Absa Bank Bpk v Ons Beleggings Bk

JurisdictionSouth Africa
JudgeF H Grosskopf AR, Harms AR, Scott AR, Mpati AR, Mthiyane Wn AR
Judgment Date29 May 2000
Citation2000 (4) SA 27 (SCA)
Docket Number488/98
Hearing Date15 May 2000
CounselN Davis namens die appellant. W P van Drimmelen namens die respondent.
CourtSupreme Court of Appeal

F H Grosskopf AR:

[1] Saambou Nasionale Bouvereniging Bpk (Saambou) het op 29 November 1989 'n tjek (die tjek) vir 'n bedrag van R420 000 ten gunste van 'ONS Beleggings BK' (die respondent) of H order op Volkskas Bpk (die bank) getrek. Die tjek was gekruis en gemerk 'nie verhandelbaar nie'.

[2] Dit is gemene saak dat mnr Ferreira as agent van die respondent die tjek by Saambou in ontvangs geneem het. Die respondent se verdere bewering in sy besonderhede van vordering, nl dat Ferreira veronderstel was om die tjek aan die respondent te I oorhandig of om dit in die respondent se bankrekening by die Lynnwoodrif-tak van die bank (die tak) te deponeer, was egter deur die appellant ontken. Wat werklik gebeur het, is dat Ferreira sy handtekening en die woorde 'vir ONS/SJA' op die rugkant van die tjek aangebring het en die tjek toe op 30 November J

F H Grosskopf AR

1989 op die A bankrekening van SJA Bemarking by die tak gedeponeer het. Dit is die respondent se saak dat daardie optrede van Ferreira ongemagtig en onregmatig was.

[3] Die respondent het dagvaarding in die Transvaalse Provinsiale Afdeling teen die bank uitgereik en betaling van die bedrag van R420 000 as skadevergoeding van die bank geëis. Die eis is B gebaseer op 'n verbreking van 'n sogenaamde bankier-kliënt verhouding tussen die bank en die respondent, alternatiewelik op delik. Daar was 'n verdere alternatiewe skuldoorsaak wat later weggeval het.

[4] Die Hof a quo het die respondent se eis vir C R420 000 skadevergoeding op grond van kontrakbreuk toegestaan, maar bygevoeg dat die respondent eweneens op grond van delik kon geslaag het. Die appellant is die regsopvolger van die bank en die bevel van die Hof a quo is teen die appellant verleen. Verlof om na hierdie Hof te appelleer is op aansoek gerig aan die Hoofregter toegestaan. D

[5] Om die een of ander onverklaarbare rede het die partye by die aanvang van die verhoor ooreengekom dat die plig om te begin by die appellant as verweerder berus. Die appellant het die getuienis van Ferreira asook die getuienis van die destydse rekenmeester en bestuurder van die tak aangebied. Die respondent het daarna sy saak E gesluit sonder om enige getuienis aan te bied. Mnr Olivier, wat die enigste lid van die respondent was, was wel beskikbaar om te getuig. Daar het 'n geruime tyd verloop tussen die inbetaling van die tjek op 30 November 1989 en die aanvang van die verhoor op 26 Maart 1998. Ferreira het in die tussentyd 'n ernstige breinbesering in 'n ongeluk op 'n bouterrein opgedoen wat wesenlike geheueprobleme vir F hom meegebring het. Soos later sal blyk, was sy getuienis net van beperkte hulp.

[6] Die partye het die dokumente wat blootgelê is by die aanvang van die verhoor in bundels ingehandig en ooreengekom dat afskrifte van die dokumente sonder verdere bewys by blote ophandiging daarvan gebruik kan word en sal dien as bewys van wat dit voorgee om te G wees, maar sonder erkenning van die korrektheid van die inhoud daarvan. (Vergelyk in die algemeen wat die toelaatbaarheid van die inhoud van dokumente betref Weintraub v Oxford Brick Works (Pty) Ltd 1948 (1) SA 1090 (T) op 1093; Smith and Others v Strydom and Others 1953 (2) SA 799 (T) op 805H - 806B; Da Mata v Otto H NO 1971 (1) SA 763 (T) op 769D - E; Knouwds v Administrateur, Kaap 1981 (1) SA 544 (K) op 551G - 522B; Selero (Pty) Ltd and Another v Chauvier and Another 1982 (2) SA 208 (T) op 215G - 216H.) Ferreira was wel in staat om sy handtekening op sekere van die tjeks en ander dokumente te identifiseer. Mev Van Eeden, wat destyds rekenmeester van die tak was, het ook aan die hand van bankdokumente I getuig oor die inbetaling van tjeks op die rekeninge van SJA Bemarking (wat inderdaad op 28 September 1989 as privaatmaatskappy geïnkorporeer is) en SJA Konstruksie (Edms) Bpk (SJA Konstruksie). Ferreira het 'n direkte belang by beide hierdie maatskappye gehad. J

F H Grosskopf AR

[7] Hierdie Hof het in Indac Electronics (Pty) Ltd v Volkskas Bank Ltd 1992 (1) SA 783 (A) die beginsels uiteengesit A waarvolgens 'n invorderingsbankier aanspreeklik sal wees teenoor die ware eienaar van 'n tjek vir die betaling van skadevergoeding waar die invorderingsbankier die tjek ingevorder het namens 'n kliënt wat nie daarop geregtig was nie. Die Hof het soos volg op 797A - D beslis: B

'There can now be no reason in principle why a collecting banker should not be held liable under the extended lex Aquilia for negligence to the true owner of a cheque, provided all the elements or requirements of Aquilian liability have been met. . . . In a situation such as the present a delictual action for damages would accordingly be available to a true owner of a cheque who can establish (i) that the collecting banker received payment of the cheque on behalf of someone who was not entitled C thereto; (ii) that in receiving such payment the collecting banker acted (a) negligently and (b) unlawfully; (iii) that the conduct of the collecting banker caused the true owner to...

To continue reading

Request your trial
6 practice notes
  • Visser v 1 Life Direct Insurance Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(Paragraphs [31] – [36] at 77B – 79C.) G Cases Considered Annotations Case law Southern Africa Absa Bank Bpk v ONS Beleggings BK 2000 (4) SA 27 (SCA) ([2000] 3 All SA 199): H dictum in para [6] applied Clifford v Commercial Union Insurance Co of SA Ltd 1998 (4) SA 150 (SCA): referred to Com......
  • Hal obo Mml v MEC for Health, Free State
    • South Africa
    • Invalid date
    ...testified or it was agreed that it should be admissible (see [231]). Cases cited Southern Africa Absa Bank Bpk v ONS Beleggings BK 2000 (4) SA 27 (SCA) ([2000] 3 All SA 199): referred AM and Another v MEC for Health, Western Cape 2021 (3) SA 337 (SCA): referred to AM obo KM v MEC for Health......

  • Absa Bank Ltd v Mutual & Federal Insurance Co Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...appeal was dismissed. (At 643G - 644A and 645C - D/E.) H Cases Considered Annotations Reported cases ABSA Bank Bpk v ONS Beleggings BK 2000 (4) SA 27 (SCA) ([2000] 3 B All SA 199): referred to I African Life Assurance Co Ltd v NBS Bank Ltd 2001 (1) SA 432 (W) ([2000] 1 B All SA 545): dictum......
  • Request a trial to view additional results
6 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT