die genoemde fooie buitensporig hoog was en dat 'n substansiële deel aan die Staat J terugbetaal moet word. Burger moes R81 180 van die R123 480 wat hy
Eloff RP
A ontvang het, dit wil sê ongeveer twee derdes, terugbetaal en die ander twee moes elk R54 720 van die R82 920 terugbetaal. Vervolgens het die Balieraad volledige redes vir sy beslissing verstrek. Die drie advokate het daarop elk appèl na die ABR aangeteken. Dit is egter later laat vaar. Die destydse voorsitter van die Pretoriase Balieraad (en tans voorsitter B van die ABR) verklaar voorts in die funderende verklaring dat dit wat tydens die fooie-ondersoek aan die lig gekom het volgens sy oordeel verdere dissiplinêre optrede geverg het. Op 6 November 1991 is die drie advokate die geleentheid gebied om redes aan te voer waarom aansoek nie by die Hof gedoen sal word vir skrapping nie. Skriftelike antwoorde is verstrek. Nietemin het die Pretoriase Balieraad op 18 November 1991 C besluit om 'n skrappingsaansoek te bring. Allereers het hy egter advies van 'n prokureur en advokate van 'n ander Balie verkry. Daarna, egter, word vertoë ontvang van 'n lid van die Balieraad om die besluit van 18 November 1991 te heroorweeg. Nietemin is dit besluit om voort te gaan. En toe, by 'n spesiale vergadering van die Pretoriase Balie, word 'n aantal D van die lede van die raad uitgestem en 'n nuwe raad word daargestel. Die nuwe raad besluit daarna, op 22 Januarie 1992, met 'n meerderheid om die besluit van 18 November 1991 te herroep en 'n eie dissiplinêre ondersoek te hou. Dit is gedoen en klagtes is geformuleer. Ondersoek nommer 2 vind toe plaas op 15-17 Februarie 1992. Dit vind plaas, nie voor die Balieraad as sulks nie, maar voor 'n spesiale aangewese komitee. Weer eens is E advokate aangestel. By dié verhoor is geen verdere mondelinge getuienis gelei nie en geeneen van die respondente het aangebied om te getuig nie. Eedsverklarings oor sekere aspekte is wel ingehandig. Hoofsaaklik op kragte van die bewysmateriaal wat by die fooie-ondersoek ingestel is, is die volgende bevindinge aangestip:
F Klagte 1 (totaal buitensporige en skokkende gelde): beide respondente (dit wil sê Burger en Kemp) skuldig.
Klagte 3 (die vra van fooie vir ure wat hulle nie werk nie): beide skuldig op die basis dat dit opsetlik was.
Klagte 5 (nalate om enige of akkurate rekords te hou van ure gewerk): eerste respondent, dit wil sê Burger, skuldig.
G Klagte 6 (opstel van rekeningstate of assosieer met opstel van rekeningstate wat hulle gemaak het, vals in verskeie opsigte): beide respondente, dit wil sê Burger en Kemp, skuldig.
Klagte 11 (versuim om op die tweede dag die fooie-ondersoek by te woon): Burger skuldig.
H Vervolgens het die komitee besluit om die respondente se lidmaatskap met onmiddellike effek te beëindig. Goosen is vir 'n tydperk geskors. Respondente het teen die beslissing en vonnis na die ABR geappelleer; die appèl is egter afgewys behalwe in een relatief onbelangrike opsig betreffende Burger. Volledige redes is verstrek.
Vermoedelik op gronde van menings wat deur die appèlkomitee van die ABR I uitgespreek is, is hierdie aansoek geliasseer. Dit dien ten slotte genoem te word dat die voorsitters van al die Balies in die RSA, met die uitsondering van Pretoria, die mening uitgespreek het dat 'n aansoek na hierdie Hof vir skrapping aangewese is.
In hulle antwoordende verklarings het Burger en Kemp elk twee punte in J limine geneem. Die eerste was dat die ABR nie locus standi het om
Eloff RP
A hierdie aansoek te bring nie. Die tweede is dat die ABR weens estoppel belet word om die aansoek te bring. Ons het by die aanvang van die betoog aangedui dat hierdie kwessies allereers behandel moet word. Na aanhoor van betoog het ons beslis dat beide besware van die hand gewys word. Redes sou later verstrek word. Dié redes volg nou.
B Wat betref die kwessie van locus standi, is die logiese vertrekpunt die bepalings van art 7 van die Wet op die Toelating van Advokate 74 van 1964 ('die Wet'). Subartikel (1) gee aan die Hof die bevoegdheid om 'op aansoek, iemand in sy praktyk as advokaat (te) skors of (te) beveel dat die naam van iemand van die rol van advokate geskrap word. . . .' Subartikel (2) bepaal, sover tersake,
C '. . . kan 'n aansoek kragtens para (a), (b), (c) of (d) van subart (1) om die skorsing van iemand in sy praktyk as advokaat of om die skrapping van iemand se naam van die rol van advokate, gedoen word deur die Algemene Raad van die Balie van Suid-Afrika, of deur...
Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI
Get Started for FreeUnlock full access with a free 7-day trial
Transform your legal research with vLex
-
Complete access to the largest collection of common law case law on one platform
-
Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues
-
Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options
-
Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions
-
Trusted by 2 million professionals including top global firms
-
Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations
Unlock full access with a free 7-day trial

Start Your 7-day Trial
-
General Council of the Bar of South Africa v Geach and Others
...Centre (Pty) Ltd v Rossouw and Others 2004 (1) SA 123 (W): referred to C Algemene Balieraad van Suid-Afrika v Burger en 'n Ander 1993 (4) SA 510 (T): referred Besselaar v Registrar, Durban and Coast Local Division and Others 2002 (1) SA 191 (D): referred to Botes and Another v Nedbank Ltd 1......
-
Van Rooyen and Others v the State and Others
...v Carletonville Estates Ltd 1959 (3) SA 150 (A): dictum at 155H applied Algemene Balieraad van Suid-Afrika v Burger en 'n Ander 1993 (4) SA 510 (T): referred to G Automated Business Systems (Pty) Ltd v Commissioner for Inland Revenue 1986 (2) SA 645 (T): dictum at 655C - 656A Bangindawo and......
-
Die Algemene Balieraad van Suid-Afrika v Van der Berg
...Hiemstra en Gonin Drietalige Regswoordeboek doen "afdoen" aan die hand. [3] Algemene Balieraad Van Suid-Afrika v Burger en 'n Ander 1993 (4) SA 510 (T) op [4] 1979 (2) SA 218 (T) op 222F-G. Sien ook Society of Advocates of SA v Rottangburg 1984 (4) SA 35 (T) op 39I-40C; Society of Advocates......
-
Society of Advocates of South Africa (Witwatersrand Division) v Edeling
...from the roll of advocates. Cases Considered Annotations Reported cases C Algemene Balieraad van Suid-Afrika v Burger en 'n Ander 1993 (4) SA 510 (T): dicta at 516G--H & 517D--E Cirota and Another v Law Society, Transvaal 1979 (1) SA 172 (A): referred to De Villiers and Another v McIntyre N......