2020 volume 4 p 837
Published date | 14 October 2020 |
Date | 14 October 2020 |
DIE TERUGSKRYF VAN ’N ELEKTRONI ESE OORDRAG EN DIE ROL VAN ESTOPPEL 837
[ISSN 0257 – 7747] TSAR 2020
. 4
DIE TERUGSKRYF VAN ’N ELEKTRONIESE OORDRAG EN DIE
ROL VAN ESTOPPEL
Ixocure (Pty) Ltd v FirstRand Bank Ltd (19619/2014) 2017 ZAWCHC 139 (30
November 2017)
1 Inleiding
Dit is gemene saak dat banke soms verkeerdelik, maar – moet ons on middellik
byvoeg – sonder voorbedagte rade, ongemagtigde elektroniese oordragte uitvoer.
Dikwels is daar bed rog deur ’n derde party by so ’n verkeerde elektroniese oordrag
deur die bank bet rokke. Soms is dit egter aan die nalatigheid van die kliënt te
wyte dat die ban k ’n wettige opdrag deur die kliënt uit voer, maar wat ’n ander
eindresulta at tot gevolg het as wat die kliënt in gedagte gehad het t oe hy die opdrag
aan die ban k gegee het.
Daar is ’n verskeidenheid van scenario’s wat kan lei tot ’n verkeerde elektroniese
oordrag. Ons noem slegs enkele voorbeelde daarvan hier. Eerstens, is dit moontlik
dat die kliënt wat die oordrag maak, die verkeerde rekening nommer gebrui k
wanneer die ontva nger van die geld se bankreken ingnommer as ’n begu nstigde
ingesleutel word, hetsy op ’n rekenaar, selfoon, tablet of ander toestel. Betaling deur
die bank in so ’n geval beteken die bank het die opd rag (betalingsmandaat) korrek
uitgevoer, maar die kliënt het nalatig die verkeerde opdrag a an die bank gegee.
Tweedens, is dit moontlik dat die kliënt wel die korrekte rekeningnommer va n
die ontvanger ingesleutel het, maar ’n sagteware-fout in die ban k se rekenaarstelsel
veroorsaak dat die betaling aan ’n verkeerde ontvanger gemaak word. In beide
hierdie eerste twee gevalle is daar geen bedrog deur óf die kliënt, óf die bank en sy
personeel, óf ’n derdepartybed rieër betrokke nie.
Derdens, is dit moontlik dat d ie kliënt deur die bedrog van óf die ontvanger van
die geld, óf ’n derde party (insluitende ’n werknemer van die kliënt se ba nk, in
samewerking met die bedr ieglike ontvanger van die geld) die kliënt bedrieglik
oorhaal om ’n elektroniese betali ng te maak. In hierdie geval is die rekening wa arna
die geld oorbetaal word, inderdaad die regte rekening, maar die betaling was óf glad
nie vers kuldig nie, óf die bedrag w at oorbetaa l is, is ’n grote r bedrag as wat werklik
verskuldig was. Daar is ’n legio feitestelle wat kan aa nleiding gee tot die bedrieglike
oorhaal van ’n kliënt om óf ’n totaal onverskuldigde bedrag oor te betaal, óf om ’n
groter bedrag oor t e betaal as wat werklik verskuldig is.
Vierdens, is daar die moontlikheid (byvoorbeeld, deur middel van “phishing”)
dat ’n derde ongemagtigde toegang tot die kliënt se aanlynbankplatfor m bekom en
dan self ’n opdrag aan die kliënt se ban k stuur om ’n onverskuldigde bedrag aan
die bedrieër of ’n derde party te betaal. In hierdie geval is daar geen sprake van ’n
(wettige) mandaat aan die bank nie. Waar die bank onwetend die onwettige opdrag
of mandaat uitvoer, sal die risi ko van die verlies op die kliënt rus. Gewoonlik sal
die bank moet bewys d at die kliënt nalatig was deur die bedrieër toegang t ot sy (die
kliënt se) wagwoord te gegee het, of deur op ’n “phishing”-epos te reageer het wat
die bedrieër toegang tot die kliënt se bankrekening verleen het. (Vir ’n voorbeeld
van internetbed rog wat uit “phishing” voortgespruit het, sien Roestoff v Cliffe
Dekker Hofme yr Inc 2013 1 SA 12 (GNP), asook die bespreking van die saak deur
Schulze “Inter netbedrog: diefstal van geld uit ’n bankrekening” 2012 TSAR 827.)
’n Vyfde moontlike scenario het in die onlangse Ixocure (Pt y) Ltd v FirstRand
Bank Ltd (19619/2014) 2017 ZAWCHC 139 (30 November 2017) plaasgevind.
2020 TSAR 837
© Juta and Company (Pty) Ltd
To continue reading
Request your trial